Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou,
omdat U die wat U soek,
nie verlaat nie, o HERE!
- Psalm 9:11 (53-vertaling) -
 

________________________


Julle gees en gedagtes moet nuut word;
lewe as nuwe mense
wat as die beeld van God geskep is:
lewe volkome volgens
die wil van God en wees heilig.
- Efesiërs 4:23-24 -
 

________________________


Liefde, humor en geduld is die kamele
waarmee jy deur enige woestyn kan kom.
 - Phil Bosmans (1920 -2012) -

 

________________________


In die normale lewe
word 'n mens nie daarvan bewus
dat jy meer ontvang as wat jy gee nie,
en dat dit dankbaarheid is
wat die lewe werklik ryk maak nie.
'n Mens oorskat maklik jou eie waarde
teenoor dít wat jy ontvang het.
- Dietrich Bonhoeffer (1906-1945) -
 

________________________


Die ware toekoms
spruit uit die werksaamheid
van ons geloof, ons hoop
en ons wedersydse liefde.
Dit is waarop ons ons denke
oor die toekoms
elke dag opnuut moet bou.
- Eugen Rosenstock-Huessy (1888-1973) -
 

________________________


Julle het My nie uitgekies nie,
maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel
om uit te gaan en vrugte te dra,
vrugte wat sal hou.
So sal die Vader aan julle gee
wat julle ook al in my Naam vra.
- Johannes 15:16 -

 

________________________


Die vrug van die Gees
bestaan in alle goedheid
en geregtigheid en waarheid.
En beproef wat die Here welbehaaglik is;
en hou nie gemeenskap
met die onvrugbare werke
van die duisternis nie,
maar bestraf dit liewer.
- Efesiërs 5:9-11 (53-vertaling) -
 

________________________


En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie,
want Hy het julle as die eiendom van God beseël
met die oog op die verlossingsdag.
- Efesiërs 4:30  -
 

________________________


Daar kom 'n tyd, en dit is nou, wanneer die dooies
die stem van die Seun van God sal hoor,
en dié wat daaraan gehoor gee, sal lewe. (Joh 5:25)
Dit is die Gees wat iemand lewend maak;
die mens self kan dit nie doen nie.
Wat Ek vir julle gesê het,
kom van die Gees en gee lewe.(Joh 6:63)
 

________________________


Wie ken die gedagtes van die Here?
Wie sal Hom raad gee?
- 1 Korintiërs 2:16 -

 

________________________


Wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee,
sal in alle ewigheid nooit dors kry nie.
Nee, die water wat Ek hom sal gee,
sal in hom 'n fontein wees met water
wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.
- Johannes 4:14 -

 

________________________


Ewige Here,
ek wil nie meer na regs
en nie meer na links kyk nie.
Ek soek nie meer my eie bietjie hoop,
nie meer my eie klein swerwerslewe nie.
Ek wil my eie lewe aflê, om U te vind.
My jare gaan verby, maar U bly.
Onttrek U nie van my nie, laat my U vind.
- Jörg Zink (1922 – 2016) -

Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit;
en wie sy lewe in hierdie wêreld
nie bo My liefhet nie,
sal dit vir die ewige lewe behou.
As iemand My wil dien, moet hy My volg;
en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees.
As iemand My dien, sal die Vader hom eer.
 - Johannes 12:25 -26 -
 

________________________


Maar hulle het na 'n beter vaderland,
dit is die hemelse, verlang.
Daarom is God nie skaam
om hulle God genoem te word nie;
trouens, Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.
- Hebreërs 11: 16 -
 

________________________


Die dag toe ek geroep het,
het U my verhoor,
my moedig gemaak met krag in my siel.
- Psalm 138:3 (53-vertaling) -

 

________________________


Ons liggaam groei tot op 'n bepaalde tyd.
Ons self, die geestelike wese wat ons is,
het nie so 'n grens nie.
Ons kan ons lewe lank groei
tot aan die einde,
al word ons ook hoe oud.
- Jörg Zink (1922 – 2016) -
 

________________________


Wat sal die mens anders wees
as dat hy homself sal oopstel
sodat hy deur die
krag van Jesus Christus gevul
en daardeur in beslag geneem kan word?
- Johann Albrecht Bengel (1687 – 1752) -
 

________________________


Geen lot of vreemde mag kan jou bedreig nie,
want jy word vasgehou.
Staan dus op, begin loop
en vertrou daarop
dat die grond waarop jy loop
jou sal dra.
- Jörg Zink (1922 – 2016) -
 

________________________


Julle het My nie uitgekies nie,
maar Ek het julle uitgekies
en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra,
vrugte wat sal hou.
So sal die Vader aan julle gee
wat julle ook al in my Naam vra.
- Johannes 15:16 -

 

________________________


Die eerste teken van lewe
is wanneer 'n babatjie begin asemhaal.
Die eerste teken dat 'n mens
sy nuwe lewe in Christus ontvang het,
is dat hy begin bid.
- ds Js. (Jacobus) Van der Linden (1852-1926) -
 

________________________


Jy bid nie net met woorde nie,
maar met jou hele wese.
- Friedrich Rückert (1788 – 1866)-
 

________________________


Jy sal vind wanneer jy iemand vergewe
'n groot klip van jou hart sal val.
- Almut Adler -
 

________________________


Vergifnis bevry die siel van lyding
as gevolg van die skuld van 'n ander.
- Helga Schäferling -
 

________________________


Ek het 'n wonderwerk beleef.
Jesus het sy liefde in my hart geplant,
en daar was geen ruimte meer vir haat nie.
Die enigste ding wat jy kan doen is om
jou hart oop te maak vir daardie liefde.
Daardie liefde is 'n werklikheid.
As dit donker is in 'n kamer, terwyl die son buite skyn,
moet ek die duisternis probeer uitvee?
Natuurlik nie.
Ek hoef net die gordyne oop te trek,
en sodra die sonlig die kamer instroom,
verdwyn die duisternis.
- Corrie ten Boom (15 April 1892 – 15 April 1983) -

 

________________________


Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,
en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie,
dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
- 1 Korintiërs 2:9 -

 

________________________


Daar is ook niks in die skepping
wat vir God onsigbaar is nie;
alles lê oop en bloot voor sy oë.
En aan Hom moet ons rekenskap gee.
- Hebreërs 4:13 -

 

________________________


Dit het gebeur sodat die Skrif vervul kan word:
“Geen been van Hom sal gebreek word nie.”
En verder sê die Skrif op 'n ander plek:
“Hulle sal Hom sien vir wie hulle deurboor het.”
- Johannes 19:36-37 -
 

________________________


U het my siel weer van die dood bevry;
in droefenis droog U, o Heer, my trane;
U lei my voet langs nuwe lewensbane,
om in u lig te wandel, lewensbly.
- Psalm 116:5 (Totius beryming) -
 

________________________


As iemand die wet van Moses oortree,
en twee of drie getuies bevestig dit,
word hy nie begenadig nie,
hy word doodgemaak.
Hoeveel swaarder straf, dink julle,
sal hy kry wat die Seun van God verag het,
die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is,
geminag het en die Gees van genade beledig het?
- Hebreërs 10:28-29 -
 

________________________


Julle is vrygekoop en die prys is betaal;
moet dan nie slawe van mense wees nie.
- 1 Korintiërs 7:23 -
 

________________________


Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele
soos silwer of goud losgekoop is
uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie.
Inteendeel, julle is losgekoop
met die kosbare bloed van Christus,
die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.
- 1 Petrus 1:18-19 -

 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css