Die vrede van God
is die mens se hoogste goed,
want hierdie vrede
bring vrede met jouself
en vrede met die wêreld.
- Julie Burow (1806 - 1868) -
________________________
Doen jouself ‘n guns
en hou droewige gedagtes ver van jou af;
droefheid
het al die lewe van baie weggeneem;
dit help tog niks.
- Wysheid van Jesus Ben Sirag (190 vC) -
________________________
Vir U, o Here,
het U die mensehart geskape,
en daarom vind dit geen rus
behalwe in U nie.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Wanneer ek aan God dink,
is my hart so vol vrede,
dat die (musiek)note vir my
asof van 'n tolletjie loop.
- Joseph Haydn (Komponis) (1732 - 1809) -
________________________
Verbittering en afguns mislei die denke,
dit verwar die gees
en vertroebel die reinheid
van ons oordeel.
- Petrus Chrysologus (380 - 450 nC) -
________________________
Onheiligheid is erg,
maar skynheiligheid is veel erger.
Skynheiligheid is die sonde van onheiligheid
plus die sonde van bedrog.
- Ds J Overduin -
________________________
Die Christelike boodskap
ken geen grense
of partydigheid nie.
- Daniel T Niles (1908 -1970) -
________________________
Die mense streef na dinge
wat hulle nie nodig het nie
en slaan geen ag
op hulle ware seëninge nie:
dít wat hulle as geskenk ontvang het
en wat hulle met reg hulle eie kan noem.
- Lady Mary Wortley Montagu (1689 - 1762) -
________________________
Die mooiste dinge in die lewe
kan nie gesien of aangeraak word nie,
dit moet met die hart gevoel word.
- Helen Keller (1880 – 1968) -
________________________
Die lewe bestaan uit ‘n
agtereenvolgende ry van lesse
wat jy moet leef
om dit te kan verstaan.
- Helen Keller (1880 – 1968) -
________________________
Daar is geen ware liefde
sonder geregtigheid nie
en geen ware geregtigheid
sonder liefde nie.
- Adolf Kolping (1813 – 1865) -
________________________
Jy kan aanhou om jou kop
teen die muur te stamp,
maar dit is dalk beter
om met jou oë die deur te soek.
- Werner von Siemens (1816 - 1892) -
________________________
“Wat ek uit die laaste paar maande se
vertwyfeling, hulpeloosheid en
verdriet geleer het,
is meer as gedurende
al die tientalle jare
as suksesvolle maatskappybestuurder”.
- Uit: Neukirchener Kalender 2012 -
________________________
Persoonlike krisisse
wat bemeester is,
is ‘n ervaring-skat
wat nie met waarde
gemeet kan word nie.
- Dieter Uecker -
________________________
Die eer verbied dikwels
wat deur die wet toegelaat word.
- Lucius Annaeus Seneca (4 vC - 65 nC) -
________________________
Niemand is harder as hulle
wat sagmoedigheid veins nie.
- Luc de Clapiers Vauvenargues (1715 – 1747) -
________________________
As ek slegs één gebroke hart kon troos,
één lewe se seer en pyn kon verlig,
of één mossie kon terughelp na sy nessie,
sou my lewe nie nutteloos wees nie.
- Emily Dickinson (1830 – 1886) -
________________________
Die meeste vrees verdwyn
wanneer ons dinge begin verstaan.
- Marie Curie (1867 – 1934) -
________________________
Ons uiteindelike doel is die geluksaligheid,
maar die enigste middel
om hierdie doel te bereik
is geloof, deugsaamheid en geestelike groei.
- Gottfried Wilhelm Freiherr von Leibniz (1646 - 1716) -
________________________
Ons leer uit die geskiedenis
dat ons nie uit die geskiedenis leer nie.
- Georg Hegel (1770 – 1831) -
________________________
Groot dinge kom tot stand
deur volharding,
eerder as deur krag.
- Samuel Johnson (1709 - 1784) -
________________________
Baie mense sou graag
'n eenvoudige lewe wou lei,
as die weg daarheen
net nie so moeilik was nie.
- Justus Jonas (1493 - 1555) -
________________________
Die gelowige se aardse bestaan
is slegs die eerste paar moeilike treë
van ‘n onbegryplike en wonderlike lewe.
- Van 'n geskrif uit die 16de eeu -
________________________
Waar jy in stilte met God verkeer,
is daar geen onrus, nog verwarring.
- Franciscus van Assisi (1182 - 1226) -
________________________
Die meeste ellende ontstaan
uit die druk
wat mense op mekaar uitoefen.
- G. van Benthem van den Berg -
________________________
Alle paaie gaan voor my oop,
want ek wandel in nederigheid.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
________________________
Gelukkig is hulle wat weet
dat dissipelskap 'n lewe beteken wat
uit genade geleef word
en dat genade, dissipelskap beteken.
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) -
________________________
Die liefde heers nie,
maar dit vorm,
en dít sê meer.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) -
________________________
Ek glo,
sodat ek kan verstaan.
- Anselm van Canterbury (1033 - 1109) -
________________________
Geloof is die geloof in die onsigbare.
Kennis is die geloof in die sigbare.
- Oswald Spengler (1880 - 1936) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css