Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Vertrou altyd [op God], my volk,
stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons 'n toevlug....
Mense is verganklik, mense is niks:
op 'n skaal wys hulle geen gewig nie,
saam is hulle minder as niks.
- Psalm 62:9-10 -
 

________________________


Ek was jonk en ek het oud geword,
maar nooit het ek 'n regverdige verlate gesien
of dat sy nageslag brood soek nie.
- Psalm 37:25 -

 

________________________


Alle wysheid bestaan daarin
dat ons onsself deur God laat lei.
Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Lig is gesaai vir die regverdiges,
vreugde vir hulle met opregte harte.
- Psalm 97:11 (2016) -
 

________________________


Die Here het sy oë oral op die aarde
sodat Hy dié kan help
wat met hulle hele hart op Hom vertrou.
- 2 Kronieke 16:9 -

 

________________________


Groot vrede is daar vir hulle
wat die Here se wet liefhet;
vir hulle is daar geen struikelblokke nie.
- Psalm 119:165 -
 

________________________


As ek aan U dink op my bed,
oor U peins in die nag, dan weet ek:
U is vir my 'n hulp,
en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels.
Ek bly altyd naby U,
u hand ondersteun my.
- Psalm 63:7-9 -

 

________________________


Ek haat huigelary
maar u wet het ek lief.
By U skuil ek, U beskerm my,
in U woord stel ek my vertroue.
- Psalm 119:113-114 -
 

________________________


Julle krag lê
in stil wees en vertroue hê.
- Jesaja 30:15 -

 

________________________


Luister nou, o gelukkige mens:
God het jou nie geskape om te gronde te gaan nie.
Vestig veel meer jou aandag op Hom,
en jy sal vir ewig lewe.
- Hildegard von Bingen (1098 – 1179) -
 

________________________


Jou grootste oorwinning
is dié oor jouself.
- Aristoteles (384-322 vC) -
 

________________________


Al ons wysheid bestaan daarin
dat ons onsself deur God laat lei.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Julle moet in My bly en Ek in julle.
'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra
as hy nie aan die wingerdstok bly nie;
en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
“Ek is die wingerdstok, julle die lote.
Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte,
want sonder My kan julle niks doen nie.
- Johannes 15:4-5 -

 

________________________


'n Mens moet óf glo, óf wanhoop.
Jy kan nie altwee nie.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -

 

________________________


Die nagtegaal vra nie
dat iemand na hom luister nie.
Hy sing sy lied, dit is sy lus.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -

 

________________________


Leer my om u wil te doen,
want U is my God!
Laat u goeie Gees my
op 'n gelyk pad lei.
- Psalm 143:10 -

 

________________________


Die gebed van 'n gelowige
het 'n kragtige uitwerking.
- Jakobus 5:16 -
 

________________________


'n Mens lewe altyd in die atmosfeer
wat jy vir jouself skep.
 - Dr J H Gunning  (1858-1940) -

 

________________________


Die woord van die Here is volmaak:
dit gee lewe.
- Psalm 19:8 -
 

________________________


Hoe nader aan die hemel,
hoe steiler die berge.
 - Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Moet nooit aan God se hart twyfel nie,
selfs nie as jy Sy hand nie begryp nie.
 - Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Die diepte van ons ellende
is nooit dieper as die diepte
van God se ontferming nie.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


'n Mens beplan sy pad,
maar die Here bepaal hoe hy loop.
- Spreuke 16:9 -
 

________________________


Moenie bid vir 'n maklike lewe nie,
maar vir krag en sterkte.
Moenie bid vir dit wat by jou kragte pas nie,
maar vir krag wat ooreenstem
met die taak wat God op jou lê.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Die geloof laat alles aan God oor.
Vertroue in God gee die oorwinning.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Hoe dikwels jaag ons nie self stofwolke
op ons lewenspad op nie,
en dan kla ons omdat ons niks kan sien nie.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


'n Mens kan jouself nie van God verwyder nie,
maar jy kan jouself van die liefde verwyder.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -

 

________________________


Daar is immers net een God,
en daar is net een Middelaar
tussen God en die mense,
die mens Christus Jesus
wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het.
- 1 Timoteus 2:5-6 -
 

________________________


Julle is losgekoop met
die kosbare bloed van Christus,
die Lam wat vlekloos
en sonder liggaamsgebrek is.
 - 1 Petrus 1:19 -
 

________________________


Die Here sorg vir húlle
wat hul sorge aan Hom toevertrou.
- Dr J H Gunning  (1858-1940) -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css