U woord is die lamp wat my die weg wys,
die lig op my pad.
- Psalm 119:105 NAV -
________________________
Maar in al hierdie dinge
is ons meer as oorwinnaars
deur Hom wat ons liefgehad het.
Want ek is versekerd dat
geen dood of lewe of engele
of owerhede of magte
of teenwoordige of toekomende dinge
of hoogte of diepte
of enige ander skepsel
ons sal kan skei van die liefde van God
wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
- Romeine 8:37-39 OAV -
________________________
Daarom is jy, o mens wat oordeel,
wie jy ook mag wees,
sonder verontskuldiging;
want waarin jy ‘n ander oordeel,
veroordeel jy jouself.
- Romeine 2:1 OAV -
________________________
Wat God doen, is groot en ondeurgrondelik,
wonder op wonder.
Dit is Hy wat reën op die aarde gee,
wat water oor die veld uitgiet.
Dit is Hy wat die vertraptes weer optel,
wat uitkoms gee aan dié wat ly.
Dit is Hy wat die planne van slinkse mense verydel
sodat hulle niks blywends tot stand bring nie.
- Job 5:9-12 NAV -
________________________
Dit gaan goed met die volk
wat kan jubel tot U eer,
wat in U lig lewe, Here.
- Psalm 89:16 NAV -
________________________
As die lewensstorms jou wil oorweldig,
hou jou oë gevestig op Christus,
want Hy is
“die Leidsman en Voleinder van die geloof” (Heb 12:2)
________________________
Ek het in my hart gesê:
Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel,
want dáár is ‘n tyd vir elke saak en vir elke werk.
- Prediker 3:17 OAV -
________________________
Waagmoed is om tydelik die grond
onder jou voete te verloor.
Om nie moed aan die dag te lê nie
is om jouself te verloor.
- S. Kierkegaard (1813 – 1855) -
________________________
Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede
en aan hulle sondes en hulle oortredinge
nooit meer dink nie.
- Hebreërs 8:12 OAV -
________________________
Laat ons ook elke las aflê
en die sonde wat ons so maklik omring,
en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,
die oog gevestig op Jesus,
die Leidsman en Voleinder van die geloof.
- Hebreërs 12:1-2 OAV -
________________________
Net by God vind ek rus,
want op Hom vertrou ek.
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting,
sodat ek stewig staan
– Psalm 62:6 en 7 NAV -
________________________
Jy kan alleen ewige vrede vind
deur Hom te volg wat ewig is.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Geloof bring vir ons antwoorde op die vrae
waarvoor die intellek geen oplossings het nie.
- Leo Tolstoy (1828 - 1910) -
________________________
Ons dink nie soos ons hoor nie,
ons hoor soos ons dink.
- Dr Manfred Hinrich -
________________________
Here, by U is geborgenheid,
rus, vreugde en vrede.
- Franciscus van Assisi (1182 - 1226) -
________________________
So sê die Here:
Staan by die kruispaaie en kyk,
en vra na die ou paaie.
Vra watter pad die beste is en loop dit,
dan sal julle rus vind.
- Jeremia 6:16 -
________________________
Die Here bepaal 'n mens se koers;
hoe sal 'n méns weet
waarheen hy moet gaan?
- Spreuke 20:24 -
________________________
Jy sal hier op aarde nooit
volle bevrediging vind nie
omdat jy vir baie meer bestem is.
- Rick Warren -
________________________
Die koning word aan sy kudde geken.
Soos die koning is, so is ook die kudde.
- Uit Duitsland -
________________________
Jou lewensdoel is in jou hart gegraveer!
Gaan nou heen en volg die aanwysings!
- Irina Rauthmann -
________________________
Wanneer God se woord vir mense oopgaan,
bring dit lig;
dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
- Psalm 119: 130 -
________________________
Die mond is die sterkste wapen
wat die swakkes besit.
- Peter Huhn -
________________________
Dié wat my Vader vir My gegee het,
is die belangrikste van almal,
en niemand kan hulle
uit die hand van die Vader ruk nie.
- Johannes 10:29 -
________________________
Elke versoening is 'n oorwinning -
ten minste oor jouself.
- Stefan Fleischer -
________________________
Dit is dikwels in
buitengewoon moeilike situasies
dat die mens die geleentheid kry
om bo alles uit te styg.
- Victor Frankl (1905 - 1997) -
________________________
Ek is net vry
as ek in ooreenstemming,
en in harmonie,
met my oorsprong leef,
naamlik God.
- Helmut Thielicke (1908 – 1986) -
________________________
As die laaste uur reeds aan jou behoort,
waarom sal jy die volgende minuut vrees?
- Helmut Thielicke (1908 – 1986) -
________________________
Ek is die eerste en die laaste
en die lewende;
en Ek was dood en kyk,
Ek leef tot in alle ewigheid. Amen.
En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
- Openbaring 1:17-18 OAV -
________________________
Vertroue bring stilte in chaos.
- Andrea Gerlach -
________________________
Die Heilige Gees skenk Sy krag aan ons
op daardie oomblik
wat ons 'n stap in die geloof neem.
- Onbekend -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css