Waar is die wysheid,
wat ons in kennis verlore laat gaan het?
Mary Ann Evans (1819 - 1880)
________________________
Die heftigste ren begin met druppels.
Duitse spreekwoord
________________________
Kom, almal wat dors is, kom na die water toe,
selfs ook di wat nie geld het nie, kom, koop en eet;
ja, kom, koop sonder geld en sonder om te betaal,
wyn en melk.
Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie,
waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?
Luister aandagtig na My,
sodat julle kan eet wat goed is
en versadig kan word met die beste wat daar is.
Jesaja 55:1-2
________________________
Luister na My,
julle wat doen wat reg is,
volk in wie se hart my wet is,
moenie bang wees vir die spot van mense nie,
moenie skrik as hulle julle beledig nie.
Hulle is soos lap wat deur motte gevreet word,
soos wol wat deur vismotte verniel word.
Jesaja 51:7
________________________
Elke versoening is 'n oorwinning -
ten minste oor jouself.
Stefan Fleischer
________________________
Jy het jou vermoei met die menigte van jou planne;
laat hulle tog optree en jou red
die wat die hemel indeel,
die sterrekykers wat elke maand laat weet wat oor jou sal kom.
Jesaja 47:13
________________________
Dink daaraan,
voordat jy die Beloofde Land kan binnegaan,
moet jy eers die Rooisee en die woestyn deurkruis.
Don Bosco, (1815 -1888)
________________________
As jy vandag moet ophou om te doen
alles wat nie tot eer van die Here is nie.
Hoe besig gaan jy wees?
________________________
Wat is jou doel in die lewe?
Waarheen is jy oppad?
As jy nie weet waarheen jy gaan nie,
maak dit nie saak waar jy nou is nie.
________________________
Jou geloof en jou ingesteldheid bepaal
of jy 'n slagoffer van jou omstandighede wil wees.
________________________
Baie mense jaag hulle hele lewe daarna
om iemand te wees
wat hulle nooit kan wees nie.
________________________
Toe het ek n stem uit die hemel hoor s:
"Skryf op! Gesend is di wat van nou af in die Here sterwe."
"Ja," s die Gees,
"hulle sal rus van hulle arbeid,
want alles wat hulle gedoen het, volg hulle."
Openbaring 14:13
________________________
Die dwaas geniet dit om hom skandalig te gedra,
maar die mens met insig geniet die wysheid.
Spreuke 10:23
________________________
Gelukkig is die mens
wat die gawe ontvang het
om te kan onderskei
tussen die aardse en die ewige.
________________________
Waarskynlikheid en waarheid
is twee verskillende terme
met verskillende betekenisse.
________________________
Die Bybel bly nog steeds die interessantste boek om te lees,
dit is, as jy hom verstaan.
Jy kan hom alleen verstaan
as jy hom lees.
________________________
Selfsug is 'n geestelike tronk waarin ek vereensaam
en nooit my skeppingsdoel bereik nie.
Dit is 'n monster wat nooit versadig raak nie,
ongeag hoeveel jy hom gee om te eet.
Bennie Mostert in Woordkrag
________________________
.... wees standvastig,onwankelbaar,
altyd oorvloedig in die werk van die Here,
omdat julle weet
dat julle inspanning in diens van die Here
nie tevergeefs is nie.
1 Korintirs 15:58
________________________
Eer die Here vir wie Hy is,
nie vir byvoordele nie.
Bennie Mostert - Woordkrag
________________________
Onvergewensgesindheid is 'n tronksel
waarin jy jouself toesluit -
en die sleutel is in j sak!
________________________
Om jouself 'n Christen te noem
maar dit nie in jou handel en wandel
uitleef nie,
is soos om 'n son te wees wat nooit skyn nie.
________________________
Die wreld sou 'n beter plek gewees het
as almal sou leef volgens die beginsel van:
wat vir my geld
geld ook vir enigiemand anders.
________________________
Daar is twee groepe sprekers:
di wat altyd die waarheid praat
en di wat net s wat ander graag wil hoor.
Net so is daar twee groepe hoorders:
di wat altyd die waarheid wil hoor
en di wat net luister na wat hulle graag wil hoor.
Die eerste groep in beide gevalle is altyd die minste.
Selfs Jeremia het dit ondervind
(Lees gerus Jeremia 42 - 43)
________________________
In plaas daarvan om Jesus Christus
as hulle enigste troos te erken
wend mense hulle tot
astrologie, waarsery en ander verdigsels
om van hulle vrese, swakhede en onkunde te ontsnap.
________________________
Dit moenie vir ons daarop aankom
wat ons van die lewe verwag nie,
maar eerder
wat die lewe van ons verwag.
________________________
'n Verkeerde woord
kan deur 'n verkeerde oor
as waarheid aanvaar word.
________________________
Dit is eers wanneer jy
dieselfde pyn, verdriet of swaarkry ervaar het,
dat jy werklik kan begryp hoe iemand anders
in soortgelyke omstandighede voel.
________________________
Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is.
Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid,
n verkeerde lewe en slinkse woorde.
Spreuke 8:13 NAV
________________________
Wie op die akker van sy sondige natuur saai,
sal van die sondige natuur dood en verderf oes.
Maar wie op die akker van die Gees saai,
sal van die Gees die ewige lewe oes.
Galasirs 6:8 NAV
________________________
God is die dou waarop die siel altyd smagtend wag.
Soos somerblomme in die son wag op die koele nag.
In stilte, rus en vrede.
Onsigbaar kom die dou-
As daar vrede en rus in jou hart is,
dan kom God ook gou!
W.E.G. Louw
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css