Ons moet tyd maak vir nadenke en omgang met God,
want die siel word dun geskuur deur al sy aktiwiteite.
Charles John Vaughan het gesê:
“Menige Christen se onophoudelike bedrywighede
is die graf van sy geestelike lewe”
- Thomas Cook (1808 – 1892) -
________________________
Die oorsprong van die biddeloosheid
lê in 'n lewe wat uit die vlees geleef word
en nie uit die Gees nie.
- Andrew Murray (1828 – 1917) -
________________________
Julle is dus nie meer ver van God af nie,
nie bywoners nie,
maar medeburgers van die gelowiges
en lede van die huisgesin van God.
- Efesiërs 2:19 -
________________________
Loof die HERE, o my siel,
en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!
Loof die HERE, o my siel,
en vergeet geeneen van sy weldade nie!
Wat al jou ongeregtigheid vergewe,
wat al jou krankhede genees,
wat jou lewe verlos van die verderf,
wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,
wat jou siel versadig met die goeie,
sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.
- Psalm 103: 1-5 (53-vertaling) -
________________________
'n Opregte godsdiens (diens aan God)
is nie maar net 'n uiterlike vorm sonder inhoud nie;
is nie maar net lippediens nie,
maar dis hartediens.
- Dr E.P.J Kleynhans -
________________________
Die onoorwinlike krag
van die opgewekte en lewende Jesus
in ons lewe,
moet as 'n onweerstaanbare getuienis
uitgaan na 'n wêreld
wat sonder God en sonder hoop is.
- Dr E.P.J Kleynhans -
________________________
Die lewe is soos 'n damp;
vandag is ons hier, môre is ons weg.
- Joel Osteen -
________________________
U lei my gees weg van hier;
bring wysheid in my lewe
en met die wysheid, vrede.
- Hildegard von Bingen (1098 – 1179) -
________________________
Dink daaraan:
'n Deel van die weg lê agter jou,
die ander stuk het jy nog voor jou.
As jy wil stilstaan,
dan net om jou te versterk,
maar nie om op te gee nie.
- Augustinus Aurelis (354-430 nC) -
________________________
Mense het mekaar verloor
omdat hulle die liefde verloor het.
En hulle het die liefde verloor
omdat hulle God verloor het.
- Phil Bosmans (1922 - 2012) -
________________________
Laat julle ‘ja’ eenvoudig ‘ja’ wees
en julle ‘nee’, ‘nee’.
Wat meer gesê word as dit,
kom van die Bose.
- Matteus 5:37 -
________________________
Die lof kom God toe
wat my gebed nie afgewys
en sy trou nie van my weerhou het nie.
- Psalm 66:20 -
________________________
Maar wie volgens die waarheid leef,
kom na die lig,
sodat sy dade bekend kan word,
dat hulle in God gedoen is.
- Johannes 3:21 (Direkte vertaling) -
________________________
Die koninkryk van die hemel is soos sout.
Dit is onsigbaar in sy werking,
'n mens sien dit nie,
maar 'n mens bespeur dit,
en waar dit in die wêreld is
dáár voorkom dit verrotting.
- Heinrich Lhotzky (1859 - 1930) -
________________________
Die Here is my sterkte en my beskermer,
op Hom het ek vertrou.
Hy het my gehelp.
Daarom is ek bly en wil ek Hom loof met my lied.
Die Here is 'n sterkte vir sy volk,
'n veilige beskutting vir sy gesalfde.
- Psalm 28:7-8 -
________________________
Nasies kan raas en koninkryke wankel,
maar as God sy stem laat hoor, smelt die aarde weg.
Die Here, die Almagtige, is by ons,
die God van Jakob is vir ons 'n beskutting.
- Psalm 46:7-8 -
________________________
As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink!
Met die een wat in My glo,
is dit soos die Skrif sê:
Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.
- Johannes 7:37-38 -
________________________
Met blydskap moet julle die Vader dank
wat julle geskik gemaak het om deel te hê
aan die erfenis wat vir die gelowiges wag
in die ryk van die lig.
- Kolossense 1:12 -
________________________
Deur in Hom te glo,
al sien julle Hom nou nie,
het julle reeds deel aan die saligheid
wat die einddoel van julle geloof is.
En dit vervul julle
met 'n onuitspreeklike en heerlike blydskap.
- 1 Petrus 1:8-9 -
________________________
En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie,
en verborge wat nie bekend sal word nie.
Daarom, alles wat julle in die donker gesê het,
sal in die lig gehoor word;
en wat julle in die oor gepraat het in die binnekamers,
sal op die dakke verkondig word.
- Lukas 12:2-3 -
________________________
Laat julle lewe
steeds deur die Gees van God beheers word,
dan sal julle nooit swig voor begeertes
van julle sondige natuur nie.
- Galasiërs 5:16 -
________________________
Moenie in julle toewyding verslap nie
bly altyd geesdriftig
dien die Here.
- Romeine 12:11 -
________________________
Julle is 'n gebou wat opgerig is
op die fondament van die apostels en die profete,
'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is.
In Hom sluit die hele gebou saam
en verrys dit tot 'n heilige tempel vir die Here,
in wie julle ook saam opgebou word
as 'n geestelike huis waarin God woon.
- Efesiërs 2:20-22 -
________________________
Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het:
Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook.
En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie .
- 1 Johannes 3:1 -
________________________
Ek moet die HERE met hart en siel prys,
met alles in my moet ek sy heilige Naam prys.
Ek moet die HERE prys
en nie een van sy weldade vergeet nie.
Dit is Hy wat al my sondeskuld vergewe,
wat al my siektes genees;
wat my lewe vrykoop van die graf,
my kroon met troue liefde en ontferming.
- Psalm 103:1-4 (Direkte vertaling) -
________________________
En onthou:
Ek is by julle al die dae
tot die voleinding van die wêreld.
- Matteus 28:20 -
________________________
Toe Jesus liggaamlik op die aarde was,
was Hy net op sekere tye en plekke te vinde.
Maar nou in die hemel
is Hy toeganklik vir alle gelowiges,
te alle tye en op alle plekke.
- Dr SJ van der Walt -
________________________
Tog sê Ek vir julle die waarheid:
Dit is tot julle voordeel dat Ek weggaan,
want as Ek nie weggaan nie,
sal die Voorspraak, die Heilige Gees,
nie na julle toe kom nie;
maar as Ek gaan, sal Ek Hom na julle toe stuur.
- Johannes 16:7 -
________________________
En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby,
maar wie die wil van God doen,
bly ewig lewe.
- 1 Johannes 2:17 -
________________________
Ek het alles gemaak
en so het alles ontstaan, sê die Here.
Ek slaan ag op die mens in nood,
op dié een wat berou het oor sy sonde,
wat ontsag het vir my woord.
- Jesaja 66:2 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css