Demokrasie is 'n menslike instelling
wat deur Satan gemanipuleer kan word.
________________________
Ons fokus op die onsekerheid van die toekoms veroorsaak dat
ons die geluk en vrede wat ons vandag kon ondervind, verloor.
________________________
n Mens kan nie vrede in jouself kry
as jy nie vrede met jou medemens het nie.
________________________
God plaas geen beproewing op ons
sonder om ons ook die krag te gee
om dit te verduur nie.
Edith Stein, (1891 - 1942), Duitse Jodin en Filosoof wat in Auschwitz omgekom het
________________________
As jy wil vasstel wie jy werklik is
kyk dan waarheen jou gedagtes dwaal
as jy dit vry laat loop.
Friedrich Rittelmeyer, (1872 - 1938), Duitse Teoloog
________________________
Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het,
sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing
wat oor die hele wreld gaan kom
om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
Openbaring 3:10
________________________
Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud,
en verkiesliker om insig te verwerf as silwer.
Spreuke 6:6
________________________
Hoe kan jy agting h vir God
as jy nie agting het vir Sy skepping
en jou medemens nie?
________________________
Waarom jou moeg dink aan wat moontlik volgende jaar kan gebeur?
Waarom jou kwel oor mre as vandag nog aan die gang is?
Leef een dag op n slag.
Hentie Krger
________________________
Die mens het die agting vir homself reeds lankal verloor.
(Stefan Wittlin, Switserse dierkundige)
________________________
Uitwe is met goeie voornemens geplavei.
Erhard Horst Bellermann
________________________
En omdat julle glo,
word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid
wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word.
Verheug julle hieroor,
selfs al is dit nodig dat julle n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings
sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word.
Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan.
Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets,
en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word,
sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees
by die wederkoms van Jesus Christus.
1 Petrus 1:5-7
________________________
Alles wat ek gesien het,
het my geleer om die Skepper te vertrou vir
alles wat ek nie gesien het nie.
(Ralph W Emerson, 1803 - 1882)
________________________
Elke persoon het 'n unieke verhouding met die Here Jesus.Christus.
Wanneer Hy j oproep vir diens
mag en moet jy jouself nie met 'n ander vergelyk nie.
Sien Johannes 21:21-22
________________________
Maar al is my lewe vir my kosbaar,
reken ek dit van geen belang nie
as ek maar net my lewenstaak kan voltooi
en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak.
Handelinge 20:24
________________________
Die lewe hou nie in hoe gelukkig j is nie,
Maar hoe gelukkig nder is vanwe jou.
(Anoniem)
________________________
Sonder God is daar geen vryheid nie.
________________________
Glo jy dat jy in Christus is, en Christus in jou?
Dra jy die vrugte van di geloof?
Want let op wat s Johannes 15 vers 1:
"Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer.
Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af;
maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg,
sodat dit nog meer vrugte kan dra."
________________________
Het jy vandag 'n verleentheid of probleem op die lyf geloop
sodat jy voel: "berge val op my, heuwels bedek my!"
Vra jouself dan af: gaan dit my lewe mre benvloed?
of volgende week?
of volgende maand?
of volgende jaar?
of oor 5-jaar van nou af?
Indien enige antwoord "nee" is,
dan is dit nie die moeite werd om jou daaroor te bekommer nie.
________________________
Vertroeteling van die eie ego
het al belowende organisasies
en selfs regerings ten gronde gerig.
________________________
Ons moet nie besorg wees oor die regeerders van hierdie wreld nie.
Daar kom 'n dag wat hulle ook rekenskap sal moet gee van hulle dade.
Ons moet net ons o vestig op die Here Jesus Christus en leef uit ons geloof.
Vlees en bloed is verganklik.
Maar ons gees is onverganklik in Jesus Christus.
________________________
Ons glo immers dat Jesus gesterwe maar ook opgestaan het.
Net so glo ons ook dat God saam met Jesus
die ontslapenes wat in Hom geglo het,
na Hom toe sal neem.
1 Tes 4:14
________________________
So het die Here die Almagtige ges:
Laat reg geskied aan almal,
bewys liefde en barmhartigheid aan mekaar;
moenie die weduwee en die weeskind,
die vreemdeling en die arme verdruk nie;
moenie bose planne teen mekaar bedink nie.
Sagaria 7: 9-10
________________________
Filippense 2:12 -18 wys ons daarop dat
wanneer ons ons aandag vestig op God se wil met ons lewe,
dan kan Hy ons wil en denke verander
na wat regtig saak maak in die lewe,
dit is, volgens Sy wil.
Hy bewerk sowel die wil as die uitvoering daarvan.
________________________
Moet ek my kwel oor onreg en bedrog
van mense wat met hulle rykdom spog?
Waarop is hul op rykdom so gesteld?
Wie kan hom loskoop van die dood met geld?
Psalm 49:2 Beryming 2001
________________________
Om te glo is 'n gawe van die Heilige Gees.
Die Here skenk dit aan almal
wat Hy as Sy kinders geroep het uit alle volke, tale en nasies.
Dit kan nie gekoop word nie
en dit kan nie afgepers word nie.
________________________
Hoe kan julle ook in My glo terwyl julle gesteld is
op die eer wat julle van mekaar ontvang
en nie die eer soek wat van die enigste God af kom nie?
Johannes 5:44
________________________
Die volk wat in donkerte geleef het, het n groot lig gesien,
oor di wat in die donker land was, het n lig geskyn.
Jesaja 9:2
....................................................................
In die begin was die Woord daar,
en die Woord was by God,
en die Woord was self God.
Hy was reeds in die begin by God.
Alles het deur Hom tot stand gekom:
ja, nie n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.
In Hom was daar lewe, en di lewe was die lig vir die mense.
Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.
.......
Die ware lig wat elke mens verlig, was aan kom na die wreld toe.
Hy ws in die wrelddie wreld het deur Hom tot stand gekom
en tog het die wreld Hom nie erken nie.
Hy het na sy eiendom toe gekom,
en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie.
Maar aan almal wat Hom aangeneem het,
di wat in Hom glo,
het Hy die reg gegee om kinders van God te word.
Johannes 1
________________________
Ons verwag te veel van Kersfees.
Ons probeer om alles in Kersfees in te stop
wat ons aan vriendelikheid, hulpvaardigheid en
menslikheid gedurende die hele jaar skuldig gebly het.
Annoniem
________________________
In die mate waarin die Here jou God
jou met voorspoed gesen het,
moet jy n vrywillige offer vir Hom bring.
Deu 16:10
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css