Die meeste suksesse in die wreld is behaal deur mense wat aanhou probeer het, alhoewel dit gelyk het asof daar totaal geen hoop is nie.
(Dale Carnegie)
________________________
Die enigste manier om vrees te oorwin,
is om die vrees vierkantig in die gesig te staar en uit te lag.
(Viktor Frankl)
________________________
Wil jy ewige vrede besit?
Volg Hom dan wat ewig is.
Augustinus Aurelius
(354 - 430)
________________________
Wysheid gee aan die wat dit het,
meer mag as wat tien maghebbers in `n stad het.
(Spreuke 7:19)
________________________
Die werklike betekenis van die Kruis kan 'n mens slegs begryp as jy God ken en 'n verhouding met Hom het.
Jy kan alleen 'n verhouding met Hom h as jy Hom ken.
Jy kan Hom alleen ken as jy Sy Woord verstaan.
________________________
Wanneer jou situasie van so 'n aard is dat JY moet verander na iets wat jy nie is nie, nie kan wees nie en nie wil wees nie;
was dit lankal tyd om die situasie te verander.
(Wietske Boon)
________________________
Vrees nie en wees nie ongerus oor wat tans in die wreld gebeur nie;
want dit MOET gebeur, soos dit deur die Here Jesus Christus en die profete aangekondig is.
Wees vol vreugde en blydskap want die Opstandingsdag is naby.
________________________
..gaan aan met jou werk in alle nederigheid:
die mense se hoogagting s meer as hulle lof.
Hoe verder jy dit bring, soveel te meer moet jy jou in alles nederig hou;
so sal jy guns vind by God.
(Uit: Die leerstellinge van Jesus Ben Sirag)
________________________
Daar is geen hoop vir 'n volk
wie se geloof hom versaak het nie.
Hulle is soos die Israeliete by Sina
wat nie langer op hulle verlosser wou wag nie.
________________________
Die groot mag wat aan ons elkeen gegee is, gebruik ons nooit.
Dit is die mag oor die sonde.
Jesus Christus het dit aan ons gegee, maar blykbaar wil ons dit nie h nie.
________________________
Gedagtes vir die dag is hierdie week op reis
in die groot Namakwaland;
waar die mense pretensieloos en eerlik is;
en daar geen mure en palisades om huise is nie.
________________________
Daar is sekere dinge in die lewe waarvoor 'n mens geen kompromie kan aanvaar nie.
(Dietrich Banhoeffer - Duitse geestelike wat gedurende die Tweede Wereldoorlog terreggestel is)
________________________
Niemand het die mag om die wind te stuit nie;
niemand het seggenskap oor sy sterfdag nie;
in oorlogstyd spring niemand vry nie.
(Prediker 8:8)
________________________
Die mens is op soek na 'n Utopia -`n paradys hier op aarde. Die beste wat hy kan kry is `n paradys vol slange.
________________________
Mense met maskers sou meer gelukkig wees as hulle hulleself net sou voordoen soos hulle werklik is.
________________________
Ek sal graag jul almal se kommentaar wil hoor oor wat jul verstaan onder God se woorde: "Ek het jou by die naam geroep, jy is Myne".........
________________________
Wanneer ons met Christus gesterf het,
sal ons ook met Hom lewe.
________________________
Voordat jy die beloofde land kan binnegaan moet jy eers die Rooi See n die woestyn deurkruis.
(Giovanni Bosco 1815 - 1888)
________________________
Die onverganklike kan nie met die verganklikheid bereik word nie.
________________________
Maar kyk net na die ellende van die mense hier om ons wat nog in die steengroef is. Vasgevang in die eise en politiek van die dag. Hulle het lankal vergeet dat hulle eintlik vir n Hor Gebou bestem is. Vir n hemelse gedenkwaardigheid wat nie deur wind en weer verwoes kan word nie."
(Uit Susan Mar se "Mensekinders eintlik vir n Hor Gebou bestem")
________________________
Eers wanneer jy wegkyk van jouself na ander,
sien jy jouself soos jy werklik is.
________________________
Die vrug van die Gees is:
liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,
getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.
(Galasirs 5:22)
________________________
Mense verstaan nie die lewe nie en is bang vir die dood.
As die lewe goed is, dan is die dood, wat 'n noodsaaklike voorwaarde vir die lewe is, ook goed.
(Leo Tolstoy)
________________________
Geloof bring vir ons antwoorde op die vrae waarvoor die intellek geen oplossings het nie.
(Leo Tolstoy)
________________________
Die enigste beperking om mre 'n werklikheid te maak is ons twyfel van vandag.
(Franklin D Roosevelt 1882-1945)
________________________
Dat die sogenaamde onsinkbare skepe reddingsbote met hulle saamneem, laat 'n mens dink:
Sien ons godsdiens nie net as 'n reddingsboot nie?
________________________
Warmte met betrekking tot God se Woord is die lewe.
Louheid met betrekking tot God se Woord lei na die dood.
Koudheid met betrekking tot God se Woord is die dood.
________________________
Die egte Waarheid begin eers deurskemer na twyfel,
soos wat die dag aanbreek na die nag.
(Christian F Schevenberg 1798 - 1881)
________________________
Twyfel is baie vrugbaar.
Dit groei baie vinnig vanaf die oomblik dat dit gesaai is.
________________________
Ons soek so hard na 'n onvolmaakte aardse vaderland
- wat deur onvolmaakte mense regeer sal word -,
dat ons sig verloor van die Ewige Vaderland
wat in alle Geregtigheid regeer sal word.
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css