Onderwerp julle daarom in nederigheid
aan die kragtige hand van God,
sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.
Werp al julle bekommernisse op Hom,
want Hy sorg vir julle.
- 1 Petrus 5:6-7 -
________________________
Wie die wêreld en die lewe nie
aanskou vanuit die vrede
binne die gemeenskap met God nie,
moet dit maar so aanskou soos dit daar uitsien
onder die heerskappy van die duiwel.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die teenoorgestelde van kwellende sorge
is nie die sorgeloosheid van hom wat alles het nie
maar die vrede van God, wat ek sal ontvang
wanneer Jesus Christus my hand
in die hand van die Vader teruggelê het.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die vloek van besorgdheid is
dat ons te midde van ons sorge
net stip na die pad voor ons staar
en nie kyk na die doel wat God
met hierdie pad van ons het nie.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Kwellings is "afgodery":
want ons aanbid die geskape brood
waardeur ons versadig word,
in plaas dat ons die Here aanbid,
wat ons op velerlei maniere versadig
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Vriende is mense wat by jou bly staan
ook wanneer alle fasades begin verbrokkel.
- Martina Pfannenschmidt -
________________________
Ons lewe is wat ons gedagtes
daarvan maak.
- Marcus Aurelius (121 - 180 nC) -
________________________
Ons lewe is vol moeite
en ons lampe flikker soms in die
wind van beproewing.
Maar mag ons vlamme só kragtig brand
dat die wind van beproewing
die vuur eerder sal aanblaas as uitdoof.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Die Vader dra ons,
nie ons vir Hom nie.
Hy weet hoe Hy alles moet bestuur
wat Hy gemaak het.
Daarom, doen wat Hy beveel
en hoop op wat Hy beloof het.
- Augustinus Aurelius (354 - 430) -
________________________
Die waarheid het geen vervaldatum nie.
- Christa Schyboll -
________________________
Die binnekamer (gebed) is uiters belangrik
in die chaos van ons tyd;
want wie God uit die oog verloor het,
kan ook die wêreld nie meer hanteer nie.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die helde van die gewone lewe
dra geen ordetekens nie.
- Fred Ammon -
________________________
Ons is op weg onder die geopende hemel.
Wat maak dit dan saak
of dit deur gevaarlike klowe
of langs duiselingwekkende afgronde gaan?
Solank ons net weet Wie oor ons die wag hou.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die koninkryk van God
kom nie so dat 'n mens dit kan sien nie .
En hulle sal nie sê: “Kyk hier is dit!”
of: “Daar is dit!” nie;
want die koninkryk van God is onder julle.
- Lukas 17:20-21 ( Direk vertaal) -
________________________
Die hemel is nie net die doel nie,
maar dit laat sy lig reeds oor ons pad val;
dit is nie net 'n belofte nie,
maar salige teenwoordigheid.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Vertel vir my hoeveel jy weet
van die lyding van jou medemense
en ek sal vir jou sê hoe lief jy hulle het.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Alhoewel niks ongemerk by God verbygaan nie,
bly Hy nie by ons verlede stilstaan nie.
Hy is altyd die Here,
vir wie dit om ons toekoms gaan
en vir ons weë baan
wat tot ons redding en sy einddoel sal lei.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Die negatiewe help niemand nie,
ook al is dit waar.
- Helmut Thielicke (1908 -1986) -
________________________
Negatiewe oordele
het in die oë van die meeste mense
'n neiging na waarheid.
- Dr Sigbert Latzel -
________________________
Ek het nie gedoen wat God van my wou hê nie,
dit staan vas.
Inteendeel, ek het altyd gedroom
wat ek van God wou hê .....
- Léon Bloy (1846-1917) (Laaste dagboek) -
________________________
Ek het my berus by die gedagte aan die dood,
want ek is vas oortuig
dat ons gees onvernietigbaar is:
dit bestaan vir ewig en altyd.
Dit is soos die son:
vir ons oë lyk dit of dit ondergaan,
maar dit gaan nie onder nie,
want dit skyn aanhoudend voort.
- Johann Wolfgang von Goethe (1749 – 1832) -
________________________
Die dood versterk die lewe.
- Novalis (1771-1801) -
________________________
Op jou weg deur die wêreld
kan jy nie altyd die wind van agter hê nie.
- Duitse spreekwoord -
________________________
Ons het 'n God van liefde.
Hy leef
en sy troos is vir ons genoeg.
- Johanna Albrecht (1757 – 1840) -
________________________
Ek is die opstanding en die lewe;
wie in My glo, sal lewe
al het hy ook gesterwe.
- Johannes 11:25 -
________________________
Die wyn is op,
die plesier is weg.
Die geld is op,
die vriende weg.
- Romeense spreekwoord -
________________________
Weet jy dit nie?
Of het jy dit nie gehoor nie?
‘n Ewige God is die HERE,
Skepper van die eindes van die aarde;
Hy word nie moeg of mat nie;
daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
Hy gee die vermoeide krag
en vermenigvuldig sterkte
vir die wat geen kragte het nie.
- Jesaja 40:28-29 -
________________________
As jy deur die water gaan, is Ek by jou;
en deur die riviere -
hulle sal jou nie oorstroom nie;
as jy deur vuur gaan,
sal jy jou nie skroei nie,
en die vlam sal jou nie brand nie.
Want Ek is die HERE, jou God,
die Heilige van Israel, jou Heiland.
- Jesaja 43:2-3 -
________________________
As jy nader kom om die Here te dien,
berei jouself voor vir die versoeking(s).
Stel jou hart reg en wees sterk
en moenie bevrees wees in die tyd van onheil nie.
Stel jou vertroue in Hom
en Hy sal jou help,
Hoop op Hom,
en Hy sal jou weë reguit maak.
- Uit: Wysheid van Jesus Ben Sirag -
________________________
Wie die grootste vreugde wil ondervind
wat 'n mens op aarde maar kan geniet,
dié vind dit in die teenwoordigheid van God en Jesus Christus.
- Johannes Evangelista Gossner (1773 - 1858) -
________________________
Kopiereg: Lukas du Preez (dieweg.co.za). Ontwikkel op w3.css