Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra.
Daardeur is ons vir die sondes dood
en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God.
Deur sy wonde is julle genees.
Julle het immers soos skape rondgedwaal,
maar nou het julle teruggekom na julle Herder
en die Bewaker van julle lewe.
- 1 Petrus 2:24-25 -
________________________
Ek het gesmag na die hulp van die Here.
Hy het na my toe afgebuig
en my hulpgeroep gehoor.
Hy het my uitgetrek uit die put van die dood,
uit die slymerige modder,
my op 'n rots laat staan
en my weer op vaste grond laat loop.
Hy het my 'n nuwe lied in die mond gelê,
'n loflied vir ons God.
- Psalm 40: 2-4 -
________________________
God keer nie altyd die leed van ons weg nie,
maar Hy help ons daardeur.
- Johann Albrecht Bengel (1687 – 1752) -
________________________
Die mens se lewe is maar net 'n sug, 'n asemteug,
die vinnige afloop van 'n bergstroom na die reën,
'n verhaal wat snags by 'n kampvuur vertel word,
die gras van 'n oggend se groei.
- FB Meyer (1847 – 1929) -
________________________
Die HERE dra sorg vir die lewensdae
van hulle wat onberispelik leef.
Hulle erfdeel bly vir altyd behoue.
Hulle sal nie beskaamd staan
in tyd van teenspoed nie,
en in tye van hongersnood
is hulle versadig.
- Psalm 37:18-19 (2020 vertaling) -
________________________
Moenie bang wees nie,
want Ek is by jou;
moenie vrees nie,
want Ek is jou God.
Ek versterk jou;
ook help Ek en ondersteun Ek jou
met my seëvierende regterhand.
- Jesaja 41:10 (2020 vertaling) -
________________________
Ons is almal lote van een stam
en ons eer en ons verdienste lê daarin dat ons dien
- nie dat ons gedien en vereer word nie.
- John van der Berg (1913 - 1974) -
________________________
Here, by U vind ons geborgenheid,
vrede, blymoedigheid en vreugde.
- Fransiscus van Assisi (1182-1226) -
________________________
In ons beproewing is ons eintlik altyd alleen,
en ondanks die troos van ander
en die woord van meegevoel,
moet ons die stryd alleen stry in die stille uur
en in die binnekamer waar ons krag soek by Hom
wat die Gewer van alle goeie dinge is.
- John van der Berg (1913 - 1974) -
________________________
Sonder Christus het ons in die lewe geen vrede,
in die dood geen troos
en vir ons sonde geen vergewing.
- Theodor Fliedner (1800 – 1864) -
________________________
Moenie bang wees nie, klein kuddetjie,
want dit was die wil van julle Vader
om die koninkryk aan julle te gee.
- Lukas 12:32 -
________________________
Ons vreugde, ons vrede, ons rus,
die einde van al ons laste, is net by God.
Gelukkig is hulle wat hul harte net op Hom rig!
- Augustinus Aurelius (354 – 430) -
________________________
In 'n argument is dit nie noodwendig
die waarheid wat na vore kom nie,
maar die aard van die verhouding tussen die partye.
- Wladimir Goloborodko -
________________________
Lig jou ken
en ken jou Lig
- Magé Troskie (Hoër Meisieskool Oranje 2021) -
________________________
Dit is die Gees wat die wêreld bestuur
en nie die mens se intelligensie nie.
- Antoine de Saint-Exupéry (1900 – 1944) -
________________________
Die lewe is mooi
as jy dit met hoop en verwagting betrag.
- Engelbert Schinkel -
________________________
'n Gelukkige lewe is om die hede te kan geniet
met die hoop op die toekoms, dit is, die ewige lewe.
- Ambrosius (340 – 397 nC) -
________________________
God lei sy kinders
op wonderlike weë.
- Mechthild von Magdeburg (1210 – 1283) -
________________________
Sonder ophou bring ons dan
voor God ons Vader in herinnering
die werk van julle geloof,
die inspanning van julle liefde
en die volharding van julle hoop
op ons Here Jesus Christus.
- 1 Thessalonisense 1:3 -
________________________
Eensaamheid is die moeder van alle vrese en angs.
- Publilius Syrus (90 - 40 vC) -
________________________
Ons bestaan nie ter wille van besittings nie,
of ter wille van mag nie,
ook nie ter wille van geluk nie,
maar ons is daar om God te verheerlik
deur die menslike gees.
- Walther Rathenau (1867 – 1922)
________________________
Ons bestaan nie ter wille van besittings nie,
of ter wille van mag nie,
ook nie ter wille van geluk nie,
maar ons is daar om God te verheerlik
deur die menslike gees.
- Walther Rathenau (1867 – 1922)
________________________
Met blydskap moet julle die Vader dank
wat julle geskik gemaak het
om deel te hê aan die erfenis
wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig.
- Kolossense 1:12 -
________________________
Deur Christus het ook julle deel geword
van die volk van God
toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is,
die evangelie van julle verlossing,
gehoor en tot geloof gekom het.
In Christus het die Heilige Gees
wat deur God belowe is,
julle as die eiendom van God beseël.
- Efesiërs 1:13 -
________________________
In werklikheid is die werklikheid
iets heel anders.
- Wolfgang Mocker (1954 – 2009) -
________________________
Mag ons God julle waardig maak
vir die lewe waartoe Hy julle geroep het,
en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie
en die werk van die geloof volkome maak.
- 2 Thessalonisense 1:11 -
________________________
Om God lief te hê
beteken dat jy die geheim van die lewe gevind het.
- Alexandre Vinet (1797 – 1847) -
________________________
Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld;
en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het,
naamlik ons geloof.
- 1 Johannes 5:4 (53-vertaling) -
________________________
Sy Goddelike krag het ons alles geskenk
wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.
Dit kom deurdat ons Hom ken
wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.
- 2 Petrus 1:3 -
________________________
Vir die Here
is die dood van sy troue dienaars
geen geringe saak nie.
- Psalm 116:15 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css