Vrede is deel van die innerlike mens;
dit kan nie van buite afgedwing of gekeer word nie.
Selfs martelare het lofliedere gesing toe hulle op die brandstapel gesterf het.
________________________
Dit kom nie daarop aan wat ons van die lewe verwag nie,
maar eerder, wat die lewe van ons verwag.
(Viktor E Frankl)
________________________
Teenoor die Here geld
geen menslike wysheid,
insig of besluit nie.
(Spreuke 21:30)
________________________
Wees nie bevrees nie, o aarde,
juig en wees bly,
want die HERE doen groot dinge!
(Jol 2:21)
________________________
"Ja, maar almal doen dit!",
staan in skrille kontras met die Woord van die God:
"Jy mag nie agter die meerderheid aandoen wat verkeerd is nie."
(Eksodus 23:2)
________________________
Jy kan soveel van jou stoflike vermons weggee soos jy wil,
maar dit is eers wanneer jy jouself gee
dat dit n verskil maak.
________________________
Kyk, Hy kom met die wolke,
en al die mense sal Hom sien,
ook hulle wat Hom deurboor het;
en al die volke van die aarde sal oor Hom in selfverwyt weeklaag.
Ja, dit is seker!
(Openbaring 1:7)
________________________
Wie die Paasboodskap gehoor het en ter harte neem,
kan nie meer met n treurige gesig rondloop en n bestaan voer
soos iemand wat geen hoop meer het nie.
(n.a.v. Karl Barth, 1886-1968)
________________________
'n Ware vriend ken jou swakpunte,
maar wys jou op jou sterkpunte;
ken jou vrese,
maar versterk jou geloof;
erken jou onvermo,
maar beklemtoom jou vermo.
(William A Ward)
________________________
Dit is makliker om 'n daad as jou geloof te verkondig,
as om jou geloof in 'n daad om te sit.
________________________
Treur oor die afvalliges en ongelowiges,
want die ewige duisternis wag op hulle.
Juig oor die afvalligheid en ongelowigheid,
want 'n profesie gaan in vervulling!
________________________
Gebruik al die talente waaroor jy beskik:
die woude sou baie stil gewees het as alle vols sou stilbly,
behalwe di wat die beste kon sing.
(Henry Van Dyke)
________________________
Daar is voldoende bewys dat alles van 'n mens weggeneem kan word,
behalwe n ding:
die laaste van 'n mens se vryhede -
om jou eie geestesingesteldheid in enige omstandigheid te kies,
jou eie rigting te kies.
(Viktor Frankl in "Man's Search for Meaning")
-- Viktor Frankl is 'n sielkundige wat beide Auschwitz an Dachau oorleef het --
________________________
Jy mag dink dat jy maar net ng 'n persoon in die wreld is,
maar vir iemand anders kan j die wreld wees.
________________________
Die geheim om ongelukkig te wees
is om genoeg ledige tyd te h om jou te kwel
of jy gelukkig is of nie.
(George Bernard Shaw)
________________________
Wanneer menseregte tot die hoogste norm verhef word;
ja, tot b God se Wet,
dan is die uiteinde daarvan wetteloosheid en anargie.
________________________
Liefde is om,
nieteenstaande jou eie moeilike omstandighede,
gewilliglik opofferings ter wille van 'n ander persoon te maak,
wat hom/haar uiteindelik in 'n gelukkiger posisie kan plaas.
________________________
Jy kan nooit die oseaan oorsteek nie,
tensy jy die moed het om sig van die kuslyn te verloor.
(Christopher Columbus)
________________________
Alhoewel ek nie kan verhoed dat erge dinge gebeur nie,
het ek 'n verantwoordelikheid teenoor myself.
Slegte dinge gebeur altyd.
Hoe ek daarop reageer bepaal my karakter en die kwaliteit van my lewe.
Ek kan kies om voordurend bedruk en neerslagtig te lewe, bewus van my groot verlies,
f ek kan kies om op te staan uit die pyn
en die waardevolste geskenk wat ek het, te koester:
- die lewe self - .
(Walter Anderson)
________________________
God het sy verordeninge nie met 'n vervaldatum voorsien nie,
want 'n ewige waarheid bly immer 'n ewige waarheid,
nieteenstaande hoe die tye verander.
(Gudrun Zydek - Duitse outeur)
________________________
Moenie `n wag voor jou mond plaas nie!
- Sodat jy nie iets verswyg, wat ges moes word nie -.
Jou mond word immers aangedryf deur jou verstand;
en jou verstand word aangevuur deur jou gees.
Plaas liewer wagte uit BY jou gees;
of nog beter --
bid dat die Heilige Gees jou gees sal bewaar!
________________________
As alle mense waarlik na die verordeninge van God sou lewe,
dan het ons almal hemel op aarde gehad.
(Gudrun Zydek - Duitse outeur.)
________________________
In sy eie o is alles wat 'n mens doen, reg,
maar die Here kyk net na die gesindheid!
(Spreuke 16:2)
________________________
Jy kan dink dat jy net nog 'n persoon in die wreld is,
maar vir iemand anders kan j die wreld wees.
________________________
Die lewe hou nie vir jou in
hoe gelukkig j is nie,
Maar hoe gelukkig nder is
vanwe jou.
(Anoniem)
________________________
Moenie jou dag beoordeel aan dt wat jy geoes het nie,
maar aan die saad wat jy gesaai het.
(RL Stevenson)
________________________
Om jou eie trots te oorkom en te kan erken dat jy verkeerd was,
is om openlik te verklaar dat jy
`n wyser mens is.
________________________
Jy kan kies om die Weg van Jesus Christus te volg:
nederigheid, liefde, blydskap, vrede,verdraagsaamheid,
goedhartigheid, getrouheid, naasteliefde,....
f jy kan kies om die dier (Openbaring 13) te aanbid:
materialisme, selfsug, egosme, hebsug,
losbandigheid, afguns, verwaandheid, hoogmoed....
Die keuse is joune!
Die gevolge ook (Openbaring 14:9)!
________________________
Wie in die kleinste dinge betroubaar is,
is ook in die groot dinge betroubaar;
en wie in die kleinste dinge oneerlik is,
is ook in die groot dinge oneerlik.
(Lukas 16:10)
________________________
Waarom is dit so dat ons maklik glo in alles wat vir ons deur die media opgedis word en wat kortstondig is,
maar die Ewige Waarheid wat deur eeue heen standgehou het,
in twyfel begin trek?
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css