Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Die beste manier om jou onafhanklikheid te verloor,
is om geld uit te gee wat jy nie besit nie.
Kemal Atat�rk (1881 - 1938)

________________________


Met die byl splits 'n mens hout.
Met die tong 'n hele familie.
(Peter Amendt, Franciskaner)

________________________


Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here,
tot in julle grysheid sal ek julle dra.
Ek het julle gemaak
en Ek sal julle vashou,
julle dra en julle red.
(Jesaja 46:4)

________________________


Vir mense wat nie hulle verstand gebruik nie,
voel opvoeding soos boeie aan hulle voete;
soos handboeie aan hulle regterhand.
Vir verstandige mense is opvoeding
soos 'n goue ornament;
soos 'n mooi armband aan die regterhand.
(Wysheid van Jesus Ben Sirag)

________________________


Tyd is 'n skat wat daagliks verminder.
Ons het weinig daarvan en verloor te veel,
as ons nie elke dag as 'n bousteen benut nie.
Friedrich Martin von Bodenstedt, (1819 - 1892)

________________________


Moet in te�spoed nie dadelik moedeloos word nie!
Wag eers, dit mag dalk vir jou 'n boodskap inhou!
Friedrich Karl Oehler, (1844 - 1910)

________________________


Die Here eis dat ons Hom altyd voorop sal stel,
sodat die w�reld nie vir ons sorge baar nie.
Maar ons keer dit om:
ons probeer eers ons eie begeertes bevredig;
ons eie sorge te bowe kom;
en dan, miskien, as daar nog tyd oor is,
sal ons Hom in gedagtenis hou.

________________________


Die Here eis dat ons Hom altyd voorop sal stel,
sodat die w�reld nie vir ons sorge baar nie.
Maar ons keer dit om:
ons probeer eers ons eie begeertes bevredig;
ons eie sorge te bowe kom;
en dan, miskien, as daar nog tyd oor is,
sal ons Hom in gedagtenis hou.

________________________


'n Vriend is 'n wese
wat ons aanvaar,
nieteenstaande ons foute en tekortkominge
Johann Georg Forster, (1754 - 1794)

________________________


My verhouding met mense sal net verbeter,
as my verhouding met God, my gebed, verbeter.
Ignaz Seipel, Oostenrykse bondskanselier (1876 - 1932)

________________________


Vir 'n goeie begin is begeestering nodig,
vir 'n goeie einde, dissipline.
(Prof. Hans-J�rgen Quadbeck-Seeger, Duitse chemikus)

________________________


'n Mens kan nie met gebalde vuiste
hande skud nie.

________________________


Laat ons ons amp en plig, O Heer,
getrou behartig tot U eer;
en laat U guns ons werk bekroon,
U Gees ons lei en in ons woon!
(Uit die M�resang)

________________________


Pasop dat die grootste geveg van jou lewe
nie daarom gaan
om jou foute te probeer verberg nie,
maar eerder
om hulle te probeer oorwin.
Friedrich Rittelmeyer - Duitse teoloog (1872 - 1938).

________________________


Vele mense skep hulle eie w�reldbeskouing
sonder dat hulle die w�reld aanskou het.
Otto Kimmig (1858 -1913)

________________________


Die Waarheid verander nooit nie.
Die Waarheid is nie tydgebonde nie.
Die Waarheid is nie kultuurgebonde nie.
Die Waarheid is nie op teorie� gebou nie.
Die Waarheid sal ewig by ons wees.
Die kennis van die Waarheid is tot almal se beskikking.
Daar is een en slegs een Waarheid.
Die Waarheid is die lewe, en die lewe is die Waarheid.

________________________


Die Here God doen niks as Hy nie sy besluit bekend gemaak het
aan sy dienaars die profete nie (Amos 3:7).
........................
Moet dus nie beangs raak oor die afvalligheid van die w�reld nie -
want die laaste afvalligheid moet eers kom
voordat die dag van die Here aanbreek. (2 Thes 2:3).
Wie egter volhard tot die einde toe,
sal gered word. (Matt 10:22)

________________________


As jy sou glo dat God bestaan
en by jou dood bevind jy dat Hy nie bestaan nie,
dan verloor jy niks.
As jy daarenteen egter sou glo dat God nie bestaan nie
en by jou dood kom jy agter dat Hy wel bestaan,
dan verloor jy alles.
(Blaise Pascal 1623-1662)

________________________


Mense maak j�� nie wie j� is nie,
hulle ontmasker jou net vir wat jy is.
(Outeur onbekend)

________________________


..... want daar sal �n tyd kom
wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie.
Hulle sal hulle eie begeertes volg
en vir hulle leermeesters bymekaarmaak
wat net sal s� wat hulle graag wil hoor.
(2 Timoteus 4:3)

________________________


Die duiwel sal jou verlede gebruik
om jou hoop op die toekoms af te breek.
Glo vas dat in Jesus Christus
jy 'n toekoms het wat verse�l is
nieteenstaande jou verlede.

________________________


Maak nie saak hoeveel teenstanders daar is nie:
een mens met God
is 'n meerderheid.
(Walter Veith)

________________________


Wanneer jy bid om God se leiding,
moet jy besef,
dat die uitkoms nie noodwendig sal wees
soos jy dit graag self sou wou h� nie.

________________________


Wees geduldig met mekaar
en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het.
Soos die Here julle vergewe het,
moet julle mekaar ook vergewe.
(Kol 3:13)

________________________


Hoe minder geloof en trou (getrouheid),
hoe meer wette en voorskrifte,
hoe meer beheer en burokrasie,
hoe meer onsekerheid,
maar ook nepotisme.
( Kurt Marti -Switserse predikant)

________________________


Jong mans is geneig om te dink dat hulle wys genoeg is,
net soos dronk mans geneig is om te dink dat
hulle sober genoeg is.
(Philip Chesterfield 1694 - 1773)

________________________


Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?

Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.
Hy is my helper en my God!
(Psalm 42:6 en Psalm 43:5)

________________________


Streef daarna om wysheid te bekom;
maar intelligensie word n�rens
in die Bybel geroem nie.

________________________


Deur Christus is ons erfgename
en het ons deel aan die ewige verbond
wat God met Sy volk het:
Dat ons by Hom die ewige rus sal vind
wat nie op hierdie aarde vir ons beskore is nie.

________________________


Kennis is belangrik,
veral jou kennis van die Woord van God.
Daarsonder is jy uitgelewer aan die
sienings en interpretasies van 'n skewe w�reld.

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css