Die Weg

Hieronder is 'n lys van die daaglikse Gedagtes vir die dag wat reeds geplaas is

Dit verskyn ook op die Tuisbladsy en 'n nuwe gedagte word elke weeksdag bygevoeg.

Plaas asb jou naam op ons verspreidingslys indien jy elke weeksdag Gedagte vir die dag as epos wil ontvang

Indien jy dit dan nie ontvang nie, maak asb seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

strepie


Die woord van die Here is volmaak:
dit gee lewe.
Die onderwysing van die Here
is betroubaar:
dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.
- Psalm 19:8 -

 

________________________


Dit gaan goed met mense
wat die reg handhaaf,
wat by elke geleentheid geregtigheid doen.
- Psalm 106:3 -
 

________________________


Wie ervaring kortkom,
glo alles wat gesê word;
'n verstandige mens
oorweeg elke tree wat hy gee.
- Spreuke 14:15 -
 

________________________


Wees standvastig, onwankelbaar,
altyd oorvloedig in die werk van die Here,
omdat julle weet
dat julle inspanning in diens van die Here
nie tevergeefs is nie.
- 1 Korintiërs 15:58 -
 

________________________


Dit gaan goed met die mens
wat sy vertroue in die Here stel,
die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is;
so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is
en sy wortels na die stroom toe uitstoot,
nie die hitte voel as dit kom nie
en altyd groen blare het;
'n droë jaar raak hom nie
en hy hou nie op om vrugte te dra nie.
- Jeremia 17:7-8 -

 

________________________


U woord is die lamp wat my die weg wys,
die lig op my pad.
- Psalm 119:105 -

 

________________________


Die mens wat nie die Gees van God het nie,
aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie.
Vir hom is dit onsin.
Hy kan dit ook nie verstaan nie,
omdat dit geestelik beoordeel moet word.
- 1 Korintiërs 2:14 -

 

________________________


Al die asemrowende strande van die see
is opgebou uit individuele klein sandkorreltjies.
- Ds AJ Brinkman -
 

________________________


Ek het die koers van my lewe oordink
en na u verordeninge teruggekeer.
Ek talm nie,
ek haas my om u gebooie te onderhou.
- Psalm 119:59-60 -
 

________________________


Die hele aarde moet die Here vrees,
al die bewoners van die wêreld
moet vir Hom ontsag hê,
want Hy het gepraat en dit was so,
Hy het beveel en dit was daar.
- Psalm 33:8-9 -

 

________________________


God voer sy volk na 'n doel,
ook deur tye van donkerheid en nood.
- Prof Bernd Brandl -

 

________________________


Dit is Hy wat die planne van slinkse mense verydel
sodat hulle niks blywends tot stand bring nie.
Hy vang die slimmes met hulle eie slinkse planne;
wat geslepe mense besluit, maak Hy gou tot niet.
- Job 5:12-13 -

 

________________________


Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee,
sodat julle op julle pos kan bly
ondanks die listige aanslae van die duiwel.
- Efesiërs 6:10-11 -
 

________________________


Die woestyn van die lewe verloor sy verskrikking
wanneer ons die Oase van die liefde leer ken.
- Ernst Ferstl -
 

________________________


Julle krag lê in stil wees en vertroue hê,
sê die HERE.
- Jesaja 30:15 -
 

________________________


Net by God vind ek rus,
want op Hom vertrou ek.
Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting,
sodat ek stewig staan.
- Psalm 62:6-7 -
 

________________________


Nie deur krag of deur geweld [sal jy slaag nie] nie,
maar deur my Gees,
sê die HERE van die leërskare.
- Sagaria 4:6; 53-vertaling -

 

________________________


Die uiteindelike bestemming van die mens is by God.
Sonder Hom het die mens geen doel en geen hoop nie,
net vasgevang in die vrees vir die ewige donkerheid
- Johann Paul Friedrich Richter (1763 – 1825)
 

________________________


Vertrou volkome op die Here
en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
Ken Hom in alles wat jy doen
en Hy sal jou die regte pad laat loop.
- Spreuke 3:5-6 -
 

________________________


Gee ag op wat Christus vir jou
- en vir altyd - gedoen het,
sodat jy ook kan leer
wat verskuldig is
om vir ander te doen.
- Martin Luther (1483 – 1546) -
 

________________________


'n Verstandige mens beteuel sy humeur
en stel sy eer daarin om vergewensgesind te wees.
- Spreuke 19:11 -

 

________________________


Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:
Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,
dat jy liefde en trou sal bewys,
dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.
- Miga 6:8 -

 

________________________


Julle moet heilig lewe,
want Ek die HERE is heilig.
Ek het julle afgesonder uit die volke
om aan My te behoort.
 - Levitikus 20:26 -
 

________________________


Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle.
Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens,
vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras?
- Jesaja 51:12 -

 

________________________


Almal wat deur die Gees van God gelei word,
dié is kinders van God.
- Romeine 8:14 (53-vertaling) -

 

________________________


God het die wet deur Moses gegee;
die genade en die waarheid
het deur Jesus Christus gekom.
- Johannes 1:17 -

 

________________________


Eén mens met God
is altyd in die meerderheid.
- Martin Luther (1483-1546) -

 

________________________


Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is,
Ek maak die moedelose weer vol moed.
- Jeremia 31:25 -
 

________________________


Selfverheffing en hoogmoed
is daar nie by my nie, Here.
Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie,
dinge wat bo my vermoë is.
Ek het rus en kalmte gevind.
Soos 'n kindjie wat by sy moeder
tevredenheid gevind het,
so het ek tevredenheid gevind.
Wag op die Here, Israel, nou en vir altyd.
- Psalm 131:1-3 -
 

________________________


Wie tot God nader,
moet glo dat Hy bestaan
en dat Hy dié wat wat Hom soek, beloon....
... Daarom is God nie skaam om
hulle God genoem te word nie;
trouens Hy het vir hulle 'n stad gereed gemaak.
- Hebreërs 11:6 en 16 -
 

________________________


Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css