Moenie roem op jou rykdom as jy dit besit nie,
ook nie op invloedryke vriende nie,
maar roem in God, wat jou alles gee,
en bo alles Homself aan jou wil gee.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
________________________
Maar U is ’n God wat vergewe,
genadig, barmhartig, lankmoedig,
vol liefde.
- Nehemia 9:17 -
________________________
Laat ons wat 'n onwankelbare koninkryk ontvang het,
dan nou dankbaar wees.
Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag,
soos Hy dit wil.
- Hebreërs 12:28 -
________________________
As jou hart in die hemel is,
is die hemel in jou hart.
- Laotse (6de eeu vC) -
________________________
Elke Christen is 'n boodskapper
van Jesus Christus in die wêreld.
Jy verteenwoordig die saak van jou Koning.
Vergeet dit nooit nie.
- Dr J H Gunning (1858- 1940) -
________________________
Wie my opdragte het en dit uitvoer –
dit is hy wat My liefhet.
En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê,
en Ek sal hom ook liefhê
en My aan hom openbaar.
- Johannes 14:21 -
________________________
U het 'n magtige arm,
sterk is u hand,
kragtig u regterhand.
U troon is gebou op geregtigheid en reg,
liefde en trou staan in u diens.
Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer,
wat in u lig lewe, Here
- Psalm 89:14-16 -
________________________
En die vrede wat Christus gee,
moet in julle lewens die deurslag gee.
God het julle immers geroep
om as lede van een liggaam
in vrede met mekaar te lewe.
Wees altyd dankbaar.
- Kolossense 3:15 -
________________________
Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.
Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop,
vir die mens wat na sy wil vra.
- Klaagliedere 3:24-25 -
________________________
Elkeen wat die Vader vir My gee,
sal na My toe kom;
en Ek sal hom wat na My toe kom,
nooit verwerp nie.
- Johannes 6:37 -
________________________
En nou doen ek 'n beroep op julle,
op grond van die groot ontferming van God:
Gee julleself aan God as lewende en heilige offers
wat vir Hom aanneemlik is.
Dit is die wesenlike van die godsdiens
wat julle moet beoefen.
- Romeine 12:1 -
________________________
Offer dank aan God,
en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
en roep My aan in die dag van benoudheid:
Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.
- Psalm 50:14-15 (53-vertaling) -
________________________
Die Seun van die mens het ook nie gekom
om gedien te word nie,
maar om te dien
en sy lewe te gee
as losprys vir baie mense.
- Markus 10:45 -
________________________
Ek is ek,
in hierdie wêreld is daar maar net een ek,
ja, sommige mense mag dalk wees soos ek,
maar hulle is nog nie ek nie.
- Virginia Satir (1916 – 1988) -
________________________
Skep vir my 'n rein hart, o God,
vernuwe my gees en maak my standvastig.
- Psalm 51:12 -
________________________
Dit is die Here wat sorg vir dié wat Hom eer,
vir dié wat op sy mag vertrou
om hulle van die dood te red
en hulle in die lewe te hou in hongersnood.
Ons vertrou op die Here:
Hy is ons hulp en ons beskermer.
- Psalm 33:18-20 -
________________________
Leer ons ons dae so gebruik
dat ons wysheid bekom.
- Psalm 90:12 -
________________________
Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is,
Ek maak die moedelose weer vol moed.
- Jeremia 31:25 -
________________________
Ek sê vir julle:
Net so is daar blydskap onder die engele van God
oor een sondaar wat hom bekeer.
- Lukas 15:10 -
________________________
As jy nie Sy weg deur jou trane kan sien nie,
vertrou op Sy hart.
- Charles H Spurgeon (1834 - 1892) -
________________________
Ons het niks in die wêreld ingebring nie;
dit is duidelik dat ons ook niks
daaruit kan wegdra nie.
- 1 Timoteus 6:7 -
________________________
Jesus het gebid:
“Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam,
die Naam wat U My gegee het,
sodat hulle net soos Ons een kan wees.”
- Johannes 17:11 -
________________________
Ons lewe deur die Gees;
laat die Gees nou ook
ons gedrag bepaal.
- Galasiërs 5:25 -
________________________
En moenie die Heilige Gees van God bedroef nie,
want Hy het julle as die eiendom van God beseël
met die oog op die verlossingsdag.
- Efesiërs 4:30 -
________________________
Mag God, die bron van hoop,
julle deur julle geloof
met alle vreugde en vrede vervul,
sodat julle hoop al hoe sterker kan word
deur die krag van die Heilige Gees!
- Romeine 15:13 -
________________________
Bly vandag in Hom soos 'n loot aan die wingerdstok,
en neem van Sy volheid genade op genade
deur die krag van die Heilige Gees.
- Eva von Tiele-Winckler (1866 - 1930) -
________________________
Dié wat Hy daartoe bestem het,
het Hy ook geroep.
En dié wat Hy geroep het,
het Hy ook vrygespreek.
En dié wat Hy vrygespreek het,
het Hy ook verheerlik.
- Romeine 8:30 -
________________________
Ek sal my woord op hulle harte skryf
en dit in hulle gedagte vaslê.
Ek sal hulle God wees
en hulle sal my volk wees.
- Jeremia 31:33 -
________________________
U het Hom immers die volmag
oor die hele mensdom gegee
om aan almal wat U Hom gegee het,
die ewige lewe te gee.
En dit is die ewige lewe:
dat hulle U ken,
die enigste ware God,
en Jesus Christus,
wat deur U gestuur is.
- Johannes 17:2-3 -
________________________
As God verskyn, spat sy vyande uitmekaar,
en dié wat Hom haat, vlug vir Hom.
Soos rook wegwaai, so dryf U hulle weg;
soos was in vuur smelt,
so gaan die goddeloses tot niet as God verskyn.
Maar vir die regverdiges sal daar blydskap wees,
hulle sal juig voor God,
hulle sal vrolik en bly wees.
- Psalm 68:2-4 -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css