Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Die hoop
verwarm ons lewens
en verskaf aan ons lig.
 - François de La Rochefoucauld (1613 - 1680) -
 

________________________


Solank die moed nie gebreek is nie,
bly die liggaam ook sterk.
 - Martin Luther (1483 - 1546) -
 

________________________


Ek sal op die stadsmuur staan en op my pos bly.
Ek sal wag om te sien wat die Here gaan sê
en hoe Hy op my klagte gaan antwoord.
- Habakuk 2:1. Die Lewende Bybel -
 

________________________


Swaarkry kweek volharding,
en volharding kweek egtheid van geloof,
en egtheid van geloof kweek hoop;
en dié hoop beskaam nie.
- Romeine 5:3-5 -

 

________________________


Wie die hoop begrawe,
begrawe daarmee ook die toekoms.
 - Prof Gerhard Uhlenbruck (Duitse bioloog) -
 

________________________


'n Mens wat ly voordat dit nodig is,
ly meer as wat nodig is.
 - Lucius Annaeus Seneca (4 vC - 65 nC) -
 

________________________


Dink ons ooit by 'n helder hemel aan 'n storm
en in die storm aan die Stuurman?
 - Gregor von Nazianz (320 - 390 nC) -
 

________________________


Kyk watter groot liefde
die Vader aan ons bewys het:
Hy noem ons kinders van God,
en ons is dit ook.
- 1 Johannes 3:1 -

 

________________________


Die oog van die Christen is gerig op die toekoms -
'n toekoms wat onwankelbaar gevestig is
in die Persoon van ons Here Jesus Christus.
 - Ralph Heynen (Art of Christian Living) -
 

________________________


Al God se mense is gewone mense
wat uitsonderlik gemaak is
deur Sy plan met hulle.
- Oswald Chambers (1874 - 1917) -
 

________________________


Vertrou op die HERE vir ewig,
want die HERE HERE is 'n ewige rots.
- Jesaja 26:4 OAV -
 

________________________


Die dood skei nie, maar dit verenig,
dit is die aardse lewe
wat ons geweldadig van mekaar skei.
 - Heinrich Heine (1797 - 1856) -
 

________________________


Ongelowiges sien die dood
waar die LEWE is.
- Julius Langbehn (1851 – 1907) -
 

________________________


Geregtigheid is
gehoorsaamheid aan God se wet,
die nakoming van jou plig
en getrouheid aan jou gewete.
 - J.P Hopps -
 

________________________


Baie keer is dit die blindheid van ander
wat vir ons die oë oopmaak.
 - Ernst Ferstl (Oostenrykse digter) -
 

________________________


Jy moet nie net 'n leermeester nie,
maar ook 'n getuie van die waarheid wees.
 - Carl Hilty (1831 - 1909) -
 

________________________


Ek het gesê:
“Dít is my lewe, Here,
om u woord te gehoorsaam.”
 - Psalm 119:57 -
 

________________________


Die Christen moet nie net
met die mond God loof nie,
sy hele lewe moet ‘n halleluja wees.
- Augustinus (354 - 430 nC) -
 

________________________


Mense neem dit baie sleg op,
as hulle geen uitnodiging ontvang het nie.
 - Oscar Wilde (1854 - 1900) -
 

________________________


Liefde is die stroom van geluksaligheid
waarlangs die blomme van ons lewe bloei.
 - Ernst von Wildenbruch (1845 - 1909) -
 

________________________


Werklike liefde is dít:
nie die liefde wat ons vir God het nie,
maar die liefde wat Hy aan ons bewys het
deur sy Seun te stuur
as versoening vir ons sondes.
- 1 Johannes 4:10 -
 

________________________


Moenie jou verlede verag nie,
en moenie jou toekoms minag nie,
want dis die weg van God met jou lewe.
 

________________________


Lyding is die vuurproef van die gees.
- Barones Marie von Ebner-Eschenbach (1830 - 1916)-

________________________


Om moed te verloor
is om alles te verloor.
- Ou Duitse spreekwoord -
 

________________________


Dit is nie moeilik om
die waarheid te vind nie.
Die moeilikste is:
wanneer jy dit moet verloën.
  - Rahel Varnhagen (1771 – 1833) -
 

________________________


Die kern van Christenskap is
’n lojale toewyding aan jou roeping
en ’n onbaatsugtige opoffering vir ander.
 - Friedrich Martin von Bodenstedt (1819 - 1892) -
 

________________________


Geloof weet nooit waarheen hy gelei word nie,
maar hy ken dié Een wat hom lei.
- Oswald Chambers (1874-1917) -
 

________________________


Verheug jou,
want God het jou só in sy hand,
dat jy nie nodig het
om op jou eie sekerheid staat te maak nie.
 - Hildegard von Bingen (1098 - 1179) -
 

________________________


Die vraag is nooit wat mense sê nie,
maar wat God oor die saak dink.
- Bennie Mostert -
 

________________________


Wees goed vir alle mense,
want elkeen wat jy teëkom
veg sy eie harde stryd.
- Harry Thompson -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css