Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Wetenskap is net die een helfte,
geloof is die ander helfte.
 - Georg Philipp Friedrich Freiherr von Hardenberg (1772 – 1801) -
 

________________________


As jy God nie in mense vereer nie,
hoe sal jy Hom dan in 'n tempel kan eer?
- Johann Kaspar Lavater (1741 - 1801) -
 

________________________


As God 'n altaar in die hart van ‘n moeder het,
het Hy 'n tempel in die hele huis.
 - Johann Michael Sailer (1751 - 1832) -
 

________________________


God het Sy wet, Sy gebooie,
nie met 'n vervaldatum voorsien nie,
want 'n ewige waarheid bly altyd 'n ewige waarheid,
hoe die tye ookal mag verander.
 - Gudrun Zydek -
 

________________________


Die Wet van God is ter selfder tyd ook
die grondwet van die mensheid.
 - Jean Baptiste Lacordaire (1802 - 1861) -

 

________________________


Hy wat altyd luister
na wat ander mense van hom sê,
sal nooit innerlike vrede ondervind nie.
- Leo Tolstoi (1828 -1910) -
 

________________________


Om te heers is maklik;
om te regeer, moeilik.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
 

________________________


(Verborge) talent
kom dikwels eers na vore
in tyd van nood.
  - Publius Ovidius Naso (of Ovid) (43 vC - 17 nC)-
 

________________________


Die skyn vergaan,
maar waarheid bly staan.
 - Helmuth Graf von Moltke (1800 - 1891) -
 

________________________


Opvoeding is die
beste verdediging
vir 'n volk.
 - Edmund Burke (1729 - 1797) -
 

________________________


Lig is bedoel om die duisternis te verdryf,
en nie om lig te verskaf
waar daar reeds lig is nie.
- Anoniem -
 

________________________


Al die donkerheid van hierdie wêreld,
kan nie die lig
van 'n enkele kers uitdoof nie.
 - Anoniem -
 

________________________


Die beste wat gedoen kan word,
is om die beste te doen.
- Manfred Hinrich -
 

________________________


Onnodige sorge
maak dat klein dingetjies
groot skaduwees produseer.
- Willy Mauer -
 

________________________


Ondervinding bring die waarheid na vore.
 - John Keats (1795 - 1821) -
 

________________________


Wie klein dinge doen
asof dit iets groots is,
aan hulle skenk God die genade
om groot dinge te doen
asof dit iets kleins is.
 - Johannes Theodor Rudolf Kögel (1829 - 1896) -
 

________________________


Die werklike oordeel
veroordeel minder
as 'n vooroordeel.
 - Peter Sirius (1858 - 1913) -
 

________________________


Goeie raad word nie altyd verwelkom nie;
en hulle wat dit die meeste nodig het,
is die eerste om dit te verwerp.
 - Lord Chesterfield (1694 - 1773) -

________________________


'n Mens se lewe bereik eers sy volle waarde
wanneer die mens sy verantwoordelikheid besef.
 - Fanny Lewald (1811 - 1889) -
 

________________________


Dit is merkwaardig dat die mens
wat so van die waarheid probeer wegvlug
die spieël uitgevind het.
 - Christian Friedrich Hebbel (1813 - 1863) -
 

________________________


As jy oor 'n mens wil heers,
dan moet jy net die afgode ontdek
waardeur hy beheers word.
- Duitse spreekwoord -
 

________________________


Ons woorde weerspreek dikwels ons dade.
Daarom, laat jou mond stilbly
en laat jou dade die praatwerk doen.
- Antonius von Padua (1195 - 1231) -
 

________________________


Die Here is goed,
Hy is ‘n toevlug in tyd van nood,
Hy sorg vir dié wat by Hom skuil.
- Nahum 1:7 -
 

________________________


 Elke donker nag
het 'n helder einde.
 

________________________


Om tevrede te wees is nie moeilik nie.
Wat moeilik is, is om tevrede te wil wees.
 - Johann Withof (1725 - 1789) -
 

________________________


Net hulle wat self storms beleef het
kan met gesag daaroor praat.
-  Anoniem -
 

________________________


Die mensheid sal gelukkig wees ...
as alle mense vreugde in hul arbeid vind.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
 

________________________


Vrede kom nie voort uit vergadersale nie,
maar uit die harte van mense.
 -Anoniem -
 

________________________


Die golwe van die see
lig jou eers hoog op na die kruin
voordat dit jou in die diepte verswelg.
 -Johann Jakob Mohr (1824 - 1886) -
 

________________________


Die gewete is die ballas (teëgewig)
wat ons in ewewig hou
op die oseaan van die lewe.
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css