Hiéraan ken julle die Gees van God:
elkeen wat bely dat Jesus werklik
die Christus is wat mens geword het,
het die Gees wat van God afkomstig is.
En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie,
het nie die Gees wat van God afkomstig is nie.
Hy het die gees van die antichris,
die gees van wie julle gehoor het
dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is.
- 1 Johannes 2:2-3 -
________________________
Die dag van die Here sal nie aanbreek
voordat die laaste afvalligheid gekom het
en die wettelose mens
wat vir die verderf bestem is,
sy verskyning gemaak het nie.
- 2 Tessalonisense 2:3 -
________________________
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee,
sodat julle op julle pos kan bly ondanks
die listige aanslae van die duiwel.
- Efesiërs 6:11 -
________________________
Maar vir julle wat ontsag het vir my Naam,
sal die son van geregtigheid deurbreek
met genesing in sy strale.
Dan sal julle uitgaan en bokspring
soos kalwers wat op stal is.
- Maleagi 4:2 -
________________________
Beklee julle met die Here Jesus Christus,
en maak geen voorsorg vir die vlees
om sy begeerlikhede te bevredig nie.
-- Ons moet immers almal
voor die regterstoel van Christus verskyn,
sodat elkeen kan ontvang
volgens wat hy tydens sy aardse lewe gedoen het,
of dit nou goed was of kwaad.
- Romeine 13:14 (53-vertaling) en 2 Korintiërs 5:10 -
________________________
Hoe nader die einde kom,
hoe hewiger word die simptome.
- Hans Ulrich Bänziger -
________________________
Want die woord van God is lewend en kragtig
en skerper as enige tweesnydende swaard,
en dring deur tot die skeiding van siel en gees
en van gewrigte en murg,
en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge
en gedagtes van die hart.
- Hebreërs 4:12 -
________________________
Maar vir julle wat ontsag het vir my Naam,
sal die son van geregtigheid deurbreek
met genesing in sy strale.
- Maleagi 4:2 -
________________________
Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red, sê die Here,
omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees.
- Psalm 91:14 -
________________________
En dit is die oordeel:
die lig het in die wêreld gekom,
maar die mense het die duisternis
liefgehad bo die lig,
omdat hulle dade boos was.
- Lukas 3:19 (2020 vertaling) -
________________________
Maar as ons in die lig leef,
soos wat Hy in die lig is,
is ons aan mekaar verbonde,
en reinig die bloed van Jesus,
sy Seun, ons van elke sonde.
- 1 Johannes 1:7 -
________________________
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou;
kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God.
Ek versterk jou, ook help Ek jou,
ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.
- Jesaja 41:10 -
________________________
Die fondament van God
staan vas met hierdie seël:
Die Here ken die wat syne is; en:
Laat elkeen wat die Naam van Christus noem,
afstand doen van die ongeregtigheid.
- 2 Timoteus 2:19 -
________________________
Ons is self die tempel van God;
ons word in hierdie wêreld gebou
om aan die einde van die tyd geheilig te word.
- Augustinus Aurelius (354 – 430 nC) -
________________________
Moenie bang wees nie,
dit is Ek, die Eerste en die Laaste,
die Lewende.
Ek was dood en, kyk,
Ek lewe tot in alle ewigheid;
en Ek het die sleutels van die dood
en die doderyk.
- Openbaring 1:17b-18 -
________________________
Laat julle as lewende stene opbou
tot 'n geestelike huis,
om 'n heilige priesterdom te wees
en geestelike offers te bring
wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is
- 1 Petrus 2:5 -
________________________
Die hemel getuig van die mag van God,
die uitspansel maak die werk van sy hande bekend.
- Psalm 19:2 -
________________________
Wat die oog nie gesien
en die oor nie gehoor het nie,
en wat in die hart van 'n mens
nie opgekom het nie,
dit het God gereed gemaak
vir dié wat Hom liefhet.
- 1 Korintiërs 2:9 -
________________________
Geliefdes, moenie enigeen glo
wat sê dat hy die Gees van God het nie,
want daar is nou reeds baie vals profete
in die wêreld, maar ondersoek elkeen,
ondersoek of sy gees van God afkomstig is.
- 1 Johannes 4:1 -
________________________
Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het,
wat insig as sy deel ontvang het.
Dit is 'n bron van lewe vir wie dit aangryp,
dit gaan goed met dié wat daaraan vashou.
- Spreuke 3:13 en 18 -
________________________
Hoe jammer tog vir die wêreld
dat daar dinge is wat die mens afvallig maak!
Sulke dinge kom noodwendig,
maar wee die mens deur wie dit kom.
- Matteus 18:7 -
________________________
Aan Hom wat vir ewig Koning is,
die onverganklike, onsienlike, enigste God,
kom toe die eer en die heerlikheid
tot in alle ewigheid!
Amen.
- 1 Timoteus 1:17 -
________________________
Die HERE is goed,
Hy is 'n toevlug in tyd van nood,
Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
- Nahum 1:7 -
________________________
Baie mense leef 'n lewe van doodsheid.
Ons lewe moet die naam “lewe” werd wees!
- Johann Kaspar Lavater (1741 – 1801) -
________________________
Jesus antwoord hom:
Ek is die weg en die waarheid en die lewe;
niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
- Johannes 14:6 -
________________________
Nou kyk ons nog
in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,
maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.
Nou ken ek net gedeeltelik,
maar eendag sal ek ten volle ken
soos God my ten volle ken.
- 1 Korintiërs 13:12 -
________________________
'n Bietjie vrees maak jou versigtig,
te veel vrees verlam jou.
- Prof. Querulix -
________________________
Die genade van God wat verlossing bring,
het immers aan alle mense verskyn.
Dit voed ons op om die goddelose
leefwyse en wêreldse begeerlikhede
te laat vaar en met selfbeheersing,
opregtheid en godsvrug
in die teenswoordige wêreld te lewe.
- Titus 2:11-12 -
________________________
En julle sal deur almal gehaat word
ter wille van my Naam.
Maar wie volhard tot die einde toe,
hy sal gered word. -
Trek die volle wapenrusting aan
wat God julle gee,
sodat julle op julle pos kan bly
ondanks die listige aanslae van die duiwel.
- Mattheus 10:22 en Efesiërs 6:11-
________________________
Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is,
is tog opgeteken om ons te leer
sodat ons deur die standvastigheid
en bemoediging wat die Skrif ons gee,
vol hoop kan wees.
– Romeine 15:4 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css