Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Om te glo is 'n gawe van die Heilige Gees.
Die Here skenk dit aan almal
wat Hy as Sy kinders geroep het uit alle volke, tale en nasies.
Dit kan nie gekoop word nie
en dit kan nie afgepers word nie.

________________________


Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is
op die eer wat julle van mekaar ontvang
en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?
Johannes 5:44

________________________


Die volk wat in donkerte geleef het, het �n groot lig gesien,
oor di� wat in die donker land was, het �n lig geskyn.
Jesaja 9:2
....................................................................
In die begin was die Woord daar,
en die Woord was by God,
en die Woord was self God.
Hy was reeds in die begin by God.
Alles het deur Hom tot stand gekom:
ja, nie �n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.
In Hom was daar lewe, en di� lewe was die lig vir die mense.
Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
.......
Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die w�reld toe.
Hy w�s in die w�reld�die w�reld het deur Hom tot stand gekom�
en tog het die w�reld Hom nie erken nie.
Hy het na sy eiendom toe gekom,
en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.
Maar aan almal wat Hom aangeneem het,
di� wat in Hom glo,
het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Johannes 1

________________________


Ons verwag te veel van Kersfees.
Ons probeer om alles in Kersfees in te stop
wat ons aan vriendelikheid, hulpvaardigheid en
menslikheid gedurende die hele jaar skuldig gebly het.
Annoniem

________________________


In die mate waarin die Here jou God
jou met voorspoed gese�n het,
moet jy �n vrywillige offer vir Hom bring.
Deu 16:10

________________________


Kennis kan uit boeke verkry word.
Ware insigheid en wysheid is egter
'n gawe van die Gees.

________________________


As jy aan God �n gelofte gedoen het,
moet jy nie versuim om dit te betaal nie.
Hy hou nie van ligsinnige mense nie.
Wat jy beloof het, moet jy betaal.
Prediker 5:4 NAV

________________________


Verheug jou in jou sukses,
maar moenie daarop roem nie,
want dit is slegs van korte duur.
Tereg s� 1 Kol 10:12 die volgende:
Daarom, wie meen dat hy staan,
moet oppas dat hy nie val nie.

________________________


God het sy verordeninge nie van 'n vervaldatum voorsien nie,
want 'n ewige waarheid bly immer 'n ewige waarheid,
nieteenstaande hoe die tye verander.
(Gudrun Zydek - Duitse outeur)

________________________


Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
Om die Here te dien, dit is wysheid.
Miga 6:8

________________________


Die Gees van God gee lewe,
en bewerk in ons die n�we lewe.
Wanneer ons sterf
het die dood nou nie meer die laaste woord nie.
Deur die Gees weet ons
dat ons aan God die Vader behoort
en mag ons Hom ook "Abba" noem.
Romeine 8:1-17

________________________


Die Wet van God
is die grondwet van die mensheid.
Jean Baptiste Henri Lacordaire, (1802 - 1861)

________________________


Gese�nd is di� wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.
Mat.5:3 NAV

________________________


Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?
Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde.
Hy word nie moeg nie,
Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik.
Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk di� wat nie meer kan nie.
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat,
selfs manne in hulle fleur struikel en val,
maar di� wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
Jesaja 40:28 - 31

________________________


Om die regte vrae te vra is die toppunt van wysheid�
want oor die belangrikste kwessies van die lewe
is dit net die vrae wat bly voortbestaan;
die antwoorde is van korte duur.
Robert Gordis

________________________


Ongelukkig is my Telkomlyn dood
en kon ek nie die webwerf bywerk nie.
Gelukkig is ons verbindingslyn na die Here
nooit af nie.

________________________


Dit is nie altyd die kind wat getugtig moet word nie.
In 9 uit 10 gevalle is dit die ouers.
Uit: Christliches Zitatenlexikon, saamgestel deur Josef Kral

________________________


Elke mens is uniek met sy/haar eie gawes en vaardighede.
Dit is juis hierdie uniekheid van gawes en vaardighede
wat God gebruik sodat die mens
God en sy medemens volkome kan dien.

________________________


Verdrietigheid kan lei tot die dood;
as die hart treur word die rug krom.
Wysheid van Jesus Ben Sirag

________________________


'n Eenmalige geleentheid klop net een keer aan jou deur,
versoekings hou die vinger op die deurklokkie.
Willy Meurer (Duits-Kanadese Koopman)

________________________


Sonder ervaring van die lewe
weet 'n mens maar min.
Drome het al baie mense mislei,
en baie mense wat op drome vertrou het,
is al geru�neer.
Wysheid van Jesus Ben Sirag

________________________


Baie mense sal gesuiwer, gereinig en gelouter word,
maar die goddeloses sal goddeloos bly.
Nie een van die goddeloses sal verstaan nie,
maar die verstandige leiers sal verstaan.
Dani�l 12:10

________________________


Daar is sekere tye wat die openbare mening
die swakste is van alle menings.
S�bastien Roch Nicolas de Chamfort, 1741 - 1790

________________________


So s� die Here:
Laat reg geskied, doen reg,
want die verlossing wat Ek bring, is al aan die kom,
en die redding wat Ek bewerk, gaan nou geopenbaar word.
Jesaja 56:1

________________________


Wees nie eiesinnig nie,
maar toon ontsag vir die Here en bly weg van die kwaad.
Dit sal jou versterk soos medisyne,
dit verkwik jou liggaam.
Spreuke 3:7-8 (interpretasie)

________________________


Baie onmin in die lewe word veroorsaak
deur die voortdurende strewe na erkenning.

________________________


Wat help dit, my broers,
as iemand beweer dat hy glo,
maar sy dade bevestig dit nie?
Kan so �n geloof �n mens red?
Jakobus 2:14

________________________


Daar is slegs ��n Waarheid.
Die Waarheid kan nie in homself verdeeld wees nie.
As die Kerk van die Here Jesus Christus die Waarheid volg,
dan kan hy nie in homself verdeeld wees nie.

________________________


So s� die Here: .........
Ek het alles gemaak
en so het alles ontstaan, s� die Here.
Ek slaan ag op die mens in nood,
op di� een wat berou het oor sy sonde,
wat ontsag het vir my woord.
Jesaja 66: 1-2 NAV

________________________


Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom �n loflied sing.
Hy is my helper
Psalm 42:5 NAV

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css