Jy verloor niks
as jy met jou kers
vir iemand anders 'n kers aansteek nie.
- Deense spreekwoord -
________________________
Die vrees vir 'n gevaarlike of moeilike situasie
veroorsaak soms meer ellende en verdriet
as die situasie self.
- Charles H Spurgeon (1834 - 1892)-
________________________
Een sterflike wese vertrou sy lewe toe
aan ‘n ander sterflike wese
en voel veilig.
Maar ons word deur ‘n Onsterflike beskut,
sal ons dan nog vrees en bang wees?
- Augustinus (354 – 430 nc) -
________________________
Ek weet nie waarheen God my lei nie,
maar ek weet wel dat Hy my lei.
- Johannes Kienau (1880 - 1916) -
________________________
Waak oor jou diepste gedagtes;
wees versigtig sodat jy nie
in die strik beland van hulle
wat listig met woorde
en gevoelens speel nie.
- Heinrich Martin (1818 - 1872) -
________________________
Wees versigtig met jou gedagtes,
dit kan enige oomblik woorde word.
- Ira Gassen -
________________________
Woorde kan hulle eie betekenis verander
volgens die gesindheid van die aanhoorder.
- Otto Weiss (1849 - 1915) -
________________________
Die wêreld sien net die oppervlakkigheid
van hierdie lewe;
die Christen daarenteen
sien die diepte van die ewigheid.
- Johannes Baptist Maria Vianney (1786 - 1859)-
________________________
Die mens wat
gelowig bid en met ywer werk
is wys en verstandig,
maar bekommernis en vrees
lei na niks.
-Charles Haddon Spurgeon (1834 - 1892) –
________________________
Hoe groot ookal jou misdaad,
God se genade is steeds groter.
- Bernhard Vriedank (1170 - 1230) -
________________________
Wat vir die mens dikwels soos toeval lyk
is 'n besluit van God.
- Jacques Bénigne Bossuet (1627-1704) -
________________________
Die vrye wil bestaan nie uit die vryheid
om dit te doen wat ek wil doen nie,
maar uit die krag
om dit te doen wat ek moet doen.
- George MacDonald, (1824 - 1905) -
________________________
Die absolute ongeloof aan God
weerspreek die natuurlike gevoel van die mens
en bring sy siel in 'n toestand van troosteloosheid.
- Alexis de Tocqueville, Franse politikus (1805 - 1859) -
________________________
Bid vir mekaar!
Met 'n gelowige gebed
sal ons alles oorwin.
- Huldrych (Ulrich) Zwingli (1484 - 1531) -
________________________
Hy (God) het ons voorvaders beveel
om dit aan hulle kinders
bekend te maak,
sodat die volgende geslag dit kan weet
en die kinders wat nog gebore sal word,
dit weer aan húlle kinders kan vertel
- Psalm 78:5-6 -
________________________
Die mens sien eers,
dan begin hy dink,
uiteindelik glo hy.
Ludwig Börne (1786 - 1837)
________________________
Slegs in nood en ellende
herken 'n mens God se hand en vinger
in die goeie mense
wat na goeie dade gelei word.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
________________________
Vrees en angs ontstaan uit onsekerheid.
As ons kennis het van:
ons eie vermoë,
ons eie onvermoë,
en by Wie ons heil lê,
dan is ons onkwesbaar.
-dw-
________________________
Dit is so 'n groot skande,
dat 'n mens so baie ander dinge ken,
maar homself, dié ken hy nie.
-Johannes Tauler (1300 - 1361) -
________________________
Die regverdige staan stewig soos
'n palmboom in die woestyn:
met sy wortels diep in die aarde,
maar sy kroon hoog in die hemel.
- onbekend -
________________________
Hoe meer die liefde van God in 'n mens heers,
hoe minder het die ongeregtigheid mag oor hom.
- Augustinus Aurelius, (354 – 430 nC.) -
________________________
Niemand wat buite die waarheid leef
sal ooit volkome gelukkig wees nie.
- Seneca (5 vC - 65 nC) -
________________________
Die begeertes van die hart
is soms so krom soos 'n kurktrekker.
- Wystan Hugh Auden (1907 - 1973) -
________________________
Hoe ingenome ‘n mens ookal voel
oor jou groot dade,
is dit dikwels nie die gevolg
van jou eie groot planne nie,
maar van 'n mag buite jouself.
-Francois de la Rochefoucauld (1613-1680) -
________________________
Elke mens is verantwoordelik vir sy eie dade,
en dit behoort so te wees,
want dit is sy verhewe voorreg
bo alle ander aardse wesens.
- Julie Pfannenschmidt (1806 - 1868) -
________________________
Wees getrou aan die Woord,
en getrou aan jouself,
dan sal jy werklik vry wees.
- dw -
________________________
Doen vandag jou plig!
Moenie jouself verswak
deur jou aandag te verdeel
en vooruit te probeer kyk
na dié dinge wat jy nie kan sien nie,
en tog nie sou verstaan as jy dit wel kon sien nie.
- Charles Kingsley (1819 -1875) -
________________________
Sy eie dwaasheid
bring ‘n mens op die verkeerde pad
en dan is hy kwaad vir die Here.
- Spreuke 19:3 NAV -
________________________
Kennis maak verwaand,
maar liefde bou op.
- Paulus (5 - 67 n.C) -
________________________
Ek kan jou nie sê
hoekom jy my moet liefhê nie,
want jy het geen rede nie.
Die rede om lief te hê is die liefde self.
- Antoine de Saint-Exupéry (1900-1944) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css