God is my redder;
Ek vertrou op Hom,
ek is nie meer bang nie.
Die Here my God is my krag en my beskerming;
Hy is my redder.
- Jesaja 12:2 -
________________________
Ons behou deel aan Christus
as ons end-uit volhard in die vertroue
waarmee ons begin het.
- Hebreërs 3:14 -
________________________
Die Here sal my red van elke onheil
en my behoue in sy hemelse koninkryk bring.
Aan Hom kom die eer toe tot in alle ewigheid!
Amen.
- 2 Timoteus 4:18 -
________________________
Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,
maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.
Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is,
wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
- Romeine 12:2 -
________________________
Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef,
en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.
- Spreuke 22:6 -
________________________
Ek het u woord in my hart gebêre,
dat ek teen U nie sal sondig nie.
Lofwaardig is U, o HERE!
Leer my u insettinge!
Ek het met my lippe vertel
al die verordeninge van u mond.
Ek is vrolik in die weg van u getuienisse
soos oor allerhande rykdom.
Ek wil u bevele oordink en op u paaie let.
Ek sal my verlustig in u insettinge,
u woord sal ek nie vergeet nie.
- Psalm 119:11-16 (53-vertaling) -
________________________
Die Here is my rots,
my skuilplek en my redder,
my God, my rots, by wie ek skuil,
my skild en sterk verlosser,
my veilige vesting.
- Psalm 18:3 -
________________________
Ek verlustig my in u voorskrifte,
u woord vergeet ek nie.
- Psalm 119:16 -
________________________
'n Mens kan sy voornemens hê,
maar die laaste woord daaroor
kom van die Here af.
- Spreuke 16:1 -
________________________
Ons denke
- die manier waarop ons dink -
word sigbaar in ons dade.
Wat ons doen, en hoe ons dit doen,
is 'n spieëlbeeld van ons innerlike self.
- David Joseph Schwartz -
________________________
Stry die goeie stryd van die geloof,
gryp na die ewige lewe,
waartoe jy ook geroep is.
- 1 Timoteus 6:12 -
________________________
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk
vir dié wat Hom liefhet,
dié wat volgens sy besluit geroep is.
Dié wat Hy lank tevore verkies het,
het Hy ook bestem om gelykvormig te wees
aan die beeld van sy Seun.
- Romeine 8:28-29 -
________________________
Die Here is regverdig.
Hy het die mense lief
wat regverdig en opreg handel,
en Hy sal by hulle wees.
- Psalm 11:7 -
________________________
Ons weet dat,
wanneer ons aardse woning wat maar 'n tent is,
afgebreek word,
ons 'n vaste gebou in die hemel het.
Dit is 'n woning wat nie deur mense gemaak is nie,
maar deur God,
en dit bly ewig staan.
- 2 Korintiërs 5:1 -
________________________
Mense oor die hele wêreld
sal die Here erken en hulle tot Hom bekeer.
Alle volke sal Hom as koning erken,
want die koningskap behoort aan die Here;
Hy heers oor die volke.
Al die rykes van die wêreld
sal ook aan dié maaltyd deelneem
en Hom as koning erken,
ja, alle mense, sterflik en verganklik,
sal voor Hom kniel.
- Psalm 22:28-30 -
________________________
God hou sy hand oor dié mense
wat verby die teenswoordige kan kyk
en wat reeds in die huidige gevangenskap
die vreugde van die toekomstige vryheid kan smaak;
wat glo in sy eindelose krag
waardeur Hy meer tot stand bring
as wat ons gedagtes kan omvat.
- Friedrich Naumann (1860 – 1919) -
________________________
Hoe gelukkig is die mens
wat die God van Jakob as sy bystand het,
wie se hoop gevestig is op die HERE sy God -
Hy wat hemel en aarde gemaak het,
die see, en alles wat daarin is,
wat trou bly tot in ewigheid.
- Psalm 146:5-6 -
________________________
Ruwe storme breek in woede,
alles om my heen is nag;
tog hou God my in sy hoede,
Hy hou oor my heil die wag.
Deur 'n nag, hoe swart, hoe dig,
voer Hy my na ewig' lig.
(Liedboek voor de Kerken: 445:3)
________________________
Die wysheid van 'n verstandige mens
wys vir hom 'n duidelike koers aan.
- Spreuke 14:8 -
________________________
Wees almal eensgesind,
meelewend, vol broederliefde,
vol ontferming, nederig,
mense wat nie kwaad met kwaad vergeld
of skeltaal met skeltaal nie;
maar, inteendeel,
wees mense wat seën
omdat julle daartoe geroep is,
sodat julle seën as erfdeel kan verkry.
- 1 Petrus 3:9 -
________________________
Gelukkig is ons,
omdat dit wat vir
God aanneemlik is,
aan ons bekend is.
- Baruk (Barug), sekretaris van Jeremia -
________________________
Ek hou die HERE altyd voor oë;
omdat Hy aan my regterkant is,
sal ek nie struikel nie.
- Psalm 16:8 (direkte vertaling) -
________________________
Hoe meer jou verstand groei,
hoe meer ontvang hy.
Hoe meer jou hart groei,
hoe meer gee hy.
- Karl Ferdinand Gutzkow (1811 – 1878) -
________________________
Toe ek verbitter was en veronreg gevoel het,
was ek dom en sonder insig;
soos 'n redelose dier het ek my teenoor U gedra.
Tog was ek nog altyd by U,
want U vat my aan die hand.
U lei my met u raad
en aan die einde sal U my in ere by U opneem.
- Psalm 73:21-24 -
________________________
Ja, God is my heil,
ek sal vertrou en nie vrees nie;
want die HERE HERE is my krag en my psalm,
en Hy het my tot heil geword.
- Jesaja 12:2 (53-vertaling) -
________________________
Waar die weg my ook al heen lei
aan my Vader's troue hand.
Loop ek met geslote oë
na die onbekende land.
- Jacqueline van der Waals (1868-1922) -
________________________
U het my die eerste lewenslig laat sien,
my veilig laat rus aan die bors van my moeder.
Van my geboorte af is ek onder u sorg,
van die begin van my lewe af is U my God.
- Psalm 22:10-11 -
________________________
So sê die Here:
Die hemel is my troon
en die aarde die rusplek vir my voete.
Hoe moet die huis dan wees wat julle vir My bou,
die plek waar Ek kan woon?
Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan,
sê die Here.
Ek slaan ag op die mens in nood,
op dié een wat berou het oor sy sonde,
wat ontsag het vir my woord.
- Jesaja 66:1-2 -
________________________
Wyse mense versprei kennis met wat hulle sê;
dwase het verdraaide opvattings.
- Spreuke 15:7 -
________________________
In alles word ons verdruk,
maar ons is nie terneergedruk nie;
ons is verleë, maar nie radeloos nie;
vervolg, maar nie verlate nie;
neergewerp, maar nie vernietig nie
- 2 Korintiërs 4:8 (53-vertaling) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css