Al is ek afgetakel na liggaam en gees,
God is my sterkte;
aan Hom behoort ek vir altyd.
Dié wat ver van U af is, gaan verlore,
U vernietig dié wat aan U ontrou is.
Maar wat my aangaan,
dit is vir my goed om naby God te wees.
Ek het die Here my God gekies as my toevlug!
Ek sal van al u werke bly vertel.
- Psalm 73:26-28 (83 vertaling) -
________________________
Benut die oomblik, benut die tyd
dink ook aan die ewigheid.
- Uit: An einem Haus in der Oberpfalz -
________________________
Geloof sien en waag op die dag van oorweldigende moeilikhede,
geloof wag geduldig deur die vertraging wat deur ander
se mislukkings veroorsaak word,
geloof handel met moed op die dag van geleentheid.
- Dr Campbell Morgan (1883-1945) -
________________________
“Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet.
En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê,
en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar......
As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem;
en my Vader sal hom liefhê,
en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.”
- Johannes 14:21-23 -
________________________
So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel:
Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil,
wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.
- Jesaja 48:17 -
________________________
Dat ons God opreg liefhet en dien
word duidelik
wanneer ons sowel met ons lewe as in ons dood
sy Naam verheerlik.
- Johannes Calvyn (1509 -1564) -
________________________
Moenie met die wreedaard wandel
sodat jy onheil oor jouself bring nie
want hy sal sy eie sin volg,
maar deur sy dwaasheid sal jy ondergaan.
- Wysheid van Jesus Ben Sirag -
________________________
Moenie op vergiffenis vertrou
om ongeregtigheid by ongeregtigheid
te voeg nie.
- Wysheid van Jesus Ben Sirag -
________________________
As jy 'n man van oordeel is,
moet jy slegs vertrou op God se Woord,
en dit sal jou nie in die steek laat nie.
Oordink jou woorde
volgens dít wat jy geleer het,
en daarna kan jy praat.
- Wysheid van Jesus Ben Sirag -
________________________
'n Regverdige mens is besorg
oor die reg van arm mense,
'n goddelose mens het
nie begrip vir dié besorgdheid nie.
- Spreuke 29:7 -
________________________
As ons beweer dat ons aan Hom deel het,
en ons lewe in die duisternis,
lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is,
het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap
en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde.
- 1 Johannes 1:6-7 -
________________________
Dit gaan goed met die mens
wat nie die raad van goddeloses volg nie,
nie met sondaars omgaan
en met ligsinniges saamspan nie,
maar wat in die woord van die Here
sy vreugde vind,
dit dag en nag oordink.
- Psalm 1:1-2 -
________________________
Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde,
waar mot en roes verniel
en waar diewe inbreek en steel nie;
maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel,
waar geen mot of roes verniel nie
en waar diewe nie inbreek en steel nie.
- Matteus 6:19-20 -
________________________
Toe sê Jesus vir haar:
“Ek is die opstanding en die lewe.
Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook.....”
- Johannes 11:25 -
________________________
Christus moet nie net 'n gas in ons harte wees nie,
maar Hy moet ook die Heer wees.
Laat Hy die beheer oorneem.
- Christian Wegert -
________________________
Hy is nie ver van enigeen van ons af nie,
want deur Hom lewe ons,
beweeg ons en bestaan ons.
- Handelinge 17:27-28 -
________________________
Wat ek is is net genade,
wat ek het is net geleen,
eint'lik smag ek na U waters van rus,
lei my Heer vanaand daarheen.
- Uit: Gebed, van Koos du Plessis -
________________________
Kom na My toe,
almal wat uitgeput en oorlaai is,
en Ek sal julle rus gee.
Neem my juk op julle en leer van My,
want Ek is sagmoedig en nederig van hart,
en julle sal rus kry vir julle gemoed.
My juk is sag en my las is lig.
- Matteus 11:28-30 -
________________________
Dit help jou niks dat Christus opgestaan het
as jy steeds in die sonde en bande van die dood
wil bly lê nie.
- Angelus Silesius (1624 - 1677) -
________________________
En julle sal die waarheid ken,
en die waarheid sal julle vrymaak.
- Johannes 8:32 -
________________________
Die grootste gebod
Die eerste is:
Luister, Israel, die Here ons God is die enigste Here.
Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart en met jou hele siel
en met jou hele verstand en met al jou krag.
Die tweede is:
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Geen ander gebod is groter as dié twee nie.
- Markus 12:30-40 -
________________________
As Christene begin om erns te maak met hul geloof,
sal dit 'n wêreldrevolusie word
soos die wêreld nog nooit gesien het nie.
Dit sal daarna nie werd wees,
om enige ander revolusie te voer nie.
- Dr. George Benjamin Clémenceau (1841 – 1929) -
________________________
Ek loof U omdat ek
'n ontsagwekkende wonderwerk is.
Wonderbaarlik is u werke
en ek besef dit maar alte goed.
- Psalm 139:14 (direkte vertaling) -
________________________
Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,
en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie,
dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
- 1 Korintiërs 2:9 -
________________________
Jy sal nooit volkome gelukkig wees op aarde nie
omdat die aarde nie jou tuiste is nie.
Jy sal wel jou oomblikke van vreugde hê.
Jy sal nou en dan lig sien.
Jy sal oomblikke of selfs dae van vrede geniet.
Maar dit is geen vergelyking
met die geluk wat op jou wag nie.
- Max Lucado -
________________________
Daarom,wees standvastig, onwankelbaar,
altyd oorvloedig in die werk van die Here,
omdat julle weet
dat julle inspanning in diens van die Here
nie tevergeefs is nie.
- 1 Korintiërs 15:58 -
________________________
Ek weet dat ek Iemand naby my het,
Wie ek heelhartig kan vertrou,
en hierdie wete gee vir my vrede en krag.
- Edith Stein (1891 – 1942 in Auschwitz) -
________________________
God is my redder;
Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.
- Jesaja 12:2 -
________________________
Vrede beteken nie om in 'n plek te wees
waar daar geen geraas, stryd of harde werk is nie,
maar om te midde van al sulke dinge
'n stille kalmte in jou hart te kan hê.
________________________
Almal moet teenoor mekaar nederig wees en mekaar help,
want “God weerstaan die hoogmoediges,
maar aan die nederiges gee Hy genade.”
Onderwerp julle daarom in nederigheid
aan die kragtige hand van God,
sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.
- 1 Petrus 5:5-6 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css