Ons almal begaan foute,
elkeen net op sy eie manier.
- Georg C. Lichtenberg (1742-1799) -
________________________
Wie anders is dit wat die wêreld oorwin
as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
- 1 Johannes 5:5 -
________________________
Baie van ons jag muise –
terwyl die leeus die land verslind.
- Leonard Ravenhill -
________________________
Jy het min nodig om 'n gelukkige lewe te lei.
Dit is alles binne in jouself,
in die manier waarop jy dink.
- Marcus Aurelius (121 - 180 nC) -
________________________
Hy wat vrees dat hy gaan ly,
ly alreeds onder sy vrees.
-- Michel de Montaigne (1533-1592) --
________________________
Daar is een woord wat ons bevry
van al die swaarkry en pyn van die lewe.
Daardie woord is liefde.
-- Sophocles (497 - 406 vC) --
________________________
Jy is nie net verantwoordelik vir dit wat jy sê nie,
maar ook vir dit wat jy nie sê nie.
- Martin Luther -
________________________
Ons het die verantwoordelikheid nodig
wat voortvloei uit die rus wat ons in God vind.
Hierdie verantwoordelikheid eis alles van ons,
maar dit is nie ‘n sweep wat ons voortjaag nie.
Dit is ‘n verantwoordelikheid wat ons gesond hou
omdat daar geen angs en eersug teenwoordig is nie.
- Prof Adolf Köberle, Tübingen –
________________________
Die lewensduur van 'n voorwerp word verkort
as dit onder voortdurende spanning (stres) verkeer.
Die oorsaak daarvan is ongebalanseerde kragte wat
nie in harmonie met mekaar saamwerk nie.
Jy lewe in harmonie met jouself,
wanneer jou uiterlike lewe
jou innerlike wese weerspieël.
________________________
Die grootste beloning vir jou moeisame arbeid
is nie wat jy daarvoor ontvang nie,
maar wat jy daardeur word.
- John Ruskin -
________________________
Geloof is nie die vermoë om in 'n verre
en onduidelike toekoms te glo nie.
Dit is eenvoudig om op God te vertrou
en die volgende stap te neem.
- Joni Erickson Tada -
________________________
Moenie net in die finansiële wêreld belê nie.
Belê iets van jouself en jy sal grootliks beloon word.
- Charles Schwab -
________________________
Dit is eers in teëspoed
dat jy jouself regtig leer ken.
-- Outeur onbekend --
________________________
As ek regtig op God vertrou
sal ek Hom glo
selfs al verstaan ek nie altyd nie.
- J. I. Parker -
________________________
Enige beproewing wat jy as mens kan deurstaan
is 'n veredeling van jou karakter
en 'n verbetering van jou lewe.
- V Mortensen -
________________________
Niemand weet of hy iets sal kan doen
voordat hy nie eers probeer het nie.
- Publilius Syrus (1st eeu v.C) -
________________________
Moet nooit iets teen jou gewete doen nie.
Maak nie saak wie dit van jou verwag nie.
-- Albert Einstein --
Helde kom voor uit hulle
wat in alle omstandighede
hulle gewete gehoorsaam.
- Jan Terlouw -
________________________
Christenskap is nie
om sonder probleme deur die lewe te gaan nie,
maar om 'n karakter te ontwikkel
wat dit kan hanteer soos dit kom.
Dit maak die lewe nie makliker nie
maar maak ons sterk genoeg vir die lewe.
- James L Christensen -
________________________
Wantroue is 'n swaar wapenrusting,
met 'n baie groot las,
wat eerder hinder as beskerm.
- Robert Burns (1759 - 1796) –
________________________
Ek moet eers uit die boot klim
voordat ek op die water kan loop.
- Joyce Meyer -
________________________
Die pad van die regverdiges is soos helder oggendlig
wat groei en sterker word tot dit heeltemal dag is;
die pad van die goddeloses is soos die donker:
hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
Spreuke 4:18-19
________________________
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat,
selfs manne in hulle fleur struikel en val,
maar dié wat op die Here vertrou,
kry nuwe krag.
Jesaja 40:30 -31
________________________
Vooroordele is soos 'n ruiker blomme.
'n Mens moet dit van tyd tot tyd herrangskik
(en die dooies uitgooi).
Luther Burbank (1849 - 1926)
________________________
Die lewe hou vir ons 'n betekenis in
in die mate waarin ons betekenis daaraan gee.
________________________
As jou lewe jou ware geloof weerspieël,
waarvoor en vir wie is jy dan bang?
- Julia Ward Howe (1819 - 1910)
________________________
Wanneer een deur toegaan
gaan 'n ander deur oop.
Maar ons staar gewoonlik so angstig
na die geslote deur
dat ons nie die geopende deur raaksien nie.
- Alexander Graham Bell -
________________________
Geloof het dieselfde effek as radar
wat deur digte mis kan sien.
- Corrie ten Boom -
________________________
Die lewe bestaan uit 10% wat met jou gebeur
en 90% hoe jy daarop reageer.
- Anoniem -
________________________
Die belangrikste gevegte in ‘n mens se lewe
word in die stille binnekamers
van jou siel geveg.
- David O. McKay –
________________________
Maak eers vrede met jouself
dan kan jy vrede vir ander bring.
- Thomas a Kempis (1380 - 1471) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css