As jy ware vryheid wil hê,
vlug van die wêreld en soek God.
Guido Gezelle (1830-1899)
________________________
Wie 'n weldaad nie met dankbaarheid bejeën nie,
vertroebel sy eie bron
waarby hy sy dors geles het.
J. Hammer
________________________
Die lewe is 'n reis
na die werklike lewe van die lewe
- Dominique Doorjé –
________________________
Angs verander niks aan die dag van môre,
en los die probleme van môre nie op.
Dit neem nie môre se onsekerheid weg nie,
maar ontneem jou jou krag vir vandag.
- Corrie ten Boom –
________________________
Geloof sy die Here, Hy is my rots.
Hy leer my hande om oorlog te maak,
my vingers om te veg.
- Psalm 144:1 -
________________________
Liefde moet wees soos 'n boom,
met sy wortels diep in die aarde,
maar met sy takke uitgestrek na die hemel.
- Bertrand Russell (1872-1970) -
________________________
Die boom van kennis
is nie die boom van die lewe nie.
- Lord George Byron (1788-1824) -
________________________
Betaal jou vyand met liefde terug
en jy ontneem hom al die vreugde van sy gemeenheid.
- Leo Tolstoi (1828 - 1910) -
________________________
Die eer verbied dikwels
wat deur die wet toegelaat word.
- Lucius Annaeus Seneca (4 vC - 65 nC)
________________________
Elke skoon gevoel
het sy trane.
- Ludwig Bechstein (1801-1860) -
________________________
Die dood is nie die uitdoof van die lig nie,
maar dis die uitblaas van die lamp
omdat die dag gebreek het.
- Tagore -
________________________
Die meeste verdriet in die lewe spruit daaruit voort
dat ons 'n oordrewe belang heg aan goed
wat buite verhouding is tot hulle waarde.
- Gustave le Bon (1841-1931) -
________________________
Die Bybel is nie praatpapier nie,
maar 'n oproep tot aksie.
- Eva den Hartog –
________________________
As jy net uit die Evangelie neem waarvan jy hou
dan glo jy meer in jouself
as aan die Evangelie.
- Augustinus van Hippo (354 - 430 nC) -
________________________
Die pad van die regverdiges
is soos die lig van die môreglans,
wat al helderder word tot die volle dag toe.
- Spreuke 4:18 OAV -
________________________
As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop,
dan is ons die ellendigste van alle mense.
- 1 Kor 15:9 -
________________________
Die gees van die mens
is ‘n lamp van die HERE
- Spreuke 20:27 OAV -
________________________
Jy kan die lamp alleen in sy eie lig sien
net so kan jy die Heilige Skrif net uit homself verstaan.
- Friedrich Rückert (1788-1866) -
________________________
Aanvaar die dinge wat op jou pad kom
en wees lief vir die mense wie se lot jy deel
maar doen dit met jou hele hart.
- Marcus Aurelius (121 – 180 nC) -
________________________
Glo julle dan nie al die dinge wat die profete gesê het nie?
Moes die Christus nie hierdie dinge ly
om in sy heerlikheid in te gaan nie?
-Lukas 24:25-26 -
________________________
Roem en rus
is nie bedmaats nie.
- Michel de Montaigne (1533 -1592) –
________________________
Dankbaarheid meet
die ingesteldheid van die hart.
-------
Wie opreg dank,
bekom altyd meer
om voor te dank.
Hermann von Bezzel, (1861 - 1917)
________________________
'n Skip wat in die hawe lê is veilig,
maar dit is nie waarvoor skepe daar is nie.
- William Shedd (1820 - 1894) -
________________________
Al ken ek nie die weg
waarop God my laat gaan nie,
ken ek wel my Gids.
- Martin Luther (1483 - 1546) -
________________________
Vir 'n gram eer gee menigeen
'n kilogram gewete
- Baer-Oberdorf (1870-1940) -
________________________
Dit is beter om in die donker
met God te wandel
as alleen in eie lig.
- dw -
________________________
En in Hom (Jesus) is ons ook swak,
maar saam met Hom
sal ons uit die krag van God lewe.
- 2 Korintiërs 13:4 -
________________________
Die Here is regverdig in al sy handelinge,
getrou in alles wat Hy doen.
- Psalm 145:17 NAV –
________________________
Deur God te dien
vind jy ware vryheid.
- Augustines 354-430 –
________________________
Vrees nie om jou lewe te verloor nie,
want die dood is slegs 'n verandering van woning.
- Pythagoras (Griekse wiskundige en filosoof) –
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css