Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Wanneer dit rondom ’n mens donker word‚
moet jy stadiger begin beweeg.
- Izak de Villiers -
 

________________________


Perde kan afgerig word vir oorlog,
maar dit is die Here wat die oorwinning gee.
- Spreuke 21:31 -
 

________________________


Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,
vir die mens wat na sy wil vra;
dit is goed om geduldig te wag
op die hulp van die Here.
- Klaagliedere 3:25-26 NAV -
 

________________________


Die uiteinde van die lewe
is kennis van die Waarheid.
 - Thomas Aquinas (1224 – 1274) -
 

________________________


Lojaliteit is aktiewe vertroue.
- Hans-Jürgen Sträter -
 

________________________


As jy volop het, dink aan die maer jare;
as jy in weelde lewe aan 'n benouende tekort.
Tussen die oggend en die aand kan alles verander.
Die verloop van elke dag is in God se hand.
 - Jesus Ben Sirag (190 vC) -

 

________________________


Gehoorsaamheid aan God lei tot die lewe,
dit is 'n pad wat nie na die dood lei nie.
 - Spreuke 12:28 -
 

________________________


Toe my hart aan die gis was
en my niere deurboor,
was ek dom en sonder begrip;
ek was 'n dier teenoor U.
En tog was ek altyd by U;
U het my regterhand vasgehou.
Deur die raad wat U gee, lei U my,
en daarna neem U my eervol weg.
 - Ps 73:21-24 (Direkte vertaling) -
 

________________________


En God sal al die trane van hulle oë afvee,
en daar sal geen dood meer wees nie;
ook droefheid en geween
en moeite sal daar nie meer wees nie,
want die eerste dinge het verbygegaan.
En Hy wat op die troon sit, het gesê:
Kyk, Ek maak alles nuut.
 - Openbaring 21:4-5 -
 

________________________


Dit verseker Ek julle:
Wie luister na wat Ek sê,
en in Hom glo wat My gestuur het,
het die ewige lewe.
Hy word nie veroordeel nie,
maar het reeds uit die dood
na die lewe oorgegaan.
 - Johannes 5:24 NAV -
 

________________________


Hy is ons God
en ons is die volk wat Hy laat wei,
die skape van sy hand.
As julle vandag net na sy stem
wou luister!
 - Psalm 95:7 Direkte vertaling -
 

________________________


Julle is tot vryheid geroep.
Moet net nie julle vryheid misbruik
as 'n verskoning om sonde te doen nie,
maar dien mekaar in liefde.
 - Galasiërs 5:13 NAV -
 

________________________


Loof die HERE, alle nasies,
besing Hom, alle volke,
want magtig oor ons is sy troue liefde,
ja, die trou van die HERE is vir ewig.
Halleluja!
 - Psalm 117 (Direkte vertaling) -
 

________________________


U het vreugde in my hart gegee,
meer as die tyd wanneer koring en mos volop is.
In vrede kan ek gaan lê en aan die slaap raak,
want net U, Here, laat my veilig woon.
- (Ps 4:8-9 Direkte vertaling) -
 

________________________


Die Here bepaal die koers van die mens
met wie se pad Hy tevrede is,
en Hy ondersteun hom.
As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.
- Ps 37:23-24 NAV -
 

________________________


Die vermoë wat ons het om vir ander om te gee,
is dié eienskap
wat die meeste betekenis aan die lewe gee.
 - Pablo Cassals (1876 – 1973) -
 

________________________


Geseënd is dié
wat verby die tydelike droefheid van hierdie wêreld
kan kyk na die ewige heerlikheid wat wag
saam met
ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
 

________________________


Wat sal ons van die liefde van Christus skei?
Swaarkry of benoudheid of vervolging,
honger of naaktheid,
gevaar of swaard?
 - Romeine 8:35 Direkte vertaling -
 

________________________


As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop,
dan is ons die ellendigste van alle mense.
- 1 Korintiërs 15:19 -
 

________________________


Wanneer die Here kom
sal Hy die verborge dinge
van die duisternis aan die lig bring
en die bedoelings van die hart blootlê.
Dan sal elkeen afsonderlik
van God lof ontvang.
 - 1 Korintiërs 4:5 -
 

________________________


En die vrede wat Christus gee,
moet in julle lewens die deurslag gee.
God het julle immers geroep
om as lede van een liggaam
in vrede met mekaar te lewe.
Wees altyd dankbaar.
- Kolossense 3:15 -
 

________________________


Dit is beter om nederig van gees te wees
saam met die ootmoediges
as om buit te verdeel met die trotsaards.
 - Spreuke 16:9 OAV -
 

________________________


Die HERE sal jou gedurigdeur lei
en jou siel versadig in dor plekke
en jou gebeente sterk maak;
en jy sal wees soos ‘n tuin wat goed besproei is
en soos ‘n fontein van waters
waarvan die water nooit teleurstel nie.
- Jesaja 58:11 -
 

________________________


Die verskil tussen
suksesvolle mense en uiters suksesvolle mense
is dat uiters suksesvolle mense
vir bykans alles “nee” sê.
 - Warren Buffett -
 

________________________


Ons weet dat,
wanneer ons aardse woning
wat maar 'n tent is, afgebreek word,
ons 'n vaste gebou in die hemel het.
Dit is 'n woning
wat nie deur mense gemaak is nie,
maar deur God, en dit bly ewig staan.
 - 2 Korintiërs 5:1 -
 

________________________


Jy weet nie hoe swaar die las is
wat jy NIE dra nie.
 - Onbekend -
 

________________________


God wat alle genade gee
en wat julle geroep het
om in Christus Jesus deel te hê
aan sy ewige heerlikheid,
sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het,
self weer oprig en julle moedig,
sterk en standvastig maak.
- 1 Petrus 5:10 -
 

________________________


Wees standvastig, onwankelbaar,
altyd oorvloedig in die werk van die Here,
omdat julle weet
dat julle inspanning in diens van die Here
nie tevergeefs is nie.
- 1 Korintiërs 15:58 -
 

________________________


Ek maak die lig en skep die donker;
Ek gee voorspoed en skep rampspoed.
Ek is die Here,
Ek doen al hierdie dinge.
- Jesaja 45:7 -
 

________________________


Julle is die liggaam van Christus,
en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan.
As een lid ly, ly al die lede saam;
en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
- 1 Korintiërs 12: 27 en 26 -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css