Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Wie die duisternis nie opmerk nie,
sal nooit na die lig soek nie.
 - Henry Thomas Buckle (1821 - 1862) -
 

________________________


Gedagtes aan die dood is heilsaam,
want dit maak nie dood
soos mense aanneem nie,
maar dit wek.
 - Jakob Bosshart (1862 - 1924) –
 

________________________


As jy die wêreld wil verwarm,
moet jy 'n vuur binne jou dra.
 - Phil Bosmans –
 

________________________


Paulus was vry in die gevangenis,
terwyl ander gevange in hulle vryheid is.
- Anoniem-
 

________________________


Dit is nie soseer die omstandighede nie,
maar wel die manier waarop ons daarna kyk
wat kommer en angs veroorsaak.
 - Epictetus (50 – 138 nC) –
 

________________________


Die Gees wat aan julle gegee is,
maak julle nie tot slawe nie
en laat julle nie weer in vrees lewe nie;
nee, julle het die Gees ontvang
wat julle tot kinders van God maak
en wat ons tot God laat roep:
"Abba!" Dit beteken Vader.
 - Romeine 8:15 -
 

________________________


As jy regtig daaraan glo
dat alles volgens bepaalde lewenswette geskied,
dan sal jy ywerig jou Bybel lees
want jy sal die wette daarin te vind.
 

________________________


Tog is die Here gretig om julle genadig te wees
en wil Hy Hom oor julle ontferm:
Die Here is ‘n God wat reg laat geskied,
en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.
- Jesaja 30:18 -
 

________________________


Alleen die moeite van die lewe
leer ons
om die goeie van die lewe te waardeer.
 - Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
 

________________________


Humor en geduld is die kamele
waarmee jy deur enige woestyn kan kom.
 -  Phil Bosmans -
 

 

________________________


Deur geloof gaan ons die werklikheid binne
en word die onsigbare sigbaar.
As my geloof te klein is daarvoor,
is dit dalk omdat ekself te groot is.
- Onbekend –
 

________________________


Liefde is
die suurstof van die gemeenskap.
- Wolfgang Wegert -

________________________


Die duiwel hou daarvan om ons
met ons slegte verlede besig te hou.
As hy jou egter aan jou verlede herinner
(om skuldgevoel en selfverwyt op te wek)
herinner hom aan sy toekoms.
- M van Helden –

________________________


Hoe storms aan die oppervlakte
van die oseaan ookal mag woed,
diep daaronder is die water altyd kalm.
 

________________________


Die mens kyk na jou dade,
maar God kyk na jou gesindhede
- Thomas A Kempis –
 

________________________


Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom
‘n loflied sing.
Hy is my helper en my God!
- Psalm 42:12 NAV-

________________________


'n Mens beplan sy pad,
maar die Here bepaal hoe hy loop.
- Spreuke 16:9 NAV -

________________________


Liefde en trou bring versoening
waar daar verkeerd gehandel is;
kwaad word vermy
deur die Here te dien.
 - Spreuke 16:6 -

________________________


Want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:5 –
 

________________________


Dit gaan goed met die mens
wat sy vertroue in die Here stel,
die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is.
- Jeremia 17:7 –

________________________


Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat,
selfs manne in hulle fleur struikel en val,
maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle loop en raak nie afgemat nie.
- Jesaja 40: 29-31 -

________________________


Om te lees sonder om daaroor na te dink
is soos om iets te eet sonder om dit te verteer.
 - Edmund Burke (1729 - 1797) –
 

________________________


Gebruik elke geleentheid
om die vlam van offervaardigheid
in jou kind te laat ontbrand,
waarsonder niemand
'n volkome mens kan wees nie,
wat ookal die posisie is
wat hy in die wêreld sal beklee.
 - Jean Baptiste Henri Lacordaire, (1802 - 1861) –

________________________


Hy wat sy ore uitleen aan ander mense
en almal wil tevrede stel
sal nooit innerlike vrede vind nie.
- Leo Tolstoi –
 

________________________


Ter wille van Myself en daarom alleen, doen Ek dit,
Ek laat my Naam nie oneer aandoen nie.
Ek gee die eer wat My toekom,
aan niemand anders nie.
- Jesaja 48:11 NAV –
 

________________________


Die weg van genade
is met offerstene uitgelê.
Henrik Ibsen (1828 - 1906), Noorweegse dramaturg
 

________________________


As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks,
bedrieg hy homself.
- Galasiërs 6:3 -

________________________


Elke stap van my was vas op die koers
wat U aangewys het.
My voete het nie daarvan afgewyk nie.
 -  Psalm 9:16 –
 

________________________


Die waarheid het buiten homself
geen ander beskerming nodig nie.
 - Arnold Ruge (1802 - 1880) - 
 

________________________


Uit dít wat jy oes,
kan jy sien wat jy gesaai het!
 -Nederlandse spreekwoord -

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css