Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Ek het as die lig na die wêreld toe gekom,
sodat dié wat in My glo,
nie in die duisternis sou bly nie.
- Johannes 12:46 -
 

________________________


Ons swem teen ‘n baie sterk stroom,
maar die krag van God in ons
is sterker as die stroom teen ons.
- Markus Brunner -
 

________________________


Wees versigtig vir raadgewers!
Maak eers seker hoekom hulle in jou belangstel,
want baie dink net aan hulleself!
Vertrou liewer op mense wat die Here dien:
mense wat jy weet na die wette van die Here luister;
..... en saam met jou sal huil as jy val.
 - Wysheid van Jesus Ben Sirag (190 vC) -
 

________________________


Die verlore wêreld
dryf en forseer ons
om nietighede na te jaag,
sodat ons kan vergeet
om dit te soek
wat regtig saakmaak:
ons lewe in Christus
-J Overduin-
 

________________________


Slegs deur te soek
vind die gees van die mens
die geheim van dit waarna hy soek.
- Friedrich von Schlegel (1772 - 1829) -
 

________________________


Jy verloor niks
as jy met jou kers
vir iemand anders 'n kers aansteek nie.
- Deense spreekwoord -
 

________________________


Die vrees vir 'n gevaarlike of moeilike situasie
veroorsaak soms meer ellende en verdriet
as die situasie self.
- Charles H Spurgeon (1834 - 1892)-
 

________________________


Een sterflike wese vertrou sy lewe toe
aan ‘n ander sterflike wese
en voel veilig.
Maar ons word deur ‘n Onsterflike beskut,
sal ons dan nog vrees en bang wees?
- Augustinus (354 – 430 nc) -
 

________________________


Ek weet nie waarheen God my lei nie,
maar ek weet wel dat Hy my lei.
- Johannes Kienau (1880 - 1916) -
 

________________________


Waak oor jou diepste gedagtes; 
wees versigtig sodat jy nie
in die strik beland van hulle
wat listig met woorde
en gevoelens speel nie.
 - Heinrich Martin (1818 - 1872) -
 

________________________


Wees versigtig met jou gedagtes,
dit kan enige oomblik woorde word.
 - Ira Gassen -
 

________________________


Woorde kan hulle eie betekenis verander
volgens die gesindheid van die aanhoorder.
 - Otto Weiss (1849 - 1915) -
 

________________________


Die wêreld sien net die oppervlakkigheid
van hierdie lewe;
die Christen daarenteen
sien die diepte van die ewigheid.
 - Johannes Baptist Maria Vianney (1786 - 1859)-
 

________________________


Die mens wat
gelowig bid en met ywer werk
is wys en verstandig,
maar bekommernis en vrees
lei na niks.
 -Charles Haddon Spurgeon (1834 - 1892) –
 

________________________


Hoe groot ookal jou misdaad,
God se genade is steeds groter.
 - Bernhard Vriedank  (1170 - 1230) -
 

________________________


Wat vir die mens dikwels soos toeval lyk
is 'n besluit van God.
- Jacques Bénigne Bossuet (1627-1704) -
 

________________________


Die vrye wil bestaan nie uit die vryheid
om dit te doen wat ek wil doen nie,
maar uit die krag
om dit te doen wat ek moet doen.
 - George MacDonald, (1824 - 1905) -

________________________


Die absolute ongeloof aan God
weerspreek die natuurlike gevoel van die mens
en bring sy siel in 'n toestand van troosteloosheid.
 - Alexis de Tocqueville, Franse politikus (1805 - 1859) -

________________________


Bid vir mekaar!
Met 'n gelowige gebed
sal ons alles oorwin.
 - Huldrych (Ulrich) Zwingli (1484 - 1531) -
 

________________________


Hy (God) het ons voorvaders beveel
om dit aan hulle kinders
bekend te maak,
sodat die volgende geslag dit kan weet
en die kinders wat nog gebore sal word,
dit weer aan húlle kinders kan vertel
 - Psalm 78:5-6 -
 

________________________


Die mens sien eers,
dan begin hy dink,
uiteindelik glo hy.
Ludwig Börne (1786 - 1837)
 

________________________


Slegs in nood en ellende
herken 'n mens God se hand en vinger
in die goeie mense
wat na goeie dade gelei word.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
 

________________________


Vrees en angs ontstaan uit onsekerheid.
As ons kennis het van:
ons eie vermoë,
ons eie onvermoë,
en by Wie ons heil lê,
dan is ons onkwesbaar.
-dw-
 

________________________


Dit is so 'n groot skande,
dat 'n mens so baie ander dinge ken,
maar homself, dié ken hy nie.
 -Johannes Tauler  (1300 - 1361) -
 

________________________


Die regverdige staan stewig soos
'n palmboom in die woestyn:
met sy wortels diep in die aarde, 
maar sy kroon hoog in die hemel. 
- onbekend -
 

________________________


Hoe meer die liefde van God in 'n mens heers,
hoe minder het die ongeregtigheid mag oor hom.
- Augustinus Aurelius, (354 – 430 nC.) -
 

________________________


Niemand wat buite die waarheid leef
sal ooit volkome gelukkig wees nie.
 - Seneca (5 vC - 65 nC) -
 

________________________


Die begeertes van die hart
is soms so krom soos 'n kurktrekker.
- Wystan Hugh Auden (1907 - 1973) -
 

________________________


Hoe ingenome ‘n mens ookal voel
oor jou groot dade, 
is dit dikwels nie die gevolg
van jou eie groot planne nie,
maar van 'n mag buite jouself.
-Francois de la Rochefoucauld (1613-1680) -
 

________________________


Elke mens is verantwoordelik vir sy eie dade,
en dit behoort so te wees,
want dit is sy verhewe voorreg
bo alle ander aardse wesens.
- Julie Pfannenschmidt (1806 - 1868) -

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css