Ons oordeel oor 'n saak word dikwels bepaal
deur die toestand van ons eie hart,
want die opregte oordeel gaan maklik verlore
deur die liefde vir onsself.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Vertrou nie op vriende en verwante nie,
en laat nie jou heil aan die toekoms oor nie,
want die mense vergeet jou gouer as wat jy dink.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Hy wat sy vreugde in díe van ander vind,
het die geheim van ware geluk ontdek.
George Barnados
________________________
Hoe gelukkig en wys is hy,
wat nou in die lewe só wil wees
as wat hy wens om gevind te word by sy dood.
(Uit: Thomas Á Kempis - De Imitatione Christi)
________________________
Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen.
Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart
het Hy verstrooi.
Maghebbers het Hy van trone afgeruk
en nederiges verhoog.
Lukas 1:51-52
________________________
Hy het deur sy arm kragtige dade gedoen.
Hoogmoediges in die gedagtes van hulle hart het Hy verstrooi.
Maghebbers het Hy van trone afgeruk en nederiges verhoog.
Lukas 1:51-52
________________________
Dit gaan goed met die mens
wat deur U opgevoed word, Here,
vir wie U onderrig in u Woord
Psalm 94:12
________________________
Die mens wat alles verloor het
maar God vind
is ryker as hy wat alles besit
maar God verloor het.
A Barmenthlo
________________________
Jy word, as jy geprys word, nie heiliger nie,
en as jy verag word, nie slegter nie.
Jy is wat jy is,
en jy kan nie as beter geroem word,
as wat jy volgens God se getuienis is nie.
Uit: De Imitatione Christi (Die navolging van Christus)
________________________
Só moet jy sê in elke saak:
O Here, as dit U welgevallig is,
laat dit dan só geskied.
O Here, as dit U eer sal dien,
Laat dit dan in u naam geskied.
Uit: De Imitatione Christi (Die navolging van Christus)
________________________
Wat ek ookal kan verlang, of tot my troos bedink,
moet ek nie hier nie, maar hiernamaals eers verwag.
Want al sou ek al die troos van die wêreld alleen besit,
en al die bevredigings daarvan kon smaak,
is ek seker, dit kan nie ewig duur nie.
Uit: De Imitatione Christi (Die navolging van Christus)
________________________
Die aktiwiteite van die menslike verstand
is eerder daarop gerig om die waarheid te verberg
as om dit aan die lig te bring.
Leo Tolstoy
________________________
As jy jou kinders kan leer om God te vertrou
is dit meer werd as enige erflating.
Bennie Mostert
________________________
Teenoor die Here geld
geen menslike wysheid,
insig of besluit nie.
(Spreuke 21:30)
________________________
Daar is twee soorte Christene:
Die navolgers van Jesus
en dan die goedkoper weergawe:
die bewonderaars van Jesus.
Søren Aabye Kierkegaard, (1813 - 1855)
________________________
Wanneer ek die Bybel lees vind ek daarin
'n gans ander Christendom, godsdiens en lewe
as wat die hedendaagse mens voer.
Johann von Saalhausen, (1444 - 1518)
________________________
Dít waaraan jy jou hart hang en jou op verlaat,
dit is eintlik jou god.
Martin Luther, (1483 - 1546)
________________________
Die edelste in die lewe
is om getrou aan jouself te wees.
Elzéar-Alexandre Taschereau, (1820 - 1898)
________________________
Poog eers om te verstaan
en dan om verstaan te word.
(Stephen R Covey)
________________________
Die grootste bydrae tot 'n volk se welsyn
geskied gewoonlik deur die minderheid.
Ernest Rénan, (1823 - 1892)
________________________
God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming;
Hy was nog altyd bereid om te help in nood.
Daarom is ons nie bang nie, al gee die aarde pad,
al skuif die berge tot in die dieptes van die see,
al druis en skuim die waters van die see,
al skud die berge deur sy onstuimigheid.
Psalm 46: 2 -4
________________________
Toekomsvisie:
Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,
en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie,
dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
1 Korintiërs 2:9
________________________
'n Saadjie is slegs 'n belofte van 'n boom,
totdat dit ontkiem.
Myles Monroe
________________________
Dit is eers wanneer jy
die werklike sin van die lewe ontdek het
dat jy in vrede met jou naaste kan lewe.
(Die Weg)
________________________
'n Wyse man jaag wysheid na,
'n dwaas dink dat hy dit reeds gevind het.
Oud-Persiese spreekwoord
________________________
Op n vriend wat jou seermaak, kan jy reken;
iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.
Spreuke 27:6
________________________
'n Geduldige mens is baie verstandig;
een wat kort van draad is,
stel sy dwaasheid ten toon.
Spreuke 14:29
________________________
Jy kan nie aanhou om haatgevoelens
teenoor iemand te koester indien
jy voortdurend vir die persoon bid nie.
________________________
Leed is die skool van die lewe.
Gelukkig is hy wat hierdie skool kan deurstaan.
Peter Amendt
________________________
"Harde werk bring beloning;
om net te praat, bring gebrek"
(Spreuke 14:23
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css