Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Liefde het niks te doen
met wat jy kan verwag om te ontvang nie
- net met wat jy verwag om te kan gee -
naamlik alles.
(Katharine Hepburn)
 

________________________


Die toekoms word vandag reeds geskryf
deur hulle wat glo in ‘n toekoms.

________________________


Laat jou vrede nie afhanklik wees
van die mond van mense nie;
Want of hul goed of kwaad van jou vertel,
‘n ander mens word jy daarom nog nie.
(Uit: Thomas Á Kempis - Die Navolging van Christus)

________________________


Raadpleeg die misdadiger oor geregtigheid,
die skelm oor eerlikheid,
die ongelowige oor heiligheid,
die spotter oor vroomheid,
- maar luister tog nie na wat hulle sê nie.
Maak jou eie hart jou beste raadgewer;
daar is niks wat daarmee vergelyk kan word nie!
(Uit: Leerstellinge van Jesus Ben Sirag)
 

________________________


Lewe is om jou roeping te vervul,
aan die lewenseise te voldoen
en die uitdaging van jou lewenstaak
elke oomblik te aanvaar.
(Viktor Frankl - Waarom lewe ek)
 

________________________


Vryheid en verantwoordelikheid gaan hand aan hand.
Hoe meer vryheid, hoe groter die verantwoordelikheid.
En dit geld op alle terreine van die lewe.
(Die Weg)

________________________


Ons hoop en verwagtings op 'n toekoms
kan met geen middele gekoop word nie
maar word gratis aan ons geskenk
deur ons Here Jesus Christus
wat deur die geloof in Hom,
die hoop in ons verwek.
(Die Weg)

________________________


Wie ‘n "waarom" besit waarvoor hy of sy kan lewe,
kan byna elke "hoe" te bowe kom.
(Viktor Frankl - Waarom lewe ek)

________________________


Wat die mens nodig het
is nie 'n spanningsvrye toestand nie,
maar die strewe en stryd om 'n doel te bereik wat
inhoud en sin aan sy lewe sal gee.
(Viktor Frankl - Waarom lewe ek)

________________________


Die lewe beteken nie om net te geniet
en om alle vorms van pyn te probeer vermy nie,
maar om in alles 'n sin en betekenis te vind.
(Viktor Frankl)
 

________________________


Die menslike lewe is sinvol
wanneer dit langs die graf van wanhoop
die vaandel van hoop kan plant.
Viktor Frankl

________________________


Moenie afgunstig wees op sondaars nie;
wees altyd ywerig om die Here te dien;
dan sal jy ‘n toekoms hê
en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
(Spreuke 23:17-18)
 

________________________


Eerlikheid en opregtheid lê nie in wat jy doen nie.
Dis wie jy is.
(Die Weg)
 

________________________


Die hart kan die beste en mooiste waarneem
wat die oog nie kan sien
en die oor nie kan hoor nie.
(Die Weg)

________________________


Vra nie wat is die sin van die lewe vir my nie,
maar watter sin gee ek aan die lewe.
 

________________________


'n Groot wysheid is dit,
om op die dag van kwaad te swyg,
en jou innerlik na My te keer,
sodat menslike oordeel jou nie verwar nie.
(Uit: Die Navolging van Christus)

________________________


Die vinnigste manier vir iemand
om sy onafhanklikheid prys te gee
is om geld uit te gee wat hy nie besit nie.
Kemal Atatürk, (1881 - 1938)
 

________________________


'n Volk wat geen doel het om voor te leef nie,
sonder 'n uitsig op die toekoms,
raak afgetakel,
en verval soos 'n afgeleefde gebou.
(Die Weg)

________________________


Die weg van 'n mens is nie altyd
in sy eie mag nie,
maar God kom dit toe om te gee
en te vertroos.
(Uit: Die Navolging van Christus)

________________________


Begeertes ontvlam dikwels binne jou
en dryf jou volspoed voort,
maar oorweeg eers wat spoor jou die meeste aan:
My eer, of jou gewin?
As Ek die rede is,
sal jy tevrede wees
hoe Ek dit ookal beskik.
(Uit: Die Navolging van Christus)

________________________


Ek is maar net een mens, maar tog is ek 'n mens.
Ek kan nie alles doen nie,
maar nogtans kan ek iets doen;
en alhoewel ek nie alles kan doen nie,
weerhou dit my nie daarvan nie
om dít te doen wat ek kan.
Helen Keller
 

________________________


Draai jou gesig altyd na die son
dan sal jy nooit die skadu's sien nie.
Helen Keller

________________________


Om te weier om te vergewe
is om 'n brug te verbrand
waaroor jy dalk eendag moet loop.
Ierse spreekwoord
 

________________________


Ware liefde begin eers daar
waar jy werklik niks terug verwag nie.
Antoine de Saint-Exupery (1900 - 1944)

________________________


Wat ek ookal vandag doen is belangrik
omdat ek 'n dag van my lewe daarvoor gee.
(Anoniem)

________________________


Dit is nie maklik om vrede en geluk in jouself te vind nie
maar dit kan nêrens anders gevind word nie.
Agnes Repplier (1855 - 1950)
 

________________________


Bekommernis neem nie môre se probleme weg nie,
maar wel vandag se vrede.
(Anoniem)
 

________________________


Groot take word meestel nie deur krag volbring nie,
maar deur volharding.
(Samuel Johnson)

________________________


Hoe 'n mens die wêreld beskou
is 'n weerspieëling van sy karakter.
Peter Sirius, (1858 - 1913)
 

________________________


Buiten geloof vind jy jou grootste rus daarin:
om voldoening te vind in die roeping
waarin God jou geplaas het.
(Die Weg)

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css