Geduld is die sterkste wapen.
Dit dood die reus Wanhoop.
- Douglas Jerrold (1803-1857) -
________________________
Wees maar net geduldig,
alles gaan verby,
net die ewigheid bly.
- Meinrad Eugster (1848 - 1925) -
________________________
Die lewe is kort,
maar het desondanks 'n oneindige waarde,
want in hom is die kiem van die ewigheid.
- Franz von Sales, (1567 - 1622) -
________________________
Solank as wat mense
die middele as die doel beskou
het hulle die sin van die doel gemis.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) -
________________________
Die meeste ellende ontstaan
uit die druk
wat mense op mekaar uitoefen.
- G. van Benthem van den Berg -
________________________
Die lof kom God toe
wat my gebed nie afgewys
en sy trou nie van my weerhou het nie.
-Psalm 66:20 -
________________________
Ware, blywende lewensblydskap
kan nie gekoop word nie;
en dit stroom jou tegemoet
wanneer jy vreugde vind
in jou goeie dade aan ander.
- Johann Kaspar Lavater (1741-1801) -
________________________
Ons grootste oorwinning
is nie dat ons nooit faal nie,
maar dat ons,
telkens as ons struikel,
weer opstaan.
- Confucius (551–479 vC) -
________________________
Wysheid en opregtheid is ‘n tweeling.
Één hart klop vir beide hierdie susters,
wat nooit sonder mekaar gesien word nie.
-William Cowper (1731-1800) -
________________________
Die Bose kan die mens verlei,
maar self mens word, dit kan hy nie.
- Franz Kafka, (1883 - 1924) -
________________________
Die HERE is my rots,
my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my veilige vesting.
- Psalm 18:3 NAV -
________________________
Luister na raad,
aanvaar wat jou geleer word,
sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.
Al maak mense hoeveel planne,
wat die Here besluit, staan vas.
- Spreuke 19:20-21 NAV -
________________________
Die ewigheid wag nie op ons
aan die anderkant van die graf nie,
- dit is nou reeds in ons hart gelê.
________________________
Gaan maar net waar jy wil
en soek soveel as jy kan.
Geen hoër weg daarbo
en geen veiliger weg hieronder sal jy vind,
as die weg van die heilige kruis.
- Thomas à Kempis ( 1380-1471) -
________________________
Moet dan nie bang wees nie.
Julle is meer werd as baie mossies.
- Matteus 10:31 -
________________________
Ek kan niemand enigiets leer nie
maar ek kan wel maak dat hulle dink.
- Sokrates (469 -399 vC) -
________________________
Die verstandige sal nooit
deur die dood verras kan word nie,
hy is altyd gereed om te vertrek.
- Jean de la Fontaine (1621-1695) -
________________________
Die Here is my rots,
my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my veilige vesting.
- Psalm 18:2 NAV -
________________________
Weens die herinnering
aan die trietsigheid van die winter
kan die mens hom weer oor die somer verheug.
- Onbekend -
________________________
Die arend is die koning van die lug,
maar hy moet eers sy vlerke uitsprei,
as hy die krag van 'n stormwind wil benut,
om by die kalmte van die hoë hoogtes te kom.
________________________
Wanneer jy jou vuiste bal
buig die tien vingers altyd na binne.
- Onbekend –
________________________
Twee dinge het my lewe leefbaar gemaak:
die liefde wat ek gegee het
en die liefde wat ek ontvang het.
- C J Langenhoven -
________________________
Die hemel is ‘n simfonie,
die hel ‘n kakofonie.
Speel jy jou eie wysie?
________________________
Jy kan met geld 'n baie mooi hond koop
maar nie die kwispel van sy stert nie.
- Josh Billings (1815-1885) -
________________________
Die werklike waarde van 'n mens
kan gevind word in die mate waarin
hy van sy eiebelang bevry is.
- Albert Einstein -
________________________
Die sin van die lewe
is 'n lewe met sin.
- Robert Burns, (1759 - 1796) -
________________________
Hoor 'n mens woorde
sonder om daaroor na te dink,
dan sal die teenoorgestelde daarvan
net soveel betekenis vir jou hê.
- Lü Bu Wei ( 291–235 vC) -
________________________
Die aambeeld breek baie hamers
deur stil die harde houe te verduur.
- Outydse spreekwoord -
________________________
Wat nie goed is vir die korf,
is nie goed vir die bye nie.
- Marcus Aurelius (121-180 nC) –
________________________
Kan enige mens ooit op prestasies soos die bye roem?
Het enige filosoof al so 'n volmaakte gemeenskap ontwerp?
- Desiderius Erasmus (1466 - 1536) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css