Op hierdie bladsy kan jy opnames van programme en lewendige uitsendings van eredienste kry.

Tree asb met ons in verbinding indien jy jou kerk se uitsendings hier wil byvoeg.


Video: Wat moet ek doen om gered te word? - Prof Piet Meiring
Direkte erediensuitsendings

Geredigeerde (verkorte) opnames van eredienste - slegs die preek

Klik op die skakel hieronder om na lewendige uitsendings van eredienste te luister.

Die eredienstye uit die Gereformeerde Kerk Centurion is soos volg:
Sondagoggende om 9:00 vm Suid-Afrika tyd (Let op die nuwe tyd)
Sondagaande om 6:00 nm Suid-Afrika tyd

Klik vir lewendige uitsending
(Die klankstroom behoort normaalweg self te begin. Anders kies die "open" opsie).

-----------------------------------------------------------------------

Na bo

Geredigeerde opnames van eredienste
Hierdie eredienste is geredigeer sodat dit slegs die boodskap bevat.

(Klik op die titel)

My ontnugtering, God se verbasende werking!
Ds Maarten van Helden
Genesis 29:1-35

Die dinge wat ons aanpak stel dikwels geweldig teleur. Die rede is eenvoudig: ons is sondaars in ’n sondige en gebroke wêreld. Daaglikse katestrofes is aan die orde van die dag. Jy sit jou beste voetjie voor en ander trap daarop. Jy doen jou bes, jy doen dit selfs in die geloof… maar die uitkoms is baie keer ’n groot ontnugtering.

Ons het die vermoë om die feite van ons sondaarslewe weg te dink en selfs weg te droom. Ons probeer dit selfs weg werk. Daar is egter geen ander oplossing vir hierdie dilemma nie, as in die geloof in God self. Hy is nie ’n mens nie. Hy is God. Net Hy stel nie teleur nie. En Hy maak ons deel van sy grootse plan!

Sal ons die lewe met sy ontnugterings nie maar liewer aanpak deur ons verwagting op Hom te stel, Sy wil te soek en te aanvaar en op Sy beloftes te vertrou nie?

-----------------------------------------------------------------------------

Kersfees - datum of doel?
Ds Maarten van Helden
Galasiërs 3:21 - 4:7

Kersfees is nie ’n oorspronlike Christelike fees nie. Dit kom van die vermenging van die heidense feeste waarin die son en maan en bome aanbid is. Tydens die verklaring van godsdiensvryheid wou Konstantyn die nominale christene tegemoet kom en is verskeie heidense feeste in die christelike geloof ingebring. Die sg. ‘datum’ van Christus se geboorte word die eerste keer op die Romeinse almanak in 354nC as 25 Desember aangedui.

Ons moet dus baie versigtig wees met die wyse waarop en die rede waarom ons een dag in die jaar sou afsonder om die geboorte van die Here Jesus te gedenk, terwyl die Bybel nêrens sulke voorskrifte gee nie.

-----------------------------------------------------------------------------

Die Wysheid van God teenoor die dwaasheid van die mense
Ds Gerrit Kruger
1 Kor 1:1-31

-- Antwoord op die uitlatings van 'n sekere komediant --

Die goeie nuus van Jesus Christus klink vir baie mense vandag nog dwaas. Dinge soos mag, invloed en geld, het afgode van die samelewing geword. Mense probeer met menslike wysheid die lewe verstaan en verklaar, maar meslike logika en wysheid kan ons die lewe nie laat verstaan nie. Nog minder kan menslike logika ons God laat verstaan. Wysheid van mense is niks op ’n skaal nie. Spr1:7 "Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag." Spr9:10 "Wysheid begin met die die van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig."

-----------------------------------------------------------------------------

Sien jy darem die lig in die donker?
Ds Maarten van Helden
Jesaja 21:11,12 & Open 22:10-17 & Romeine 13:11-14

--- Dit is belangrik om hierna te luister, juis in die dae waarin ons nou leef!---

Ons leef in donker tye. Vir baie mense gaan die lewe nie om veel meer as ’n vaal hoop op beter dae nie. Dag na dag maak mense mekaar gedaan met klagtes oor hulle omstandighede in huise, in SA met sy probleme of selfs in die kerk. Die wiel moet seker een of ander tyd draai, so dink hulle dan. T og vra mense nie hard en diep genoeg die vrae waarom hulle so hopeloos voel en hulle omstandighede nie verbeter nie. Oor die werklike oorsake van hulle hopeloosheid word nie werklik vrae gevra en diep nagedink nie. Hierdie profesie gaan oor Edom, die buurvolk van Israel, die nakomelinge van Esau. Edom dien as voorbeeld vir Israel wat waarskynlik dieselfde gesindheid openbaar. Die profeet gee nie werklike troos as hulle eintlik nie die regte vrae durf vra nie!

Video: Wat moet ek doen om gered te word?
Aangebied deur Prof Piet Meiring.

Kies die formaat waarmee jy wil kyk en klik op dan op die embleem van die speler.
LW! Dit mag 'n paar sekondes neem om die speler op jou rekenaar oop te maak.

Geskik vir alle spoed ADSL, EDGE en 3G vanaf 96 kbps.

 

Geskik vir gewone telefoonlyne en GPRS
(Lae kwaliteit)
34 kbps

 


Geskik vir alle spoed ADSL, EDGE en 3G vanaf 100 kbps.
(Beter kwaliteit)
224 kbps

 


Na bo