Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Alles is deur Hom en vir Hom geskep.
Voor alles was Hy al daar,
en deur Hom bly alles in stand.
Hy is die hoof van die liggaam, van die kerk.
Hy is die oorsprong daarvan,
Hy is die Eerste,
die Een wat uit die dood opgestaan het,
sodat Hy die eerste plek in die heelal inneem.
God het besluit
om met sy volle wese in Hom te woon
en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
- Kolossense 1:16-29 -

 

________________________


Leef met die lig,
dan sal jou lewe
al die skitterende kleure
van die reënboog weerkaats
- Irina Rauthmann -
 

________________________


Ek wil nie die geluk ontbeer
van my geloof in die hiernamaals nie.
Ja, ek wil saam met Lorenzo de Medici sê
dat dié wat geen hoop op 'n ander lewe het nie
vir hierdie lewe reeds dood is.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1832) –
 

________________________


Mense verstaan nie die lewe nie en is bang vir die dood.
As die lewe goed is, dan is die dood,
wat 'n noodsaaklike voorwaarde vir die lewe is, ook goed.
- Leo Tolstoy (1828-1910) -

 

________________________


Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees;
ons moet geloof en liefde as borsharnas dra
en die hoop op verlossing as helm.
God het ons tog nie bestem om gestraf te word nie,
maar om deur ons Here Jesus Christus verlos te word.
- 1 Tessalonisense 5:8-9 -
 

________________________


Die water wat Ek hom sal gee,
sal in hom 'n fontein wees met water
wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.
- Johannes 4:14 -
 

________________________


Kyk, Ek kom gou!
Hou vas wat jy het,
sodat niemand jou kroon kan neem nie.
- Openbaring 3:11 -

 

________________________


In daardie tyd sal daar so 'n groot verdrukking wees
soos daar van die begin van die wêreld af nie was nie
en ook nie weer sal wees nie.
En as dit nie was dat God daardie tyd ingekort het nie,
sou geen mens dit oorleef nie;
maar ter wille van die uitverkorenes
sal God daardie tyd inkort.
As iemand in daardie tyd vir julle sê:
‘Kyk, hier is die Christus!’ of: ‘Kyk, daar is Hy!’
moet julle dit nie glo nie.
Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom,
en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om,
as dit moontlik was,
selfs die uitverkorenes te mislei.
Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê.
- Matteus 24:21-25 -

 

________________________


“Dit verseker Ek julle:
Wie in My glo, het die ewige lewe.
Ek is die brood wat lewe gee.”
- Johannes 6:47-48 -
 

________________________


Want ons is die tempel van die lewende God
 – soos God gesê het:
“Ek sal onder hulle woon
en saam met hulle wandel;
Ek sal hulle God wees,
en hulle sal my volk wees.”
2 Korintiërs 6:16 (2020 vertaling)-
 

________________________


Die hele inhoud van U woord is waarheid,
en al U regverdige verordeninge is tot in ewigheid.
- Psalm 119:160 (53-vertaling) -

 

________________________


Laat ons bly wees en juig
en aan Hom die eer gee,
want die bruilof van die Lam het aangebreek,
en sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.
- Openbaring 19:7 -
 

________________________


En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby,
maar wie die wil van God doen,
bly ewig lewe.
- 1 Johannes 2:17 -
 

________________________


Ja, dié wat met die dinge van die wêreld te doen het,
moet leef asof hulle daar niks aan het nie,
want hierdie wêreld soos ons hom ken,
is aan die verbygaan.
- 1 Korintiërs 7:31 -

 

________________________


Ons weet dat wanneer ons aardse tentwoning
afgebreek word,
ons 'n gebou het wat van God kom,
'n ewige woning in die hemele.
wat nie met hande gemaak is nie.
- 2 Korintiërs 5:1 (2020 vertaling) -
 

