Op hierdie bladsy kan jy opnames van programme en lewendige uitsendings van eredienste kry.
Opnames van Radio Namakwaland
Direkte erediensuitsendings
Geredigeerde (verkorte) opnames van eredienste - slegs die preek
Luister na opnames van programme soos uitgesaai op Radio Namakwaland
Klik op die titel om daarna te luister
As God in beheer is, hoekom laat Hy al die ellende op hierdie aarde toe?
Hierdie is 'n MOET om na te luister. Die aanbieder is
Riekert Botha in sy program Kollig op Radio Namakwaland.
Datum: 29 Desember 2009.
Ouerskap in praktyk
Pieter Lubbe van Radio Namakwaland in gesprek met Wietske Boon (www.childtherapist.co.za)
Datum: 6 Januarie 2010.
Na bo
Klik op die skakel hieronder om na lewendige uitsendings van eredienste te luister.
Die eredienstye uit die Gereformeerde Kerk Centurion is soos volg:
Sondagoggende om 8:30 vm Suid-Afrika tyd
Sondagaande om 6:00 nm Suid-Afrika tyd
Klik vir lewendige uitsending
(Die klankstroom behoort normaalweg self te begin. Anders kies die "open" opsie).
-----------------------------------------------------------------------
Tree asb met ons in verbinding indien jy jou kerk se uitsendings hier wil byvoeg.
Na bo
Geredigeerde opnames van eredienste
(Klik op die datum)
Sondag 29 Augustus 2010
Sien jy darem die lig in die donker?
Ds Maarten van Helden
Jesaja 21:11,12 & Open 22:10-17 & Romeine 13:11-14
--- Dit is belangrik om hierna te luister, juis in die dae waarin ons nou leef!---
Ons leef in donker tye. Vir baie mense gaan die lewe nie om veel meer as ’n vaal hoop op beter dae nie. Dag na dag maak mense mekaar gedaan met klagtes oor hulle omstandighede in huise, in SA met sy probleme of selfs in die kerk. Die wiel moet seker een of ander tyd draai, so dink hulle dan. T og vra mense nie hard en diep genoeg die vrae waarom hulle so hopeloos voel en hulle omstandighede nie verbeter nie. Oor die werklike oorsake van hulle hopeloosheid word nie werklik vrae gevra en diep nagedink nie. Hierdie profesie gaan oor Edom, die buurvolk van Israel, die nakomelinge van Esau. Edom dien as voorbeeld vir Israel wat waarskynlik dieselfde gesindheid openbaar. Die profeet gee nie werklike troos as hulle eintlik nie die regte vrae durf vra nie! |
Na bo
|