Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Ek het die Here altyddeur voor My gesien,
want Hy is aan my regterhand,
dat Ek nie sou wankel nie.
Daarom is my hart bly en my tong juig,
ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
- Handelinge 2:25-26 (53 vertaling) -
 

________________________


Kleingeloof:
“Ons het in die land gekom waarheen u ons gestuur het.
Dit loop oor van melk en heuning, en hier is van sy vrugte.
Maar die mense wat in die land woon, is sterk,
en die stede is versterk en baie groot.”
 - Numeri 13:27-28 -
 

________________________


Wees sterk, wees vasberade.
Moenie skrik nie, moenie bang wees nie,
want Ek, die Here jou God,
is by jou oral waar jy gaan.
- Josua 1:9 -
 

________________________


Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen;
U dink altyd aan ons;
daar is niemand soos U nie.
Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem.
- Psalm 40:6 -
 

________________________


Kyk, Hy kom met die wolke,
en al die mense sal Hom sien,
ook hulle wat Hom deurboor het;
en al die volke van die aarde
sal oor Hom in selfverwyt weeklaag.
Ja, dit is seker!
 - Openbaring 1:7 -
 

________________________


Ons weet dat,
wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is,
afgebreek word,
ons 'n vaste gebou in die hemel het.
Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie,
maar deur God, en dit bly ewig staan.
- 2 Korintiërs 5:1 -
 

________________________


Dit is nie waar dat die perd die oorwinning gee
en dat sy groot krag redding bring nie.
Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer,
vir dié wat op sy mag vertrou
om hulle van die dood te red
en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Ons vertrou op die Here:
Hy is ons hulp en ons beskermer.
- Psalm 33:17-20 -
 

________________________


Lyding is 'n vinnige voertuig
wat ons na God dra.
- Eckhart von Hochheim (1260 – 1328) -
 

________________________


Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie;
leef daarmee saam,
maak dit 'n deel van jou lewe.
So sal jy guns verwerf
en byval vind by God en mens.
- Spreuke 3:3-4 -
 

________________________


Wanneer hierdie verganklike liggaam
met die onverganklike beklee is,
en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike,
dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word:
“Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.”
“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”
- 1 Korintiërs 15:53-55 -
 

________________________


So het die Here my God,
die Heilige van Israel, gesê:
As julle julle bekeer en tot rus kom,
sal julle gered word.
Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.
- Jesaja 30:15 -
 

________________________


Die Here my God gee vir my krag.
Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok,
op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
- Habakuk 3:19 -
 

________________________


In die goeie wedloop van die geloof
moet jy al jou kragte inspan
en die ewige lewe as prys behaal.
- 1 Timoteus 6:12 -
 

________________________


Moenie bang wees nie,
al is jy niks meer as 'n wurm nie, Jakob,
al is jy klein, Israel.
Ék help jou, sê die Here jou Verlosser,
die Heilige van Israel.
- Jesaja 41:14 (83 vertaling) -
 

________________________


Die ondervinding van die lewe
lei tot kennis van die Waarheid
en hierdie Waarheid maak vry.
-Thomas Aquinas (1224 - 1274) -
 

________________________


As Kersfees die fees van God se liefde is
waarom is Kersfees dan net op Kersfees?
- Engelbert Schinkel -
 

________________________


Dit is die verbond wat Ek met hulle
na daardie dae sal sluit, sê die Here.
Ek sal hulle my wette in die hart gee,
in hulle verstand sal Ek dit skrywe.....
Aan hulle sondes en hulle oortredings
sal Ek nooit meer dink nie.
- Hebreërs 10:16-17 -
 

________________________


Volkome wysheid is die vermoë
om die lewe te sien
soos God dit sien.
- Charles R Swindoll -
 

________________________


Die wyse mens volg God se pad,
die dwase mens sy eie.
- Charles R Swindoll -
 

________________________


Maar wat my aangaan,
dit is vir my goed om naby God te wees;
in die Here HERE het ek my toevlug gestel,
om al u werke te vertel.
 - Psalm 73:28 (1953 vertaling) -
 

________________________


Gehoorsaamheid aan die Here
laat 'n volk sterk staan;
sonde bring skande oor 'n volk.
 - Spreuke 14:34 -
 

________________________


Die genade van God wat verlossing bring,
het immers aan alle mense verskyn.
Dit voed ons op om die goddelose leefwyse
en wêreldse begeerlikhede te laat vaar
en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug
in die teenswoordige wêreld te lewe.
- Titus 2:11-12 -
 

________________________


Duiwel, dood, hel, en wêreld met hul aanhang. . . .
kan sonder die wil van my hemelse Vader
nie die kleinste haar van my hoof skaad nie.
Al neem hulle ook my tydelike lewe ....
help hulle vir my so teen hulle wil die Vaderland in ....
Waar my siel sal rus tot op dié dag dat die liggaam weer sal opstaan,
om met al die uitverkorenes vir ewig te lewe.
Dit is my geloof, troos en vreugde.
- Keurvors Frederik III (1515 – 1576) -
 

________________________


God stuur dikwels in jou grootste pyn;
in die bitterste krampe van jou gekwelde siel,
'n druppel balsem, 'n troos, 'n berusting,
en gee jou daarmee 'n teken dat Hy waghou,
dat Hy sien, dat Hy regeer.
- Philipp Galen (1813 - 1899) -
 

________________________


Wie die Here se juk nie dra nie,
mag homself nie met Sy kruis versier nie.
- Johann Christoph Friedrich von Schiller (1759 – 1805) -
 

________________________


Daarom, verneder julle onder die kragtige hand van God,
sodat Hy julle op die regte tyd kan verhoog.
Werp al julle bekommernisse op Hom,
want Hy gee vir julle om.
- 1 Petrus 5:6-7 (Direkte vertaling)-
 

________________________


En Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie,
hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is;
Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit
en die hobbelagtige plekke gelyktes.
Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.
- Jesaja 42:16 (1953 vertaling) -
 

________________________


Die Here bepaal 'n mens se koers;
hoe sal 'n méns weet waarheen hy moet gaan?
- Spreuke 20:24 -

 

________________________


Jy moet die HERE jou God liefhê:
luister na sy stem
en hou vas aan Hom,
want Hy is jou lewe.
(vgl Deuteronomium 30:20)
 

________________________


Om weg te vlug van jouself is geen uitweg nie,
maar net 'n omweg terug na jouself.
- Dr André Brie -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css