Die Weg
strepie

Geredigeerde opnames van eredienste
Hierdie eredienste is geredigeer sodat dit slegs die boodskap bevat.

(Klik op die titel)

God is steeds daar in donker dae
Ds Maarten van Helden
Job 1:1 - 2:10, Job 42:1-6 en 2 Petrus 1:3 ev

In donker dae is die Here steeds in beheer. Ons lewe in 'n gebroke wêreld en die duiwel sal ons beproewings wil omdraai in versoekings! Job se lewe val op een dag in stukke, en tog kry hy die genade om sy oog op God gerig te hou. Sy dieptepunt in lyding word 'n hoogtepunt in geestelike groei.

-----------------------------------------------------------------

Om nie op perde te vertrou nie - die donkie is 'n wonderlike ding
Ds Maarten van Helden
Psalm 20

As jy vandag moes kies tussen ‘n donkie en ‘n perd, sal jy seker eerder die aanskoulike perd met sy vertoon, sy krag en sy spoed verkies. Tog is dit opvallend dat mens byna nooit van perde lees as dit by die Israeliete kom nie. Gaan soek jy perde in die Bybel dan kry mens dit meesal by die vyande van Israel. Ons lees selfs dat die Israeliete gereeld al die perde se hakskeensenings moes afsny! En as Jesus op aarde sy glorieryke intog in Jerusalem maak en die volk hul hosannas uitroep, dan is sy keuse ook die donkie (esel).

...... “Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde” en dan veral hierdie woorde: “maar ons”. Die volgende vers praat van “hulle”. Wie is die hulle? “.. maar óns, ons vertrou op die Naam van die HERE ons God”. Hulle sal struikel en val, maar ons sal regop en vas bly staan. Sommige vertrou op strydwaens en perde maar ons vertrou op die Naam van die HERE ons God. ........

-----------------------------------------------------------------

My ontnugtering, God se verbasende werking!
Ds Maarten van Helden
Genesis 29:1-35

Die dinge wat ons aanpak stel dikwels geweldig teleur. Die rede is eenvoudig: ons is sondaars in ’n sondige en gebroke wêreld. Daaglikse katestrofes is aan die orde van die dag. Jy sit jou beste voetjie voor en ander trap daarop. Jy doen jou bes, jy doen dit selfs in die geloof… maar die uitkoms is baie keer ’n groot ontnugtering.

Ons het die vermoë om die feite van ons sondaarslewe weg te dink en selfs weg te droom. Ons probeer dit selfs weg werk. Daar is egter geen ander oplossing vir hierdie dilemma nie, as in die geloof in God self. Hy is nie ’n mens nie. Hy is God. Net Hy stel nie teleur nie. En Hy maak ons deel van sy grootse plan!

Sal ons die lewe met sy ontnugterings nie maar liewer aanpak deur ons verwagting op Hom te stel, Sy wil te soek en te aanvaar en op Sy beloftes te vertrou nie?

-----------------------------------------------------------------

Kersfees - datum of doel?
Ds Maarten van Helden
Galasiërs 3:21 - 4:7

Kersfees is nie ’n oorspronlike Christelike fees nie. Dit kom van die vermenging van die heidense feeste waarin die son en maan en bome aanbid is. Tydens die verklaring van godsdiensvryheid wou Konstantyn die nominale christene tegemoet kom en is verskeie heidense feeste in die christelike geloof ingebring. Die sg. ‘datum’ van Christus se geboorte word die eerste keer op die Romeinse almanak in 354nC as 25 Desember aangedui.

Ons moet dus baie versigtig wees met die wyse waarop en die rede waarom ons een dag in die jaar sou afsonder om die geboorte van die Here Jesus te gedenk, terwyl die Bybel nêrens sulke voorskrifte gee nie.

-----------------------------------------------------------------

Die Wysheid van God teenoor die dwaasheid van die mense
Ds Gerrit Kruger
1 Kor 1:1-31

-- Antwoord op die uitlatings van 'n sekere komediant --

Die goeie nuus van Jesus Christus klink vir baie mense vandag nog dwaas. Dinge soos mag, invloed en geld, het afgode van die samelewing geword. Mense probeer met menslike wysheid die lewe verstaan en verklaar, maar meslike logika en wysheid kan ons die lewe nie laat verstaan nie. Nog minder kan menslike logika ons God laat verstaan. Wysheid van mense is niks op ’n skaal nie. Spr1:7 "Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag." Spr9:10 "Wysheid begin met die die van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig."

-----------------------------------------------------------------

Sien jy darem die lig in die donker?
Ds Maarten van Helden
Jesaja 21:11,12 & Open 22:10-17 & Romeine 13:11-14

--- Dit is belangrik om hierna te luister, juis in die dae waarin ons nou leef!---

Ons leef in donker tye. Vir baie mense gaan die lewe nie om veel meer as ’n vaal hoop op beter dae nie. Dag na dag maak mense mekaar gedaan met klagtes oor hulle omstandighede in huise, in SA met sy probleme of selfs in die kerk. Die wiel moet seker een of ander tyd draai, so dink hulle dan. T og vra mense nie hard en diep genoeg die vrae waarom hulle so hopeloos voel en hulle omstandighede nie verbeter nie. Oor die werklike oorsake van hulle hopeloosheid word nie werklik vrae gevra en diep nagedink nie. Hierdie profesie gaan oor Edom, die buurvolk van Israel, die nakomelinge van Esau. Edom dien as voorbeeld vir Israel wat waarskynlik dieselfde gesindheid openbaar. Die profeet gee nie werklike troos as hulle eintlik nie die regte vrae durf vra nie!

strepie


Na bo

Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css