Mag die Here ons God by ons wees
soos Hy by ons voorvaders was.
Mag Hy ons nooit verlaat of laat vaar nie.
- 1 Konings 8:57 -
________________________
Ek skaam my nie oor die evangelie nie,
want dit is 'n krag van God tot redding
van elkeen wat glo.
- Romeine 1:16 -
________________________
Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely,
want God is getrou:
Hy doen wat Hy beloof het
- Hebreërs 10:2 –
________________________
Want Ek, die HERE jou God,
gryp jou regterhand aan,
Ek wat vir jou sê:
Wees nie bevrees nie, Ek help jou.”
- Jesaja 41:13 (53- vertaling) -
________________________
Ek het op die HERE bly wag,
Hy het na my afgebuig
en my hulpgeroep gehoor.
Hy het my opgetrek uit die
dreunende put,
uit die modderige slik.
Hy het my voete op 'n rotsbank laat staan,
my voetstappe vastigheid gegee.
Hy het 'n nuwe lied in my mond gelê,
'n lofsang vir ons God.
- Psalm 40:2-4 -
________________________
Die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.
Daar staan tog geskrywe:
“Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne,”
en op 'n ander plek:
“Die Here ken die gedagtes van die wyse mense
en weet dit beteken niks.”
- 1 Korintiërs 3:19-20 -
________________________
As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is,
en met jou hart glo dat God Hom
uit die dood opgewek het,
sal jy gered word.
- Romeine 10:9 -
________________________
En mag God,
die bron van alle standvastigheid en bemoediging,
gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees
soos Christus Jesus dit wil hê.
Dan kan julle almal eensgesind uit een mond
lof toebring aan God,
die Vader van ons Here Jesus Christus.
Aanvaar mekaar dan,
soos Christus julle ook aanvaar het,
tot eer van God.
- Romeine 15:5-7 -
________________________
Geloof is om te glo wat jy nie sien nie;
die beloning van hierdie geloof
is om te kan sien wat jy glo.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Luister na My, julle wat doen wat reg is,
volk in wie se hart my wet is,
moenie bang wees vir die spot van mense nie,
moenie skrik as hulle julle beledig nie.
- Jesaja 51: 7 -
________________________
Omdat trou, liefde en toewyding
aan die wil van God in die land ontbreek,
het vervloeking, valsheid, moord, diefstal
en egbreuk hand oor hand toegeneem
en is die vergieting van onskuldige bloed
aan die orde van die dag.
- Hosea 4:1-2.
________________________
... en dié hoop beskaam nie,
want God het sy liefde in ons harte uitgestort
deur die Heilige Gees
wat Hy aan ons gegee het.
- Romeine 5:5 -
________________________
Ek wil die Naam van die Here roem.
Prys ons God om sy grootheid!
Hy is die Rots, sy werk is volmaak,
alles wat Hy doen, is regverdig.
Hy is die getroue God, sonder onreg,
Hy is regverdig en betroubaar.
- Deuteronomium 32:3-4 -
________________________
Dit gaan goed met die mens
wat deur U opgevoed word, Here,
vir wie U onderrig in u Woord
en vir wie U rus gee na tye van teëspoed.
Maar vir die goddelose
word die graf reeds gegrawe.
Die Here verstoot nie sy volk nie,
die volk wat aan Hom behoort,
laat Hy nie in die steek nie.
Die regspraak sal weer regverdig wees,
alle opregtes sal hulle daaraan kan hou.
- Psalm 94:12-15 -
________________________
Ek stel my vertroue in die Here,
ek vertrou op Hom,
ek wag op die vervulling van sy woord.
- Psalm 130:5 -
________________________
Alles wat ek gesien het,
het my geleer om die Skepper te vertrou vir
alles wat ek nie gesien het nie.
- (Ralph W Emerson, 1803 - 1882) -
________________________
Welgeluksalig is die nasie
wie se God die HERE is,
die volk wat Hy vir Hom
as erfdeel uitgekies het.
- Psalm 33:12 (53-vertaling) -
________________________
En dit is die ewige lewe,
dat hulle U ken,
die enige waaragtige God,
en Jesus Christus wat U gestuur het.
- Johannes 17:3 -
________________________
Wie nie in wonders glo nie,
is geen realis nie.
David Ben-Gurion (1886-1973)
(Stigter van die huidige staat Israel)
________________________
Want ons lewe deur geloof,
nie deur sien nie.
- 2 Korintiërs 5:7 -
________________________
Vir sommige mense impliseer mag = rykdom,
en vir ander rykdom = mag.
Maar nie een van die twee
kon die toets van die tyd deurstaan nie!
Want daar is maar één rykdom
en één Mag wat verhewe is bó tyd:
dit is die ewige lewe
en Christus Jesus.
(Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde,
waar mot en roes verniel
en waar diewe inbreek en steel nie;
maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel ...)
________________________
Jy is nie hier
om net vir jouself te leef nie,
maar om 'n bydrae te maak
tot 'n beter wêreld:
met beter insigte
deur 'n gees van hoop.
Jy is hier om die wêreld geestelik te verryk,
en jy verarm jouself
as jy hierdie opdrag vergeet.
- Woodrow Wilson (1856-1924)
________________________
Want Ék weet watter gedagtes
Ek aangaande julle koester,
spreek die HERE,
gedagtes van vrede en nie van onheil nie,
om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
En julle sal My soek en vind
as julle na My vra met julle hele hart.
- Jeremia 29:11-13 -
________________________
Julle is my skape,
die skape van my weide;
julle is mense,
Ek is julle God,
spreek die Here HERE.
- Esegiël 34:31 (53-vertaling) -
________________________
Ek self sal my skape oppas,
en Ek self sal hulle laat lê en rus,
spreek die Here HERE.
Die wat verlore is, sal Ek soek,
en wat weggedryf is, sal Ek terugbring,
en wat gewond is, sal Ek verbind,
en die siekes sal Ek versterk.
- Esegiël 34:15-16 -
________________________
Ek is die goeie herder.
Ek ken my skape, en my skape ken My,
net soos die Vader My ken
en Ek die Vader ken;
en Ek lê my lewe af vir die skape.
- Johannes 10:14-15 -
________________________
'n Kalm gemoed hou die liggaam gesond;
hartstog vreet 'n mens op.
- Spreuke 14:30 -
________________________
Die Woord het mens geword
en onder ons kom woon.
Ons het sy heerlikheid gesien,
die heerlikheid wat Hy
as die enigste Seun van die Vader het,
vol genade en waarheid.
- Johannes 1:14 -
________________________
Gister is maar net 'n droom,
Môre is net 'n visie.
Maar vandag voluit geleef
maak elke gister 'n droom van geluk,
en elke môre 'n visie van hoop.
- Kalidasa -
________________________
Stuur U lig en U waarheid
dat dié my lei
en my bring na U heilige berg,
na U woning!
- Psalm 43:3 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css