Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Soos wat ons die bitterheid
in ons siele voor God uitstort,
stort Hy sy vrede in.
- FB Meyer (1847 – 1929) -
 

________________________


'n Mens word gemeet aan wat hy is -
nie aan wat hy het nie.
Jy kan 'n verdorde siel vind
in die middel van 'n groot fortuin;
en 'n edele siel
in die versengendste armoede
- JR Miller (1840 – 1912) -
 

________________________


Die mens moet iemand dien,
want as jy nie onder een meester is nie,
is jy onder 'n ander.
- JR Miller (1840 – 1912) -
 

________________________


Ek is toe deur die Gees meegevoer
en die engel het my na ’n groot hoë berg toe geneem
en die heilige stad Jerusalem vir my gewys,
wat van God af uit die hemel uit afkom.
- Openbaring 21:10 -
 

________________________


Die Kerk leef
wanneer dit ook buite die kerk leef
 - Walter Ludin -
 

________________________


Julle geloofsvertroue moet julle dus nie prysgee nie:
dit hou groot beloning in.
Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen
en te ontvang wat Hy beloof het.
- Hebreërs 10:35-36 -
 

________________________


As jou wil is volgens God se wil
sal dit wees volgens jou wil.
- CH Spurgeon (1834 – 1892) -
 

________________________


Moenie te gou praat nie,
moenie oorhaastig ’n belofte aan God maak nie,
want Hy is in die hemel en jy op die aarde.
Laat jou woorde daarom min wees.
- Prediker 5:1 -
 

________________________


As dit om my donker begin lyk,
kyk ek terug op al die hulp wat ek van God ontvang het,
wag ek en weet gewis:
daar sal weer redding wees vir my.
- Friedrich von Bodelschwingh (1831 – 1910) -
 

________________________


Daar is 'n atmosfeer rondom elkeen van ons.
Dit kan heilsaam en verfrissend wees,
of dit kan afbrekend en neerdrukkend wees.
Dit mag 'n klein deel van die wêreld
'n aangenamer, beter en veiliger plek maak om in te leef;
of dit kan dit moeilik maak vir dié
wat waardig en gelukkig daarin wil woon.
- J R Miller (1840 -1912) -
 

________________________


Hy gee die vermoeides krag,
Hy versterk dié wat nie meer kan nie.
.... dié wat op die Here vertrou,
kry nuwe krag.
Hulle vlieg met arendsvlerke,
hulle hardloop en word nie moeg nie,
hulle loop en raak nie afgemat nie.
- Jesaja 40:29-31 -

 

________________________


Soos Hy wat julle geroep het, heilig is,
moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.
Daar staan immers geskrywe:
“Wees heilig, want Ek is heilig.”
- 1 Petrus 1:15-16 -
 

________________________


Die rustige woorde van dié wat wysheid het,
word beter gehoor
as die geskree van een wat heers oor dwase.
- Prediker 9:17 -
 

________________________


Geloof bestyg die trappe wat Liefde gebou het
en kyk deur die vensters wat Hoop oopgemaak het.
- CH Spurgeon (19 Junie 1834 – 31 Januarie 1892) -

 

________________________


Angs neem nie die verdriet van môre weg nie,
maar ontneem die krag van vandag.
 - CH Spurgeon (19 Junie 1834 – 31 Januarie 1892) -
 

________________________


Ek self sal my skape oppas,
en Ek self sal hulle laat lê en rus,
spreek die Here HERE.
Die wat verlore is, sal Ek soek,
en wat weggedryf is, sal Ek terugbring,
en wat gewond is, sal Ek verbind,
en die siekes sal Ek versterk.
- Esegiël 34:15-16 -
 

________________________


Hiervan is ek oortuig:
geen dood of lewe of engele of magte
of teenswoordige of toekomstige dinge
of kragte of hoogte of diepte
of enigiets anders in die skepping
kan ons van die liefde van God skei nie,
die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.
- Romeine 8:38-39-
 

________________________


Die toekoms in Christus lê voor ons,
nie agter ons nie.
Daarom kan Paulus sê:
ek maak my los van wat agter is
en strek my uit na wat voor is.
...sodat ek die hemelse prys kan behaal
waartoe God my geroep het in Christus Jesus.
 

________________________


Baie mense sal gesuiwer, gereinig en gelouter word,
maar die goddeloses sal goddeloos bly.
Nie een van die goddeloses sal verstaan nie,
maar die verstandige leiers sal verstaan.
- Daniël 12:10 -
 

________________________


Moenie kwaad met kwaad vergeld nie.
Wees goedgesind teenoor alle mense.
As dit moontlik is, sover dit van julle afhang,
leef in vrede met alle mense.
Moenie self wraak neem nie, geliefdes,
maar laat dit oor aan die oordeel van God.
Daar staan immers geskrywe:
“Dit is mý reg om te straf;
Ék sal vergeld,” sê die Here.
- Romeine 12:17-19 NAV -
 

________________________


Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe.
Die onderwysing van die Here is betroubaar:
dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.
- Psalm 19:8 -
 

________________________


Al word ‘n laer teen my opgeslaan,
my hart sal nie vrees nie;
al staan ‘n oorlog teen my op,
nogtans vertrou ek.
 - Psalm 27:3 OAV -
 

________________________


En julle sal die waarheid ken,
en die waarheid sal julle vrymaak.
- Johannes 8:32 -
 

________________________


Geloof is die lig vir die siel,
'n deur vir die lewe,
die fondament vir die ewige heil.
 - Petrus Canisius (1521 – 1597) -
 

________________________


Die pad van die regverdiges
is soos die lig van die môreglans,
wat al helderder word tot die volle dag toe.
- Spreuke 4:18 -
 

________________________


Trouens, dit het vir ons gevoel
asof die doodvonnis klaar oor ons uitgespreek is.
Maar dit het gebeur,
sodat ons nie op onsself sou vertrou nie,
maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.
 - 2 Korintiërs 1:9 -
 

________________________


Ons vreugde, ons vrede, ons rus,
die einde van al ons laste,
is net by God.
Gelukkig is dié wat hul hart tot Hom wend!
 - Augustinus (354-430) -
 

________________________


En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê:
Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies,
en doop hulle in die Naam van die Vader
en die Seun en die Heilige Gees;
en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
En kyk, Ek is met julle al die dae
tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
- Matteus 28:18-20 -
 

________________________


As Middelaar het Hy gesterwe,
maar opgestaan en opgevaar;
daardeur sal ons die hemel erwe,
waar Hy ons pand vir ons bewaar.
Laat ons dan nie vrees nie,
of kleinmoedig wees nie,
Hy, ons Heer, regeer;
loof Hom alle volke.
Hy kom op die wolke -
Hy, ons Koning, weer.
- Gesang 154:2 -
 

________________________


Ons weet dat,
wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is,
afgebreek word,
ons 'n vaste gebou in die hemel het.
Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie,
maar deur God,
en dit bly ewig staan.
- 2 Korintiërs 5:1 -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css