Ongelowiges sien die dood
waar die LEWE is.
- Julius Langbehn (1851 – 1907) -
________________________
Geregtigheid is
gehoorsaamheid aan God se wet,
die nakoming van jou plig
en getrouheid aan jou gewete.
- J.P Hopps -
________________________
Baie keer is dit die blindheid van ander
wat vir ons die oë oopmaak.
- Ernst Ferstl (Oostenrykse digter) -
________________________
Jy moet nie net 'n leermeester nie,
maar ook 'n getuie van die waarheid wees.
- Carl Hilty (1831 - 1909) -
________________________
Ek het gesê:
“Dít is my lewe, Here,
om u woord te gehoorsaam.”
- Psalm 119:57 -
________________________
Die Christen moet nie net
met die mond God loof nie,
sy hele lewe moet ‘n halleluja wees.
- Augustinus (354 - 430 nC) -
________________________
Mense neem dit baie sleg op,
as hulle geen uitnodiging ontvang het nie.
- Oscar Wilde (1854 - 1900) -
________________________
Liefde is die stroom van geluksaligheid
waarlangs die blomme van ons lewe bloei.
- Ernst von Wildenbruch (1845 - 1909) -
________________________
Werklike liefde is dít:
nie die liefde wat ons vir God het nie,
maar die liefde wat Hy aan ons bewys het
deur sy Seun te stuur
as versoening vir ons sondes.
- 1 Johannes 4:10 -
________________________
Moenie jou verlede verag nie,
en moenie jou toekoms minag nie,
want dis die weg van God met jou lewe.
________________________
Lyding is die vuurproef van die gees.
- Barones Marie von Ebner-Eschenbach (1830 - 1916)-
________________________
Om moed te verloor
is om alles te verloor.
- Ou Duitse spreekwoord -
________________________
Dit is nie moeilik om
die waarheid te vind nie.
Die moeilikste is:
wanneer jy dit moet verloën.
- Rahel Varnhagen (1771 – 1833) -
________________________
Die kern van Christenskap is
’n lojale toewyding aan jou roeping
en ’n onbaatsugtige opoffering vir ander.
- Friedrich Martin von Bodenstedt (1819 - 1892) -
________________________
Geloof weet nooit waarheen hy gelei word nie,
maar hy ken dié Een wat hom lei.
- Oswald Chambers (1874-1917) -
________________________
Verheug jou,
want God het jou só in sy hand,
dat jy nie nodig het
om op jou eie sekerheid staat te maak nie.
- Hildegard von Bingen (1098 - 1179) -
________________________
Die vraag is nooit wat mense sê nie,
maar wat God oor die saak dink.
- Bennie Mostert -
________________________
Wees goed vir alle mense,
want elkeen wat jy teëkom
veg sy eie harde stryd.
- Harry Thompson -
________________________
Die vrede van God
is die mens se hoogste goed,
want hierdie vrede
bring vrede met jouself
en vrede met die wêreld.
- Julie Burow (1806 - 1868) -
________________________
Doen jouself ‘n guns
en hou droewige gedagtes ver van jou af;
droefheid
het al die lewe van baie weggeneem;
dit help tog niks.
- Wysheid van Jesus Ben Sirag (190 vC) -
________________________
Vir U, o Here,
het U die mensehart geskape,
en daarom vind dit geen rus
behalwe in U nie.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Wanneer ek aan God dink,
is my hart so vol vrede,
dat die (musiek)note vir my
asof van 'n tolletjie loop.
- Joseph Haydn (Komponis) (1732 - 1809) -
________________________
Verbittering en afguns mislei die denke,
dit verwar die gees
en vertroebel die reinheid
van ons oordeel.
- Petrus Chrysologus (380 - 450 nC) -
________________________
Onheiligheid is erg,
maar skynheiligheid is veel erger.
Skynheiligheid is die sonde van onheiligheid
plus die sonde van bedrog.
- Ds J Overduin -
________________________
Die Christelike boodskap
ken geen grense
of partydigheid nie.
- Daniel T Niles (1908 -1970) -
________________________
Die mense streef na dinge
wat hulle nie nodig het nie
en slaan geen ag
op hulle ware seëninge nie:
dít wat hulle as geskenk ontvang het
en wat hulle met reg hulle eie kan noem.
- Lady Mary Wortley Montagu (1689 - 1762) -
________________________
Die mooiste dinge in die lewe
kan nie gesien of aangeraak word nie,
dit moet met die hart gevoel word.
- Helen Keller (1880 – 1968) -
________________________
Die lewe bestaan uit ‘n
agtereenvolgende ry van lesse
wat jy moet leef
om dit te kan verstaan.
- Helen Keller (1880 – 1968) -
________________________
Daar is geen ware liefde
sonder geregtigheid nie
en geen ware geregtigheid
sonder liefde nie.
- Adolf Kolping (1813 – 1865) -
________________________
Jy kan aanhou om jou kop
teen die muur te stamp,
maar dit is dalk beter
om met jou oë die deur te soek.
- Werner von Siemens (1816 - 1892) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css