Negatiewe oordele
het in die oë van die meeste mense
'n neiging na waarheid.
- Dr Sigbert Latzel -
________________________
Ek het nie gedoen wat God van my wou hê nie,
dit staan vas.
Inteendeel, ek het altyd gedroom
wat ek van God wou hê .....
- Léon Bloy (1846-1917) (Laaste dagboek) -
________________________
Ek het my berus by die gedagte aan die dood,
want ek is vas oortuig
dat ons gees onvernietigbaar is:
dit bestaan vir ewig en altyd.
Dit is soos die son:
vir ons oë lyk dit of dit ondergaan,
maar dit gaan nie onder nie,
want dit skyn aanhoudend voort.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1832) -
________________________
Die dood versterk die lewe.
- Novalis (1771-1801) -
________________________
Op jou weg deur die wêreld
kan jy nie altyd die wind van agter hê nie.
- Duitse spreekwoord -
________________________
Ons het 'n God van liefde.
Hy leef
en sy troos is vir ons genoeg.
- Johanna Albrecht (1757 – 1840) -
________________________
Ek is die opstanding en die lewe;
wie in My glo, sal lewe
al het hy ook gesterwe.
- Johannes 11:25 -
________________________
Die wyn is op,
die plesier is weg.
Die geld is op,
die vriende weg.
- Romeense spreekwoord -
________________________
Weet jy dit nie?
Of het jy dit nie gehoor nie?
‘n Ewige God is die HERE,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte
vir die wat geen kragte het nie.
- Jesaja 40:28-29 -
________________________
As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere -
hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan,
sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.
Want Ek is die HERE, jou God,
die Heilige van Israel, jou Heiland.
- Jesaja 43:2-3 -
________________________
As jy nader kom om die Here te dien,
berei jouself voor vir die versoeking(s).
Stel jou hart reg en wees sterk
en moenie bevrees wees in die tyd van onheil nie.
Stel jou vertroue in Hom
en Hy sal jou help,
Hoop op Hom,
en Hy sal jou weë reguit maak.
- Uit: Wysheid van Jesus Ben Sirag -
________________________
Wie die grootste vreugde wil ondervind
wat 'n mens op aarde maar kan geniet,
dié vind dit in die teenwoordigheid van God en Jesus Christus.
- Johannes Evangelista Gossner (1773 - 1858) -
________________________
As die menslike lewe sy werklike doel wil dien,
moet hy voortdurend die goedheid
wat hy van God ontvang
deurgee na ander.
- Carl Hilty (1831 – 1909) -
________________________
As julle luister na my teregwysing,
gee ek julle my wysheid in oorvloed
en leer ek julle my woorde begryp.
- Spreuke 1:23 -
________________________
Volharding is wat julle nodig het
om die wil van God te doen
en te ontvang wat Hy beloof het.
“Wie deur My vrygespreek is omdat hy glo,
sal lewe; maar as hy terugdeins,
het Ek aan hom niks meer nie.”
- Hebreërs 10:36 en 38 -
________________________
Die koninkryk van God
is nie 'n saak van eet en drink nie,
maar van gehoorsaamheid aan God,
vrede en vreugde,
wat die Heilige Gees ons gee.
- Romeine 14:17 -
________________________
Wie deur die Here bemin word,
is veilig by Hom,
skuil altyd by Hom
en leef onder sy beskerming.
- Deuteronomium 33:12 (83-vertaling) -
________________________
God is op soek na jou,
omdat Hy van ouds her af
sy verlore skaap terug wil vind.
- Hildegard von Bingen (1098 - 1179) -
________________________
Besittings verloor, baie verloor,
eer verloor, meer verloor,
God verloor, alles verloor.
- Ou Duitse spreekwoord -
________________________
En omdat julle glo,
word ook julle deur die krag van God
veilig bewaar vir die saligheid
wat reeds gereed is
om aan die einde van die tyd
geopenbaar te word.
-1 Petrus 1:5 -
________________________
Qualis rex, talis grex.
So die herder, so die skape (trop).
- Petronius Gajus Arbiter (10 – 66 nC) -
________________________
Laat wat jy doen, aan die Here oor,
dan sal jou voornemens geluk.
- Spreuke 16:3 -
________________________
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee,
sodat julle op julle pos kan bly
ondanks die listige aanslae van die duiwel.
- Efesiërs 6:11 -
________________________
Kom na My toe,
almal wat vermoeid en belas is,
en Ek sal julle rus gee.
Neem my juk op julle en leer van My,
want Ek is sagmoedig en nederig van hart,
en julle sal rus vind vir julle siele;
want my juk is sag en my las is lig.
- Matteus 11:28 - 30 -
________________________
As ons iets begeer,
bekyk ons dit van die mooiste kant!
As ons dit het,
bekyk ons dit van die lelikste kant.
- Onbekend -
________________________
Die Here is my rots,
my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my veilige vesting.
- Psalm 18:3 -
________________________
Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het,
dan nou dankbaar wees.
Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag,
soos Hy dit wil.
- Hebreërs 12:28 -
________________________
Dit is die vloek van besorgdheid:
dat ons ons vas staar teen die sorge op ons eie weg
terwyl ons nie ons oog rig
op die weg wat God vir ons bedoel het nie.
- Helmut Thielicke (1908 – 1986) -
________________________
Hy is ons God en ons is sy volk,
sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg.
As julle vandag maar na Hom wou luister.
- Psalm 95:7 -
________________________
Ek het vandag so baie om te doen
dat ek die eerste drie ure
in gebed sal moet deurbring.
- Martin Luther (1483 – 1546) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css