Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem,
sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.
- 2 Korintiërs 12:9 -
________________________
Ek wil nie slegs 'n geloof besit nie;
ek wil 'n geloof hê wat my besit.
- Charles Kingsley (1819 - 1875)-
________________________
Die eieliefde is die motief vir baie van ons handelinge,
maar daar is ook 'n eieliefde van hoër, edeler aard
en dit is die verlange
dat iets anders in ons werk as onsself.
- Johann Jakob Mohr (1824 - 1886) -
________________________
Ons moet onthou dat ons almal
net ballinge in hierdie wêreld is
en dat ons ballingskap
enige dag beëindig kan word.
- Leo Tolstoy (1828 – 1910) -
________________________
Die aarde is nie ons laaste tuiste nie;
ons is geskep vir iets wat veel beter is.
- Rick Warren (Die doelgerigte lewe) -
________________________
Jy is nie op die aarde geplaas
om onthou te word nie.
Jy is hier geplaas
om vir die ewigheid voor te berei.
- Rick Warren (Die doelgerigte lewe) -
________________________
Krag wat nie tot uiting kom nie
is geen krag nie.
- Paul von Heyse (1830 - 1914) -
________________________
God het nooit bedoel dat die mens
'n blote rat in 'n masjien moet wees nie!
- Prof HDA du Toit -
________________________
Wysheid maak ’n mens vriendelik,
dit verander ’n strak gesig.
- Prediker 8:1 -
________________________
Almal wil die wêreld verander,
maar niemand het ooit daaraan gedink
om homself te verander nie.
- Leo Tolstoy (1828 - 1910) -
________________________
Sorg jy maar net vir die oomblik
en God sal vir die toekoms sorg.
- Christoph Martin Wieland (1733 – 1813) -
________________________
Jou grootste toets is wanneer jy
vir iemand anders tot seën kan wees
terwyl jy self deur 'n storm geteister word.
- Onbekend -
________________________
Egtheid van geloof kweek hoop;
en dié hoop beskaam nie,
want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees
wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:4-5 -
________________________
Sonder gebed kan die siel
nie gevoed word nie.
- Franziska Schervier (1819 – 1876)-
________________________
Mag God my teen myself beskerm.
- Michel de Montaigne (1533 - 1592) -
________________________
Daar is geen groter skuld,
as die dank wat wegbly nie.
- Marcus Tullius Cicero (106 - 43 vC) -
________________________
Angs verlam diegene,
wat hulle laat verlam.
- Manfred Hinrich -
________________________
As jy bemoediging nodig het,
kyk dan na die Bybelse beloftes.
- John Bunyan (1628 – 1688) -
________________________
Die Heilige Gees is die waarborg
van die erfenis wat ons sal ontvang.
- volgens Efesiërs 1:14 -
________________________
Om te dwaal is menslik,
maar kan lei tot die dood.
-Manfred Hinrich -
________________________
Om te dien beteken nie
om 'n slaaf te wees nie,
maar om lief te hê.
- Anoniem -
________________________
Ons weet wat ons moet weet,
wanneer ons dit wil weet.
- Martin Reisenberg -
________________________
Net 'n vreemdeling,
sê jy met reg,
is die mens op aarde.
Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
________________________
Ware vrede kry jy alleen by God,
want God is vrede.
- Nikolaus von Flüe (1417 - 1487) -
________________________
Ek wil U, Here, loof,
want U stut my met u krag,
en U het u Heilige Gees op my uitgestort,
sodat ek nie wankel nie.
- Psalm uit Qumram -
________________________
God skaam Hom nie
om die gelowiges se God te wees nie,
of om saam met jou in die straat te loop nie.
Skaam jy jou om
saam met Hom in die straat te loop?
- Murray Janson -
________________________
Geregtigheid is die fondament
van eer.
- Adolf Kolping (1813 - 1865) -
________________________
Duisende woude het hul oorsprong
by 'n enkele akker(pit)
- Ralph Waldo Emerson (1803 – 1882) -
________________________
Ons sal eers die wêreld verstaan
wanneer ons onsself verstaan.
- Novalis (1772 - 1801) -
________________________
Dit is 'n seën om jonk te sterf,
- op 'n hoë ouderdom.
- Wilhelm Busch (1832 – 1908) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css