In sy liefde het Hy ons,
volgens sy genadige beskikking,
toe ook al [voordat die wêreld geskep is]
daarvoor bestem
om deur Jesus Christus sy kinders te wees.
- Efesiërs 1:5 -
________________________
So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is,
ons in Christus uitverkies
om heilig en onberispelik voor Hom te wees.
- Efesiërs 1:4 -
________________________
My enigste troos in lewe en in sterwe
is dat ek met liggaam en siel
nie aan myself nie,
maar aan my getroue Saligmaker,
Jesus Christus, behoort.
________________________
Ons swaarkry in hierdie lewe
is maar gering en gaan verby,
maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid
wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.
- 2 Korintiërs 4:17 -
________________________
Beproef dit en ervaar:
Die HERE is goed,
gelukkig is die mens wat by Hom skuil.
- Psalm 34:9 (direkte vertaling) -
________________________
In my nood roep ek na die Here,
ja, ek roep om hulp na my God.
In sy paleis hoor Hy my geroep.
Ek roep na Hom om hulp,
en Hy luister na my.
- 2 Samuel 22:7 -
________________________
Dit is die Here wat die wysheid gee,
uit sy mond kom die kennis
en die insig
- Spreuke 2:6 -
________________________
In my nood het ek na die Here geroep,
die Here het my gebed verhoor en my bevry.
Die Here is by my,
ek ken geen vrees nie;
wat kan 'n mens aan my doen?
- Psalm 118:5-6 -
________________________
Loof God, loof sy Naam alom!
loof Hom in sy heiligdom!
Loof die HEER se grote mag
in die hemel van sy krag!
Loof Hom om sy moëndhede,
om die menigvuldigheid
van sy mag en majesteit -
voor sy troon en hier benede!
- Psalm 150:1 (beryming) -
________________________
Dit is heerlik om in onstuimige weer
op 'n skip te vaar
as jy weet dat dit nie kan vergaan nie.
- Blaise Pascal (1623 - 1662) -
________________________
Die oomblik wat dit tot my deurdring
dat daar bokant hierdie wêreld
'n lewende Hart klop
sal alle angs van my ontneem word.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die geloof sê:
“Ek val miskien
en is dikwels hulpeloos,
maar God help my weer op.”
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Onderwerp julle daarom in nederigheid
aan die kragtige hand van God,
sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.
Werp al julle bekommernisse op Hom,
want Hy sorg vir julle.
- 1 Petrus 5:6-7 -
________________________
Wie die wêreld en die lewe nie
aanskou vanuit die vrede
binne die gemeenskap met God nie,
moet dit maar so aanskou soos dit daar uitsien
onder die heerskappy van die duiwel.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die teenoorgestelde van kwellende sorge
is nie die sorgeloosheid van hom wat alles het nie
maar die vrede van God, wat ek sal ontvang
wanneer Jesus Christus my hand
in die hand van die Vader teruggelê het.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die vloek van besorgdheid is
dat ons te midde van ons sorge
net stip na die pad voor ons staar
en nie kyk na die doel wat God
met hierdie pad van ons het nie.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Kwellings is "afgodery":
want ons aanbid die geskape brood
waardeur ons versadig word,
in plaas dat ons die Here aanbid,
wat ons op velerlei maniere versadig
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Vriende is mense wat by jou bly staan
ook wanneer alle fasades begin verbrokkel.
- Martina Pfannenschmidt -
________________________
Ons lewe is wat ons gedagtes
daarvan maak.
- Marcus Aurelius (121 - 180 nC) -
________________________
Ons lewe is vol moeite
en ons lampe flikker soms in die
wind van beproewing.
Maar mag ons vlamme só kragtig brand
dat die wind van beproewing
die vuur eerder sal aanblaas as uitdoof.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Die Vader dra ons,
nie ons vir Hom nie.
Hy weet hoe Hy alles moet bestuur
wat Hy gemaak het.
Daarom, doen wat Hy beveel
en hoop op wat Hy beloof het.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Die waarheid het geen vervaldatum nie.
- Christa Schyboll -
________________________
Die binnekamer (gebed) is uiters belangrik
in die chaos van ons tyd;
want wie God uit die oog verloor het,
kan ook die wêreld nie meer hanteer nie.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die helde van die gewone lewe
dra geen ordetekens nie.
- Fred Ammon -
________________________
Ons is op weg onder die geopende hemel.
Wat maak dit dan saak
of dit deur gevaarlike klowe
of langs duiselingwekkende afgronde gaan?
Solank ons net weet Wie oor ons die wag hou.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die koninkryk van God
kom nie so dat 'n mens dit kan sien nie .
En hulle sal nie sê: “Kyk hier is dit!”
of: “Daar is dit!” nie;
want die koninkryk van God is onder julle.
- Lukas 17:20-21 ( Direk vertaal) -
________________________
Die hemel is nie net die doel nie,
maar dit laat sy lig reeds oor ons pad val;
dit is nie net 'n belofte nie,
maar salige teenwoordigheid.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Vertel vir my hoeveel jy weet
van die lyding van jou medemense
en ek sal vir jou sê hoe lief jy hulle het.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Alhoewel niks ongemerk by God verbygaan nie,
bly Hy nie by ons verlede stilstaan nie.
Hy is altyd die Here,
vir wie dit om ons toekoms gaan
en vir ons weë baan
wat tot ons redding en sy einddoel sal lei.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die negatiewe help niemand nie,
ook al is dit waar.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css