Oor gierigheid:
Pasop om nie die wilde dier in jou boesem wakker te maak,
sodat dit plotseling uitbreek en jouself verslind nie.
(Joseph Karl Benedikt Freiherr von Eichendorff, 1788 - 1857)
________________________
Verbreed jou insig in die lewe
en verkry 'n groter uitsig op die lewe.
Sien die groter betekenis, en die oplossings vir jou probleme,
wat net onder die oppervlak vir jou
l en wag om ontdek te word.
________________________
As die groot spel van die lewe verby is,
kom dit nie daarop aan
of jy gewen of verloor het nie -
maar HOE jy die spel gespeel het.
________________________
Insig is die bron van lewe
vir wie dit het;
onderrig deur dwase bly dwaasheid.
(Spreuke 16:22)
________________________
Daar is twee dinge wat elke mens persoonlik moet oppas:
sy tong en sy bed.
(Duitse spreekwoord)
________________________
O almal wat dors het, kom na die waters;
en wie geen geld het nie, kom, koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!
Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie,
en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My en eet die goeie,
en laat julle siel hom in vettigheid verlustig.
(Jesaja 55:1-2)
________________________
Een van ons groot probleme l daarin
dat ons daagliks aan soveel versoekings blootgestel is,
dat die tyd te min is om aan alles toe te gee.
(Meksiko)
________________________
Wie bely jy?
'n Opperwese (Supreme Being)
wat Zeus, Diana of Lucifer kan insluit?
f
Die nige Ware Drie-enige God ("EK IS")
Vader, Seun en Heilige Gees?
________________________
Luister na die raad wat jou eie verstand jou gee,
want jy kan niemand beter vertrou as jouself nie.
Ja, `n mens se eie gevoel kan jou baie vertel;
soms meer as sewe wagte op 'n ho wagtoring!
(Wysheid van Jesus Ben Sirag)
________________________
Met Hemelvaart hoor ons weer die belofte van ons Here Jesus Christus:
"Ek is met julle, al die dae, tot aan die voleinding van die wreld."
(Mattheus 28:20)
________________________
Jy is eers werklik vry
wanneer jy nie ander mense
probeer bendruk nie.
(Joyce Meyer)
________________________
As God die gebede van alle mense sou verhoor,
dan het alle mense lankal ten gronde gegaan,
omdat hulle aanhoudend slegte dinge vir mekaar toegebid het.
Epikus van Samos (341 - 271 v.C)
________________________
As jou kennis met betrekking tot die Here Jesus Christus te kort skiet,
is jy uitgelewer aan die sienings van ongelowiges en dwaalleraars.
________________________
Laat die woord van waarheid elke handeling van jou voorafgaan
en beplan deeglik voor elke optrede.
Vertrou liewer op mense wat die Here dien;
mense wat jy weet na die wette van die Here luister;
mense wat dink soos jy dink en saam met jou sal huil as jy val.
(Die wysheid van Jesus Ben Sirag)
________________________
As jy jou godsdiens net beoefen om
aardse voordeel daaruit te verkry,
dan sal jy op die lang duur teleurgesteld moet omdraai.
________________________
Die mens streef daarna om onafhanklik te wees.
In die proses maak hy homself net meer afhanklik van hierdie wreld,
-- totdat Jesus Christus hom die bevryding gee --
________________________
'n Volk wat hom aan die materialisme oorgee
word deur die wiele van die geskiedenis vergruis;
langsaam gee hy sy siel af en verrot met die tyd.
(Moritz Carrire 1817 - 1895)
________________________
So s die Here:
Die wyse man moet nie in sy wysheid roem nie,
die soldaat nie in sy krag nie,
die ryk man nie in sy rykdom nie.
Laat hom wat wil roem, daarin roem dat hy insig het en My ken.
Ek is die Here. Ek bewys liefde, reg en geregtigheid op die aarde,
want dit is wat Ek wil h, s die Here.
(Jeremia 9:23-24)
________________________
Teleurstelling wag op di
wat hulle hoop en vertroue net op mense stel.
________________________
Die Voorsienigheid van God, soos dit in die Skrif geleer word,
is in testelling met enige denkbeeld van "geluk" of "toeval".
(Johannes Calvyn 1509 - 1564)
________________________
Waaraan jy jou hart hang en daarop vertrou,
dt is eintlik jou god.
(Martin Luther, 1483 - 1546)
________________________
Daar is slegs een werklike vryheid.
Dit is di Vryheid wat ons Here Jesus Christus vir ons bewerk het.
________________________
Mense wat geduldig is, wag tot die tyd ryp is;
later is hulle bly dat hulle gewag het.
Hulle hou hulle woorde terug tot op die regte oomblik;
later vertel baie ander mense watter goeie insig hulle het.
(Die Wysheid van Jesus ben Sirag)
________________________
Die geloof wat mense aan hulleself heg,
hang af van hulle geloof aan God.
(Christian Friedrich Wilhelm Jacobs 1764 -1847)
________________________
As dit by die verwesenliking van jou ideale kom
is jy dalk self jou grootste vyand.
Onsekerheid en skeptisisme kan verhinder
dat jy jou ideale in aktiwiteite omsit.
________________________
Geloof bring vir ons antwoorde op die vrae waarvoor die intellek geen oplossings het nie.
(Leo Tolstoy)
________________________
Emosionele vooropstellings, halwe waarhede en gebrekkige kennis
het die norm geword waarmee die inwoners van hierdie wreld
besluite neem en oordele vel.
________________________
n Mens kan die Heilige Skrif nie soos 'n tydskrif lees nie.
Dit kan met `n goudmyn vergelyk word:
'n Mens moet moeisaam deur sy skagte na benede gaan om die goud-are te vind.
(Adolf Schlatter 1852-1938)
________________________
`n Vrolike mens is 'n gesonde mens,
`n neerslagtige mens raak uitgeput.
(Spreuke 17:22)
________________________
Die mens se aardse bestaan is 'n reis na die kennis van God,
en die resultaat van harde werk en morele groei.
(Clemens van Alexandri, 190 nC)
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css