Ek sal met hulle 'n verbond sluit
wat vir hulle vrede sal bring,
'n verbond wat altyd sal bestaan.
Ek sal hulle baie laat word
en my heiligdom tussen hulle oprig
om altyd daar te wees.
- Esegiël 37:26 -
________________________
God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie,
maar van krag en liefde en selfbeheersing.
- 2 Timoteus 1:7 (53-vertaling) -
________________________
Wanneer 'n mens alle ander dinge verloor het -
is die toekoms altyd nog daar ....
- Willy Meurer -
________________________
Hoe kosbaar is u trou, o God!
U beskerm die mense wat by U skuil.
In u huis geniet hulle oorvloed,
U laat hulle drink uit die strome van u goedheid.
U is die bron van die lewe, deur u lig lewe ons.
- Psalm 36:8-10 -
________________________
Vrede laat Ek vir julle na;
my vrede gee Ek vir julle.
Die vrede wat Ek vir julle gee,
is nie die soort wat die wêreld gee nie.
- Johannes 14:27 -
________________________
So sal die woord wat uit my mond kom, ook wees:
dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie,
maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê
en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.
- Jesaja 55:11 -
________________________
Groots is alles wat U doen, Here,
ondeurgrondelik u gedagtes.
- Psalm 92:6 -
________________________
Wag op die Here, Israel,
want by die Here is daar troue liefde,
by Hom is die verlossing seker.
- Psalm 130:7 -
________________________
Wie met trane saai,
sal die oes met gejuig inbring.
Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,
hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.
- Psalm 126:5-6 -
________________________
Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
- Psalm 42:6 -
________________________
Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,
was ek dom en sonder insig;
soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.
Tog was ek nog altyd by U,
want U vat my aan die hand.
U lei my met u raad
en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
- Psalm 73:21-24 -
________________________
Here my God,
U het baie wonderlike dinge gedoen;
U dink altyd aan ons;
daar is niemand soos U nie.
Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem.
- Psalm 40:6 -
________________________
Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam,
maar ons voer die stryd
nie met menslike wapens nie.
- 2 Korintiërs 10:3 -
________________________
Sommige vertrou op strydwaens
en ander op perde,
maar óns, ons vertrou
op die Naam van die Here ons God
- Psalm 20:8 -
________________________
Al maak mense hoeveel planne,
wat die Here besluit, staan vas.
- Spreuke 19:21 -
________________________
Wie op sy eie hart vertrou, hy is ‘n dwaas;
maar hy wat in wysheid wandel, word gered.
- Spreuke 28:26 -
________________________
Sonder God is daar vir die mens
geen bestemming, óf doel óf hoop nie,
net 'n vreesagtige toekoms,
'n ewige vrees vir die donkerheid.
- Johann Paul Friedrich Richter (1763 – 1825) -
________________________
Moed is nie om sonder vrees te wees nie,
maar om jou vrees te oorwin.
- Robert Louis Stevenson (1850 – 1894) -
________________________
Julle moet nie werk
vir die voedsel wat vergaan nie,
maar vir die voedsel wat nie vergaan nie
en wat ewige lewe gee.
Dit sal die Seun van die mens vir julle gee,
want God die Vader
het Hom die mag daartoe verleen.
- Johannes 6:27 -
________________________
Daarom vertrou almal wat u Naam bely,
op U, want U, Here,
laat dié wat vra na u wil,
nie in die steek nie.
- Psalm 9:11 -
________________________
Geloofd sy die Here!
Dag ná dag dra Hy ons;
God is ons heil!
- Psalm 68:20 (53-vertaling) -
________________________
Dit is beter om by die HERE te skuil
as om op mense te vertrou.
- Psalm 118:8 (53-vertaling) -
(Die middelste vers in die Bybel)
________________________
Waarom is ek so in vertwyfeling
en waarom kerm ek so?
Vertrou op God!
Ja, ek sal weer vir Hom 'n loflied sing.
Hy is my helper en my God!
- Psalm 42:6-7 -
________________________
Dit is Hy wat al my sonde vergewe,
wat al my siekte genees,
wat my red van die graf
en my met liefde en ontferming kroon, ...
- Psalm 103:3-4 -
________________________
Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet
hoe U wil dat ek moet lewe.
- Psalm 51:8 -.
________________________
God laat nie enige beproewing oor ons kom,
sonder om ons ook die krag te gee
om dit te verdra nie.
- Edith Stein (1942 in Auschwitz omgekom) -
________________________
Bekommernis druk 'n mens neer;
'n vriendelike woord vrolik hom op.
- Spreuke 12:25 -
________________________
Ek weet dat ek Iemand na aan my het,
Iemand wie ek heelhartig kan vertrou,
en dit gee vir my vrede en krag.
- Edith Stein (1942 in Auschwitz omgekom) -
________________________
Die tydsgees spook in die koppe van mense
en verdryf die gesonde denke.
- Siegfried Wache -
Tydsgees: 'n fenomeen, sonder tyd, sonder Gees.
- Peter E Schumacher (1941-2013) -
________________________
Dit is U genade wat ons die waarheid leer,
wat ons teregwys,
lig bring in ons hart,
vertroos in benoudheid,
die droefheid laat vlug,
die vrees verjaag,
ons godvrugtig laat lewe,
en ons beweeg tot trane van berou.
- Thomas Á Kempis (1380 – 1471) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css