'n Perspektief op
die lewe
Oplossings vir die
kwellings van hierdie wêreld
Die
mens van vandag het beslis rede om ongemaklik en selfs vreesbevange
te voel. Die wêreld is vasgevang in 'n groeiende maalkolk van
morele-, ekonomiese-, geregtelike- en politieke onstabiliteit wat
alle dimensies van ons menswees beïnvloed. Daar is diefstal, bedrog,
verkragtings, moord, korrupsie in ons onmiddelike omgewing. Op die
wêreldskaal is daar oorloë, oorstromings, droogte, hongersnood, en
finansiële onbestendigheid wat vir almal lê en loer.
Hoe
nader ons beweeg na die einde van die tyd, hoe erger sal dinge word.
Maar hoe raak dit ons as gewone mense?
Daar is maar net één
Weg deur die lewe. Dit is ook die Weg wat baie van ons se voorouers
bewandel het. Langs hierdie Weg vind ons ook die oplossings vir ons
eie probleme en dié van 'n verlore gaande wêreld. br> br>Hierdie webwerf
poog om vir elke persoon nuwe hoop vir die toekoms te bring. ‘n
Groter hoop as wat die wêreld ooit kan verskaf. Ons vertrou dat die
inligting wat hier geplaas is en nog geplaas sal word vir jou ‘n
beter perspektief op die lewe sal bied en vir jou ook persoonlike
vreugde en innerlike vrede sal verskaf.
Blaai gerus deur ons
bladsye en kyk wat daar vir jou aangebied word. Lekker lees!
Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy
op 'n gereelde basis
Gedagte vir die dag en Boodskap vir die dag
per epos wil ontvang
Dit is gratis
20 Mei 2022
Gedagte vir die dag
God is my redding en my krag.
Hy is my rots, my sterkte,
God is my toevlug.
Vertrou altyd op Hom, my volk,
stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons 'n toevlug.
- Psalm 62:8-9 -
Boodskap vir die dag As die volkere raas
(Kort reeks uit Jesaja, nr 9) Dit is voorwaar aangrypende woorde hierdie. Jesaja sien immers wat met Juda en Jerusalem kan gebeur: “die magtige vloedwaters van die Eufraat” wat Israel verkies het bó die rustig vloeiende waters van Siloag! Wat sal gebeur as die ryk van Assirië en sy bondgenote teen Juda en Jerusalem optrek? Dit is asof die Here hulle aandryf om hulle soos 'n springgety oor Juda en Jerusalem te stort; om alles met hul krag mee te sleur en dood en verderf te bring. Jesaja gebruik nog 'n beeld om die verskrikking te beskryf wat oor hulle voltrek sal kan word: Assirië is soos 'n skrikwekkende roofvoël wat hom met uitgestrekte vlerke op sy prooi neerwerp. Só is die koms van die koning van Assirië. Dit alles dreig nou oor die land van “Immanuel”. Dit lyk of Tiglat-Piléser van plan is om die hele Juda, Jerusalem en die dinastie van Dawid van die aardbodem af weg te vee, sodat daar niks meer oorbly van God se koningskap - van Immanuel, God met ons - en van God se volk nie. Maar – en dit is die geloof van Jesaja in die vreesbevange ure – dit sal nooit gebeur nie. “Span saam, volke, en word verpletterend verslaan! Gee aandag, alle ver plekke op aarde! Omgord julle, en word verpletterend verslaan! Omgord julle, en word verpletterend verslaan! Beraam 'n plan, en dit word verydel! Bespreek die saak, en daar kom niks van nie; want God is met ons!” Israel het met 'n wêreldmag te doen gekry. Om dit so te stel: die Here het hulle met die wêreld laat kennis maak. Jesaja sien hoe al die volke van die bekende wêreld onder die mag van Assirië beland! Maar wat Assirië ook al doen, watter planne hy ook al beraam om die land van “Immanuel” te vernietig en “Immanuel” self te dood – dít sal nie geskied nie. Die groot geheim van die geskiedenis van God se volk, bly “Immanuel, God met ons”. Ons kan skree van angs as ons die wêreldmagte sien opkom en die verdrukking van die kerk sien – daar is maar net één antwoord: dit sal nie geskied nie, want Immanuel het in die vlees verskyn. As ons maar net in Hom glo en op Hom vertrou.
Uit: Gedenkt en Gelooft deur ds ET van den Born |
----------------------------------------------------------------------------------
Kopiereg©
Materiaal op hierdie webwerf mag gebruik word op voorwaarde dat daar 'n duidelike verwysing na die outeur sowel as die webwerf www.dieweg.co.za by sodanige materiaal geplaas word.
Geen materiaal op hierdie webwerf mag direk of indirek vir kommersiële doeleindes gebruik word nie.
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css