Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Beywer julle vir vrede met alle mense
asook vir 'n heilige lewe,
waarsonder niemand die Here sal sien nie.
- Hebreërs 12:14 -

 

________________________


Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet
hoe U wil dat ek moet lewe.
- Psalm 51:8 -
 

________________________


Die oordeel sal onbarmhartig wees
oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie.
Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
- Jakobus 2:13 -
 

________________________


Hy roep na die hemel daarbo,
en na die aarde,
om sy volk te oordeel:
Maak my getroue volgelinge
vir my bymekaar,
hulle wat by die offers
my verbond hernu.

Die hemel maak
sy geregtigheid bekend,
want God, Hy is regter.
- Psalm 50:4-6 (2020 vertaling) -
 

________________________


Maar die vrug van die Gees is liefde,
blydskap, vrede, lankmoedigheid,
vriendelikheid, goedheid, getrouheid,
sagmoedigheid en selfbeheersing.
- Galasiërs 5:22 (53-vertaling) -

 

________________________


Hy sal die dood vir ewig vernietig,
en die Here HERE
sal die trane van alle gesigte afvee.
- Jesaja 25:8 -

 

________________________


Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:
U sal 'n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.
- Psalm 51:19 -
 

________________________


Salig wie in hul opregtheid
wandel in die Heer se wet,
wie Hom soek van ganser harte
en op sy getuig'nis let.
Salig die wat in hul wandel
nie op onregspaaie gaan,
maar wil wandel op die weë
in Gods wet vir hul gebaan.
- Psalm 119:1 (Beryming) -
 

________________________


Sonder God is die mens vry
om homself te vernietig.
- Bernhard Steiner -
 

________________________


Hou moed!
Maak vrede met jouself!
- Friedrich von Schiller (1759 – 1805) -

 

________________________


As ons na die mens en sy geskiedenis kyk,
laat dit by ons geen twyfel nie,
dat die mens onmoontlik sy uiteindelike doel.
sy hoogste bestemming, nagestreef het.
- Wilhelm Emmanuel von Ketteler (1811 – 1877) -
 

________________________


Laat die klein sorge oor aan môre
en laat die groot sorge oor aan oormôre.
- Carl Peter Fröhling -
 

________________________


Tevredenheid is meer as rykdom
Maar gesondheid oortref alles.
- Onbekend -
 

________________________


Die heerlikste vorm van vryheid
is die vryheid met verantwoordelikheid.
- Ronald Simonar -

 

________________________


God is my redder;
Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God
is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.
- Jesaja 12:2 (83-vertaling) -
 

________________________


Die Gees wat ons ontvang het,
is nie die gees van die wêreld nie,
maar die Gees wat van God kom.
So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.
- 1 Korintiërs 2:12 -
 

________________________


Ruwe storme breek in woede,
alles om my heen is nag;
tog hou God my in sy hoede -
Hy hou oor my heil die wag.
Kon ek soms sy hulp nie sien nie,
ook sy liefde nooit verdien nie,
het sy Gees my steeds gelei;
staan Hy my in alles by.
- Gesang 253:7 -
 

________________________


Tevredenheid is die tweelingsuster
van dankbaarheid.
- Ernst Ferstl-

 

________________________


As Hy net aan Homself sou aandag gee,
sy Gees en asem by Homself sou hou,
sal alles wat leef, saam tot niet gaan,
en die mens tot stof terugkeer.
- Job 34:14-15 (2020 vertaling) -
 

________________________


Ek het u woorde verslind toe hulle gekom het,
hulle was vir my 'n vreugde;
ek was bly daaroor dat u Naam oor my uitgeroep is,
Here, almagtige God.
- Jeremia 15:16 -

 

________________________


Dié wat swaar kry,
sien op na Hom en straal van blydskap,
hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
Ek is een van die ellendiges wat geroep het.
Die Here het gehoor,
uit al my benoudhede het Hy my gered.
Die Engel van die Here slaan sy laer op
rondom dié wat die Here dien, en red hulle.
- Psalm 34:6-8 -
 

________________________


En kyk, Ek is met julle
al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.
- Mattheus 28:20 (53 en 2020-vertalings) -
 

________________________


Wees op julle hoede
dat julle nie meegesleep word
deur die dwaling van beginsellose mense
en so van julle eie standvastigheid beroof word nie.
Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem
in die genade en kennis
van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
- 2 Petrus 3:17-18 -

 

________________________


Die nuwe jaar begin met hierdie dag,
en niemand weet wat om te verwag
vir die wêreld, vir ons land, vir my en vir jou.
Net Hý weet dit; Hý wat die toekoms in sý hande hou.
- Carl Peter Fröhling -
 

________________________


Vrede in die hart
bring vrede in die wêreld.
- Theodor Toeche-Mittler (1837 – 1907) -
 

________________________


Die Here is goed en regverdig:
Hy wys selfs vir sondaars die pad aan,
Hy laat aan hulpeloses reg geskied
en Hy leer hulle sy pad.
Liefde en trou is die paaie wat die Here bewandel
met dié wat sy verbond en verordeninge bewaar.
- Psalm 25: 8-10 -

 

________________________


Die Here God kom,
Hy is die Magtige, Hy regeer.
Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het,
dié wat aan Hom behoort, is by Hom.
Soos 'n herder versorg Hy sy kudde:
die lammers maak Hy bymekaar in sy arms
en Hy dra hulle teen sy bors,
Hy sorg vir die lammerooie.
- Jesaja 40:10-11 -

________________________


Wie sal U nie vrees nie, Here,
en u Naam nie verheerlik nie?
Want U alleen is heilig;
want al die nasies sal kom en voor U aanbid,
omdat u regverdige dade openbaar geword het.
- Openbaring 15:4 (53-vertaling) -

 

________________________


Kyk, Ek is die HERE,
die God van alles wat leef.
Is enigiets onmoontlik vir my?
- Jeremia 32:27 -
 

________________________


Ek glo in God! -
Dit is 'n pragtige, lofwaardige woord;
maar om God te herken en te prys
waar en hoe Hy Homself openbaar,
dit is eintlik saligheid op aarde.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1832) -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css