________________________


Omdat julle aan die boodskap van my
volharding in lyding vasgehou het,
sal Ek julle ook vashou
in die tyd van beproewing wat oor
die hele wêreld gaan kom
om die bewoners van die aarde
op die proef te stel.
Ek kom gou.
Hou vas wat julle het,
sodat niemand julle kroon wegvat nie.
- Openbaring 3:10-11 -
 

________________________


Wanneer ons opsetlik bly sondig
nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het,
is daar geen offer meer
wat ons sondes kan wegneem nie.
Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor
van oordeel en 'n gloeiende vuur
wat die teenstanders van God sal verteer.
- Hebreërs 10:26-27 -
 

________________________


Wie het wat nou gebeur, lankal aangekondig?
Wie het al vantevore gesê dit sal gebeur?
Is dit nie Ek, die Here, nie?
Daar is buiten My geen God nie;
net Ek is 'n God wat regverdig is en red.
Kom na My toe dat julle gered kan word,
almal op die aarde,
want Ek is God, daar is geen ander nie.
- Jesaja 45:21-22  -
 

________________________


Riviere het gedruis, Here,
riviere het gedruis,
riviere het gedreun,
maar hoog bo die geraas van baie waters,
hoog bo die golwe van die see,
troon die Here in sy koninklike mag.
- Psalm 93:3-4 -
 

________________________


Jesus het vir hom gesê:
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Niemand kom na die Vader toe
behalwe deur My nie.”
“Ek is die ingang; as iemand deur My ingaan,
sal hy gered word.
Hy sal in en uit gaan en weiding kry.”
- Johannes 14:6 en 10:9 -
 

________________________


Die HERE is goed,
‘n toevlug in die dag van benoudheid,
en Hy ken die wat by Hom skuil.
- Nahum 1:7 -
 

________________________


Daarom moet julle ook gereed wees,
want die Seun van die mens kom
op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.
- Matteus 24:44 -
 

________________________


Dié wat rein van hart is,
en net hulle,
vestig hulle oë op die Lewende God
en sy openbaringe.
- Joseph Ignaz Philipp von Hessen-Darmstadt (1699 – 1768) -
 

________________________


Die mense sal beswyk van vrees en spanning
oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is,
want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.
.........
As hierdie dinge begin gebeur,
staan dan regop en lig julle kop op,
want dan is julle verlossing naby.
- Lukas 21:26,28 -

 

________________________


Leef in verwagting dat die dag van God kom
en beywer julle daarvoor,
die dag waarop die hemel in vlamme sal vergaan
en die hemelliggame sal brand en wegsmelt.
Maar ons leef in die verwagting
van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde
wat God belowe het
en waar die wil van God sal heers.
- 2 Petrus 3:12-14 -

 

________________________


Wie wysheid het, sal op hierdie woorde ag slaan.
Wie verstandig is, sal dit ter harte neem,
want wat die Here doen, is reg.
Die regverdiges lewe daarvolgens,
en die opstandiges kom daardeur tot 'n val.
- Hosea 14:10 -

 

________________________


Die HERE regeer vir ewig;
Hy vestig sy troon vir die regspraak.
Hy oordeel die wêreld
in geregtigheid.
- Psalm 9:8-9 (2020 vertaling) -

 

________________________


As die hele wêreld na die afgrond hardloop,
lyk dit asof hy
wat in die teenoorgestelde rigting hardloop,
sy verstand verloor het.
- C S Lewis (1898 – 1963) -
 

________________________


Enigeen wat 'n kind van God is,
kan die sondige wêreld oorwin.
En die oorwinning wat ons
oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.
Wie anders is dit wat die wêreld oorwin
as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?
- 1 Johannes 5:4-5 -
 

________________________


So dra elke goeie boom goeie vrugte;
maar ‘n slegte boom dra slegte vrugte.
‘n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie,
en ‘n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie,
word uitgekap en in die vuur gegooi.
So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.
- Matteus 7:17-20 -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css