Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Bekommernis maak dat klein dingetjies
soms groot skaduwees gooi.
(Sweedse spreekwoord).

________________________


Vir iemand met geloof
 is geen verduideliking nodig nie.
Vir iemand sonder geloof
 is geen verduideliking moontlik nie.
- Thomas Aquinas (1225 – 1274) -
 

________________________


Vir geen toeskouer
was die arbeid ooit te swaar nie.
(Ierse gesegde)
 

________________________


Elke hart het sy rede
waarom hy nie rede wil verstaan nie.
Maar geloof oorspan alle rede.

________________________


As jy troebel water met rus laat
word dit vanself weer helder.
Laotse (6de eeu vC)
 

________________________


Plato (424 - 348 vC) het gesê:
"Wanneer mense van jou kwaad praat,
lewe dan so dat niemand hulle kan glo nie".

Beter egter is:
Lewe so, dat as iemand van jou kwaad praat,
niemand dit sal glo nie.
 

________________________


Jy begin eers werklik lewe
wanneer jy die doel van die lewe
begin raaksien.

________________________


Geloof is om te glo wat jy nie sien nie.
En die gevolg hiervan is
dat jy sien wat jy byna nie kan glo nie
Augustinus (354 – 430)

________________________


Sommige mense beskou hulle geloof
in dieselfde lig as ‘n restaurant.
Hulle wil net aansit om bedien te word.

________________________


Jy sal weet hoe om te lewe
die oomblik wat jy jouself begin vertrou.
Johann Wolfgang von Goethe
 

________________________


Moenie afgunstig wees op sondaars nie;
wees altyd ywerig om die Here te dien;
dan sal jy ’n toekoms hê
en jou hoop sal jou nie ontneem word nie.
(Spreuke 23:17-18)
 

________________________


Mens is ryk deur jou gees,
nie deur jou brandkluis nie.
Marcus Tullius Cicero (106 - 43 vC)

________________________


Tevredenheid is die grootste rykdom
wat 'n mens kan besit.
Alfred Nobel

________________________


Die meeste mense volg hulle lewe lank
'n weg sonder om te weet waarheen dit lei.
Mencius (4de eeu voor Christus)
 

________________________


Veg teen die wêreld
en behou jou innerlike vrede.
Dit is beter as omgekeerd.
Johannes Kienau (1880 - 1916)

________________________


Wie die wind bly dophou, saai nie,
wie na die wolke bly kyk, oes nie.
Prediker 11:4

________________________


Beroem jou nie op rykdom, as jy dié sou besit,
nog op vriende, omdat hulle magtig is,
maar roem in God, wat alles skenk.
(Uit: Thomas Á Kempis - Die Navolging van Christus)

________________________


Niks beroof ons meer van ons vryheid nie,
as bygeloof.
Heinrich Martin (1818 - 1872)
 

________________________


'n Leuen is soos 'n sneeubal.
Hoe verder dit rol
hoe groter word dit.
(Martin Luther)

________________________


Om te lewe is nie net om die storms te oorleef nie,
maar hoe om in die stortreën te dans.
(Anoniem)

________________________


Soek jy iemand wat navolgingswaardig is?
Kyk dan tussen die eenvoudiges en nederiges.
Werklike grootheid vind jy slegs
by húlle wat hulself nie adverteer
en hulself nie as besonders beskou nie.
(Leo Tolstoy)
 

________________________


Bekommernis is soos 'n skommelstoel.
Dit gee jou iets om te doen,
maar dit bring jou nêrens.
(CE Cowman)

________________________


Wanneer ons ons emosies beheer, het ons krag.
Wanneer hulle ons beheer,
is die gevolge dikwels rampspoedig
(Normal V Peale)
 

________________________


Jy moet steeds jou saak aan My vertrou;
Ek gee goeie beskikking op sy tyd.
Op wat Ek beskik sal jy by baat.
(Uit: Thomas Á Kempis - Die Navolging van Christus)

________________________


Elkeen van ons is uniek
want só het God dit bestem,
en só is ons geskape.
Om in volle gemeenskap,
een van siel, een van sin,
sonder vrees
ons uniekheid uit te leef.
 (Die Weg)

________________________


Kennis vind jy in ‘n boek.
Wysheid sal jy verder moet gaan soek.
(Guido Gazelle)

________________________


Aan die einde is dit nie
die jare in jou lewe wat tel nie
maar die lewe in jou jare.
(Abraham Lincoln)

________________________


Hoe lewendiger jou belangstelling in ander mense,
des te sekerder kan jy jou eie moeilikhede oorkom
(Norman Vincent Peale).

________________________


Grote wysheid is dit,
om nie hals-oor-kop te werk te gaan,
en nie hardnekkig by eie opinies te staan.
(Uit: Thomas Á Kempis - Die Navolging van Christus)

________________________


Vrede is deur Jesus Christus aan die wêreld geskenk
maar dit word uit eie oortuiging van die hand gewys.
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css