Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Waarom is ons bedruk
en is ons bevrees oor die toekoms?
Omdat ons nie ons vertroue op die Here alleen stel nie!

________________________


En wie deur My vrygespreek is
omdat hy glo,
sal lewe;
maar as hy terugdeins,
het Ek aan hom niks meer nie.
(Hebre�rs 10:38 NAV)

________________________


Wanneer �n sekere spinnekop �n mens byt,
vorm die liggaam �n kapsule om die gif heen.
Sou jy die plek stamp of kneus
word die gif weer opnuut vrygestel en
het jy die ou pyn en verdriet weer van vooraf.
Dieselfde geld vir wraakgedagtes in jou gees.

________________________


Is dit nie merkwaardig nie
dat mense bereid is om vir hulle geloof te veg,
maar nie gewillig is
om volgens sy voorskrifte te leef nie.
(Georg Christoph Lichtenberg)

________________________


Die Wet van God is terselfdertyd
ook die grondwet van die mensheid.
(Jean Baptiste Henri Lacordaire 1802 - 1861)

________________________


Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie.
Die mens kyk na die uiterlike,
maar die Here na die innerlike.
(1 Samuel 16:7 NVT)

________________________


... Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers
soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE?
Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer,
om te luister beter as die vet van ramme.
(1 Samuel 15:22)

________________________


...alles wat waar is,
alles wat eerbaar is,
alles wat regverdig is,
alles wat rein is,
alles wat lieflik is,
alles wat loflik is,
watter deug of lofwaardige saak daar ook al mag wees,
daarop moet julle jul gedagtes rig.
(Filippense 4:8)

________________________


Per slot van rekening gaan hierdie lewe
nie n�t oor hierdie lewe nie,
maar eerder oor die toekomstige.
Hierdie lewe is die woestyn waardeur ons moet gaan
om eendag die Beloofde Land te kan be�rwe.
Laat ons nie in die posisie wees
dat ons d�t net van ver af sal moet aanskou nie.

________________________


As jy werklik glo dat God in beheer van jou lewe is
en op HOM vertrou,
dan sal jy ook moet besef dat alles
wat in hierdie lewe met jou gebeur
MOET gebeur,
al verstaan jy dit nie NOU nie.

________________________


As daar vandag meer mense is
wat eerder na hulle eie geluk streef
as die ongeluk van ander,
kan ons binne 'n paar jaar 'n paradys h�.
(Bertrand Russell 1872 -1970)

________________________


Daar is slegs een weg na geluk
en dit is om ons nie te bekommer
oor d�t wat buite ons beheer en vermo� is nie.
(Epictetus 55-135 n.C.)

________________________


Hoe meer ons deur ons intellek leef,
hoe minder verstaan ons die betekenis van die lewe.
(Lev Nikolaevich Tolstoy 1828 - 1910)

________________________


Die mees duidelikste manier
waarop 'n man sy karakter ten toon stel,
is hoe hy ander mense s'n beskryf.
Jean Paul Richter 1763 -1825

________________________


Die hoop om ryk te word
is een van die mees algemene oorsake van armoede.
(Publius Cornelius Tacitus)

________________________


As God my anders wou gehad het,
sou Hy my anders geskep het.
(Johann Wolfgang von Goethe)

________________________


'n Filosofiese denkwyse is noodsaaklik
om na die waarheid te soek
.... waar God se Woord afwesig is....

________________________


Jy kan elke dag die Bybel lees,
jy kan soveel godsdiens praat soos jy wil,
maar dit help weinig as dit nie in jou dade uiting vind nie.

________________________


As ons nie kalmte binne onsself kan vind nie,
moet ons dit ook nie op 'n ander plek gaan soek nie.
(Francois de La Rochefoucauld 1613-1680)

________________________


Na die winter kom die lente,
ook vir die winter in jou lewe.
Dit is 'n tyd vir besinning
en 'n terugkeer na God.

________________________


'n Mens kan so vasgevang raak in jou alledaagse bestaan
- vreugdes, bekommernisse en plannetjies -
dat 'n mens totaal en al vergeet
wat jou groter en werklike doel in die lewe is.

________________________


Geen skepsel in die skepping wyd,
geen ding in tyd of ewigheid -
niks kan ons van Gods liefde skei
wat ewig-vas in Christus bly.
(Romeine 8:39)

________________________


Want niemand van ons leef vir homself nie
en niemand sterf vir homself nie.
Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here;
en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here;
of ons dan lewe en of ons sterwe,
ons behoort aan die Here.
(Romeine 14:7)

________________________


Wie in die kleinste dinge betroubaar is,
is ook in die groot dinge betroubaar;
en wie in die kleinste dinge oneerlik is,
is ook in die groot dinge oneerlik.
(Lukas 16:10)

________________________


Om by die Here te skuil,
is beter as om op mense te vertrou.
Om by die Here te skuil,
is beter as om op ho� mense te vertrou.
(Presies in die middel van die Bybel)

________________________


Om nie doelwitte vir jouself te stel nie,
en planne om jou doelwitte te bereik nie,
dan is jy soos 'n skip wat uitvaar,
maar sonder 'n bestemming.
(Fitzhugh Dodson)

________________________


Ons hoor en sien hoe leiers val,
en hulle hul volgelinge faal.
Daar is slegs ��n anker vir jou
in die lewe:
- Jesus Christus -

________________________


Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk
vir di� wat Hom liefhet,
di� wat volgens Sy besluit geroep is.
(Romeine 8:28)

________________________


Dis nie die val in die water nie,
maar die l� daarin
wat veroorsaak dat jy verdrink.
(Richard Baxter)

________________________


Wag nie vir buitengewone omstandigheide
om aan ander goed te doen nie.
Doen dit onder normale omstandighede.
(Johann Paul Friedrich Richter 1763 - 1825)

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css