Egtheid van geloof kweek hoop;
en dié hoop beskaam nie,
want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees
wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:4-5 -
________________________
Sonder gebed kan die siel
nie gevoed word nie.
- Franziska Schervier (1819 – 1876)-
________________________
Mag God my teen myself beskerm.
- Michel de Montaigne (1533 - 1592) -
________________________
Daar is geen groter skuld,
as die dank wat wegbly nie.
- Marcus Tullius Cicero (106 - 43 vC) -
________________________
Angs verlam diegene,
wat hulle laat verlam.
- Manfred Hinrich -
________________________
As jy bemoediging nodig het,
kyk dan na die Bybelse beloftes.
- John Bunyan (1628 – 1688) -
________________________
Die Heilige Gees is die waarborg
van die erfenis wat ons sal ontvang.
- volgens Efesiërs 1:14 -
________________________
Om te dwaal is menslik,
maar kan lei tot die dood.
-Manfred Hinrich -
________________________
Om te dien beteken nie
om 'n slaaf te wees nie,
maar om lief te hê.
- Anoniem -
________________________
Ons weet wat ons moet weet,
wanneer ons dit wil weet.
- Martin Reisenberg -
________________________
Net 'n vreemdeling,
sê jy met reg,
is die mens op aarde.
Johann Wolfgang von Goethe (1749 - 1832) -
________________________
Ware vrede kry jy alleen by God,
want God is vrede.
- Nikolaus von Flüe (1417 - 1487) -
________________________
Ek wil U, Here, loof,
want U stut my met u krag,
en U het u Heilige Gees op my uitgestort,
sodat ek nie wankel nie.
- Psalm uit Qumram -
________________________
God skaam Hom nie
om die gelowiges se God te wees nie,
of om saam met jou in die straat te loop nie.
Skaam jy jou om
saam met Hom in die straat te loop?
- Murray Janson -
________________________
Geregtigheid is die fondament
van eer.
- Adolf Kolping (1813 - 1865) -
________________________
Duisende woude het hul oorsprong
by 'n enkele akker(pit)
- Ralph Waldo Emerson (1803 – 1882) -
________________________
Ons sal eers die wêreld verstaan
wanneer ons onsself verstaan.
- Novalis (1772 - 1801) -
________________________
Dit is 'n seën om jonk te sterf,
- op 'n hoë ouderdom.
- Wilhelm Busch (1832 – 1908) -
________________________
Ons bou soms mure in ons koppe
wat veel groter is as die muur van Sjina.
- Hermann Lahm -
________________________
Daar is geen belangriker monument
as die geheue nie.
- Perikles (500 - 429 v.C) -
________________________
Mense wat vrees versprei
is self nie sonder vrees nie.
- Epicurus van Samos (341 - 271 vC) -
________________________
Die rus van God maak alles rustig.
En wie hom in God se rus bevind, rus werklik.
- Bernhard von Clairvaux (1091 - 1153) -
________________________
Rus en roem
is selde goeie vriende.
- Theodor G von Hippel (1741 - 1796) -
________________________
Die edelsteen kom eers tot sy volle waarde
wanneer dit sorgvuldig geslyp is.
Dieselfde geld ook vir die mens.
- Tang Hsiän Dsu (1550 - 1617) -
________________________
Liefde wat alleen om homself draai
sterf 'n langsame dood.
- Peter Rudi -
________________________
Die seën wat swaarkry bring,
word eers duidelik na 'n lang tyd.
- Ralph Waldo Emerson (1803 – 1882)-
________________________
Hoe ouer ek word,
hoe meer ondervind ek
alles is net genade,
sowel die kleine as die grote.
- Theodor Fontane (1819 - 1898) -
________________________
Moenie vra of die Here by ons is nie.
Vra eerder: is ons by die Here?
- Anoniem -
________________________
En julle sal My soek en vind
as julle na My vra
met julle hele hart.
- Jeremia 29:13 -
________________________
Ek het vandag so baie om te doen
dat ek die eerste drie ure
in gebed sal moet deurbring.
- Martin Luther (1483 – 1546) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css