Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Ek is net vry
as ek in ooreenstemming,
en in harmonie,
met my oorsprong leef,
naamlik God.
 - Helmut Thielicke (1908 – 1986) -
 

________________________


As die laaste uur reeds aan jou behoort,
waarom sal jy die volgende minuut vrees?
- Helmut Thielicke (1908 – 1986) -
 

________________________


Ek is die eerste en die laaste
en die lewende;
en Ek was dood en kyk,
Ek leef tot in alle ewigheid. Amen.
En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
 - Openbaring 1:17-18 OAV -
 

________________________


Vertroue bring stilte in chaos.
- Andrea Gerlach -
 

________________________


Die Heilige Gees skenk Sy krag aan ons
op daardie oomblik
wat ons 'n stap in die geloof neem.
- Onbekend -
 

________________________


Dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle loop en raak nie afgemat nie.
 - Jesaja 40:31 -
 

________________________


Is ek werklik wat ander van my sê?
Of is ek net dit, wat ekself van my weet?
Onrustig, verlangend, siek soos 'n voël in 'n kou.....
te moeg en leeg om te bid, om te dink, om te skep?

Wie is ek? Dié of daardie? ....
Is ek albei tegelyk? Voor mense 'n huigelaar
en vir myself 'n veragtelike, klaerige swakkeling?
Wie is ek? Die eensame vrae dryf met my die spot.
Wie ek ook is, U ken my, ek behoort aan U, o God!
- Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945) –
 

________________________


Alhoewel ek verseker weet wie ek nie is nie,
weet ek nog nie wie ek is nie.
    - Anoniem -
 

________________________


Vrede in jou hart
kan nie deur jouself
in stand gehou word nie.
Dit kom van God.
- William Barclay (1907 – 1978) -
 

________________________


Jou grootste uitdaging is om te groei na wie jy werklik is,
soos God dit vir jou bestem het.
Moenie die risiko loop om te probeer word
wat jy nie is nie.
- Anoniem -
 

________________________


Woede is soos suur.
Dit vreet die houer waarin dit is van binnekant af.
 - Peter Hohl (Duitse joernalis) -
 

________________________


Elke gebeurtenis is 'n geskenk
en in elke ervaring skuil 'n verborge skat.
 - Neal D. Walsch -
 

________________________


Die lig van die geloof maak my sterk, standvastig en volhardend.
Die lig van die geloof gee vir my hoop,
daarom word ek nie swak op my lewensweg nie.
- Katharina van Siena (1347 - 1380) -
 

________________________


Die mens wat probeer om ander te verbeter
verspil tyd
as hy nie by homself begin nie
 - Ignatius van Loyola (1491 – 1556) -
 

________________________


Laat jou program vir elke dag vir jou vreugde inhou,
omdat jy eerste dinge eerste stel.
- CS Lewis (1898- 1963) -
 

________________________


Wees voor in die ry om te dien,
nie om te heers nie.
- Bernhard von Clairvaux (1091 - 1153) -
 

________________________


Om 'n Christen te wees
is nie om die sonde te probeer vermy nie
maar om moedig en aktief God se wil te doen.
 - Dietrich Bonhoeffer (1906 - 1945) -
 

________________________


Om oor die verlede te treur beteken
om agter die wind aan te hardloop
- Russiese spreekwoord -
 

________________________


Alle wysheid begin by die agting vir wysheid.
- Alexandr Iwanowitsch Jakolew (1812 – 1970) -
 

________________________


Wat jy met geloof en moed begin
sal jy met God se hulp voltooi.
- Christoph Martin Wieland (1733 – 1813) -
 

________________________


Gelowiges moet elke dag in 'n intieme gehoorsame
verhouding met die Gees leef.
Alleen so sal hulle Hom duidelik kan hoor
en getrou kan volg.
Hierdie intieme verhouding is die fontein van krag
in die lewe van die gelowige.
- Uit: Die Bybel in 40 dae deur Jan van der Watt -
 

________________________


Een geskenk het God vir jou gegee
en niemand mag dit van jou wegvat nie:
jou lewe.
God het hierdie lewe van jou in jou hande gesit en gesê:
“Leef dit”.
Dit is jou verantwoordelikheid en niemand anders s'n nie.
Sorg dat jy dit goed gebruik.
- Uit: Die Bybel in 40 dae deur Jan van der Watt -
 

________________________


Wat die mens die meeste verswak
is die angs om sy krag te verloor.
- Etty Hillesum (1914 – 1943) -
 

________________________


Hy sal heerlik rus
wie se hart hom nie veroordeel nie.
- Thomas Á Kempis (1380-1471) -
 

________________________


Waarom luister jy met meer aandag
na die lawaai van die wêreld
as na die stilte van jou siel?
 - Nella van Weigeren -
 

________________________


Hou jou ore oop vir die wysheid,
span jou in om te verstaan.
Roep insig by, vra na gesonde begrip.
Soek dit soos jy silwer sou soek,
spoor dit op soos 'n verborge skat.
Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,
sal jy ontdek wat dit is om God te ken.
Dit is die Here wat die wysheid gee,
uit sy mond kom die kennis en die insig.
- Spreuke 2:2-6 NAV -
 

________________________


Loof die Here want Hy is goed.
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Hy gee voedsel aan al wat lewe
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
Loof die Here van die hemel!
Aan sy liefde is daar geen einde nie.
 - Uit Psalm 136 NAV -

________________________


Wie die Here dien,
het daarin 'n bron van lewe;
dit laat jou die strikke van die dood ontkom
- Spreuke 14:27 NAV -
 

________________________


'n Mens sonder doel
is soos 'n skip sonder sy roer.
- Thomas Carlyle (1795 – 1881) -
 

________________________


Hy (Jesus) skenk ons:
Waarheid om ons te leer,
Sagmoedigheid om ons te bevry,
Geregtigheid om vir ons vrede te gee.
- Augustinus van Hippo (354 - 430 nC) -

 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css