As jy vir iemand 'n lamp aansteek
dan verhelder dit ook jou eie weg.
- Mongoolse spreukwoord -
________________________
Wie al sy eie begeertes najaag,
sal nooit tevredenheid ervaar nie.
- Anselm Grün -
________________________
Lewenservaring volg nie
uit wat met jou gebeur nie,
maar dit wat jy leer
uit wat met jou gebeur.
- Aldous Huxley (1894 - 1963) -
________________________
Is dit nie eienaardig nie
dat mense so graag vir hulle geloof veg
maar so min volgens sy voorskrifte leef.
- Georg Christoph Lichtenberg (1742 – 24 February 1799) –
________________________
In Hom is die volle wese van God beliggaam,
en in verbondenheid met Hom
deel julle in sy volheid.
-- Kolossense 2:9-10 NAV -
________________________
Om met Jesus Christus te leef
is om in aanraking te bly met
“die sin van die lewe”.
________________________
Alles het Hy mooi gemaak op Sy tyd;
ook het Hy die ewigheid in hul hart gelê;
net dat die mens nie die werk wat God doen
kan begryp nie,
nóg die begin, nóg die einde.
- Prediker 3:11 (alternatiewe vertaling) -
________________________
Dit is verbasend hoeveel jy kan bereik
as jy nie omgee
wie die eer gaan ontvang nie.
- Harry S Truman (1884 – 1972) -
________________________
Vra nie, wie dit of dat gesê het nie,
maar aan wát gesê word,
moet jy aandag gee.
Mense gaan verby,
maar die waarheid van die Here
sal in ewigheid bly.
- Thomas A Kempis : Die Navolging van Christus -
________________________
Ek glo in God soos 'n blinde in die son,
nie omdat hy dit sien nie,
maar omdat hy dit voel.
- Phil Bosmans (01/07/1922 - 18/01/2012) -
________________________
Dit is in alle omstandighede
beter om te hoop as om jou
in wanhoop oor te gee.
Watter mens kan immers bepaal
wat moontlik is en wat nie?
- Johann Wolfgang von Goethe –
________________________
Toe ek gedink het my voete gly,
het u troue liefde my regop gehou, Here.
- (Psalm 94:18) -
________________________
Ek het al baie dinge in my hande gehou
en ek het alles verloor.
Maar alles wat ek in God se hande geplaas het,
dié het ek nou nog.
- Martin Luther (1483 - 1546)
________________________
As ons God vind, vind ons vryheid.
As ons God verloor, verloor ons ons vryheid.
- Paul E. Scherer (1892 - 1969) -
________________________
..... daar kom ‘n ster uit Jakob,
daar staan ‘n heerser in Israel op.
--Beliam profeteer van die komende Messias (Num 24:17) –
________________________
Wie in die Seun glo, het die ewige lewe;
wie egter aan die Seun ongehoorsaam is,
sal die lewe nie sien nie,
maar die straf van God bly op hom.
- Joh 3:36, NAV -
________________________
Verbly julle in die hoop;
staan vas in verdrukking;
volhard in gebed.
-- Romeine 12:12 (1983 vertaling) --
________________________
Om uit die geloof te lewe beteken
om nie te weet waarheen jy gebring word nie
maar om die een te ken en lief te hê
wat jou lei.
Oswald Chambers (1874 - 1917)
________________________
Angs kan nie môre se sorge wegneem nie,
maar wel die krag vir vandag.
Charles Haddon Spurgeon, (1834 - 1892)
________________________
As jou lewe 'n ware weerspieëling is van jou geloof,
waarom vrees jy dan?
- Julia Ward Howe (1819 - 1910) -
________________________
'n Boom wat deur die stormwind omgewaai word
het meer takke as wortels.
- Sjinese spreekwoord -
________________________
Dit is die vrees vir die dae van môre en oormôre
wat ons vrede vandag wegneem.
God alleen leef in die dag van môre
daarom bly ek net leef in vandag.
- FB Meyer -
________________________
Die mate van ‘n persoon se geloof
word eers sigbaar
wanneer hy in beproewing kom.
- Margaret Bottome –
________________________
Al wat nodig is om die kwaad te laat triomfeer,
is dat goeie mense niks doen nie.
- Edmund Burke –
________________________
Die waarde van volgehoue gebed
is nie net dat Hy ons sal hoor nie,
maar dat ons Hom ook sal hoor.
- William McGill -
________________________
Hy wat te veel ag slaan op wat ander mense van hom sê
sal nooit innerlike vrede ervaar nie.
- Leo Tolstoi -
________________________
Wat is al my kennis?
Dis net hier en daar ‘n skulpie optel
wat deur die golwe uitgespoel is op die strand.
Maar daar ver
- oneindig ver en ondeurgrondelik –
die oseaan,
die oseaan van die kennis van God.
-- I Newton (Fisikus/Wiskundige/Sterrekundige/Filosoof) –
________________________
Ware vriende bewys hulle liefde
in tyd van swaarkry,
nie in tyd van vreugde nie.
- Euripides (480 -406 vC) -
________________________
Al is my oë bang
sal my hande nog werk.
- Siberiese spreekwoord -
________________________
Soos die eienaar van die vyeboom
weet wanneer die vye ryp is,
so ken ook God die tyd
wanneer Hy die regverdiges
uit hierdie wêreld moet wegroep.
-- Leo (Lew) Nikolajewitsch Graf Tolstoi, (1828 - 1910) --
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css