Waarom hierdie webwerf?
Die lewe loop onverwagse paaie met ‘n mens. Meer korrek, God loop onverwagse paaie met ‘n mens. Jy beplan die lewe dalk 10 jaar vooruit, maar dan gebeur daar iets wat jou uit jou gebaande weg wegruk. Eensklaps, sonder dat ‘n gedagte daaroor in jou diepste wese aanwesig was. Dit ruk ‘n mens tot stilstand. Selfs vir maande. Dan kom die groot besinning – waaroor gaan hierdie lewe eintlik.
Hierdie webwerf is ter gedagtenis aan Frans (Alwyn) du Preez. Sy grootste wens was om eendag die Woord te kon bedien. Dit was hom nie beskore nie. Hy is onverwags op 26 November 2008 oorlede.
Lees gerus ook die artikel: As die hart gaan staan
Ons lewe in ‘n tyd waarin die verval om ons al hoe groter word. Dit geld vir alle terreine van die lewe. Wat is die oorsaak van hierdie verval? Die politici, ekonomie, etnisiteit, regeringstelsels of watter mensgemaakte instelling ookal? Wanneer ‘n huis nie op ‘n vaste fondament gebou is nie, moet dit noodwendig een of ander tyd begin barste toon om later net eenvoudig in mekaar te stort.
Die vrae wat ons toenemend hoor is of God werklik bestaan, en as Hy bestaan of Hy dan tog vir ons en hierdie wêreld omgee. Waarheen lei alles?
Ons probeer om met hierdie webwerf al die baie vrae van die lewe te beantwoord. Hierdie webwerf is nie beperk tot ‘n spesifieke kerkgroep of instelling nie. Ons versoek dus almal wat daartoe geroepe voel, en wat suiwer vanuit die Woord van God insette tot hierdie webwerf wil lewer, om met ons in verbinding te tree.
Hierdie webwerf staan onder redaksie van Lukas du Preez.
Klik hier vir kontakbesonderhede.
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css