By my geboorte het ek die wêreld
in die slawerny van bygeloof gevind;
netso verlaat ek dit sterwend.
Frederik II., die Grote (1712 - 1786)
________________________
Ek trek saans my sorge saam met my klere uit.
Dit is sorge wat doodmaak,
nie werk nie.
Burggraaf Palmerston Palmerston(1784 - 1865)
________________________
Gaan waarheen jy wil,
en soek maar soveel as wat jy kan,
jy sal geen hoër weg daarbo,
en geen veiliger weg daaronder vind,
as die weg van die Heilige Kruis.
(Uit: De Imitatione Christi)
________________________
Jy kan nie vrede vir ander bring
as jy nie eers vrede in jouself gekry het nie.
(Die Weg)
________________________
Gebed is die asem van die geloof!
________________________
As God jou geestelike vertroosting skenk,
neem dit met danksegging aan,
maar verstaan dat dit 'n gunsbewys van God is
en nie jou eie verdienste nie.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Jy kan nie die pyn in jou lewe vermy nie,
maar jy kan kies om daaroor te kom.
(Anoniem)
________________________
Onsterflikheid lê nie in dié dinge
wat jy agterlaat nie,
maar in die mense wat deur jou lewe
aangeraak is.
Phillip Schaf
________________________
Uiterlike skoonheid hou nie,
‘n mooi voorkoms is nie alles nie;
as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.
Spreuke 31:30
________________________
Wanneer 'n mens nog nie sy ou natuur afgesterf het nie,
word hy dikwels versoek en oorwin deur
klein en onbenullige dingetjies.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
As jy iemand se karakter wil toets,
gee hom mag.
Warren Wiersbee
________________________
Wat julle ook al doen,
doen dit van harte soos vir die Here
en nie vir mense nie,
omdat julle weet dat julle van die Here
as beloning sal kry wat Hy belowe het.
Christus is die Here
in wie se diens julle staan.
(Kol 3:23–24)
________________________
Ons oordeel oor 'n saak word dikwels bepaal
deur die toestand van ons eie hart,
want die opregte oordeel gaan maklik verlore
deur die liefde vir onsself.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Vertrou nie op vriende en verwante nie,
en laat nie jou heil aan die toekoms oor nie,
want die mense vergeet jou gouer as wat jy dink.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Hy wat sy vreugde in díe van ander vind,
het die geheim van ware geluk ontdek.
George Barnados
________________________
Hoe gelukkig en wys is hy,
wat nou in die lewe só wil wees
as wat hy wens om gevind te word by sy dood.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen.
Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart
het Hy verstrooi.
Maghebbers het Hy van trone afgeruk
en nederiges verhoog.
Lukas 1:51-52
________________________
Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen.
Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.
Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.
Lukas 1:51-52
________________________
Dit gaan goed met die mens
wat deur U opgevoed word, Here,
vir wie U onderrig in u Woord
Psalm 94:12
________________________
Die mens wat alles verloor het
maar God vind
is ryker as hy wat alles besit
maar God verloor het.
A Barmenthlo
________________________
Jy word, as jy geprys word, nie heiliger nie,
en as jy verag word, nie slegter nie.
Jy is wat jy is,
en jy kan nie as beter geroem word,
as wat jy volgens God se getuienis is nie.
Uit: De Imitatione Christi (Die navolging van Christus)
________________________
Só moet jy sê in elke saak:
O Here, as dit U welgevallig is,
laat dit dan só geskied.
O Here, as dit U eer sal dien,
Laat dit dan in u naam geskied.
Uit: De Imitatione Christi (Die navolging van Christus)
________________________
Wat ek ookal kan verlang, of tot my troos bedink,
moet ek nie hier nie, maar hiernamaals eers verwag.
Want al sou ek al die troos van die wêreld alleen besit,
en al die bevredigings daarvan kon smaak,
is ek seker, dit kan nie ewig duur nie.
Uit: De Imitatione Christi (Die navolging van Christus)
________________________
Die aktiwiteite van die menslike verstand
is eerder daarop gerig om die waarheid te verberg
as om dit aan die lig te bring.
Leo Tolstoy
________________________
As jy jou kinders kan leer om God te vertrou
is dit meer werd as enige erflating.
Bennie Mostert
________________________
Teenoor die Here geld
geen menslike wysheid,
insig of besluit nie.
(Spreuke 21:30)
________________________
Daar is twee soorte Christene:
Die navolgers van Jesus
en dan die goedkoper weergawe:
die bewonderaars van Jesus.
Søren Aabye Kierkegaard, (1813 - 1855)
________________________
Wanneer ek die Bybel lees vind ek daarin
'n gans ander Christendom, godsdiens en lewe
as wat die hedendaagse mens voer.
Johann von Saalhausen, (1444 - 1518)
________________________
Dít waaraan jy jou hart hang en jou op verlaat,
dit is eintlik jou god.
Martin Luther, (1483 - 1546)
________________________
Die edelste in die lewe
is om getrou aan jouself te wees.
Elzéar-Alexandre Taschereau, (1820 - 1898)
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css